- Reguit met Robinson is ’n weeklikse videorubriek.
Sou Deveney Nel (16) nog geleef het as die Nasionale Vervolgingsgesag beter gefunksioneer het? Hierdie vraag is tans op baie mense se lippe. Minister Simelane het Nel se dood as ’n hartseer geval beskryf nadat Glynnis Breytenbach aan Simelane gesê het die moord sou vermy kon gewees het.
Freek Robinson gesels met Breytenbach om te hoor wat sy daarmee bedoel het. Daarna kom die einste minister se opspraakwekkende “lening” ter sprake, waarna Robinson en Breytenbach oor ons land se oorvol tronke en moontlike oplossings vir die probleem idees uitruil.
Lees ook:
Tronke bedreig ons dogters: ’n resensie van Anthony Molyneaux se Last blue ride

