Wat behels ’n lewenslange vonnis? ’n Uiteensetting van die paroolproses in Suid-Afrika, asook moontlike remedies vir misdaadslagoffers wat by dié proses uitgesluit word

“In die Waluś-saak het die oortreder al vir meer as ’n dekade lank die hofstryd gevoer om die minister se weiering om hom op parool uit te laat, tersyde te stel. Die Konstitusionele Hof het dus nie die saak terug verwys na die minister om Waluś se paroolaansoek opnuut te oorweeg nie, maar bloot die bevel gemaak dat parool toegestaan word.”