Laat die vervolgingsgesag ons almal in die steek?
2024-08-31Sou Deveney Nel (16) nog geleef het as die Nasionale Vervolgingsgesag beter gefunksioneer het? Hierdie vraag is tans op baie mense se lippe. Minister Simelane het Nel se dood as ’n hartseer geval beskryf nadat Glynnis Breytenbach aan Simelane gesê het die moord sou vermy kon gewees het. Freek Robinson gesels met Breytenbach om te hoor wat sy daarmee bedoel het. Daarna kom die einste minister se opspraakwekkende "lening" ter sprake, waarna Robinson en Breytenbach oor ons land se oorvol tronke en moontlike oplossings vir die probleem idees uitruil.
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Glynnis Breytenbach
2022-01-12Het die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) kapasiteit om dié wat in die Zondo-kommissie se verslag oor staatskaping geïmpliseer is, strafregtelik aan te kla en te vervolg? Freek Robinson gesels met adv Glynnis Breytenbach, DA-LP, DA-woordvoerder oor justisie en voormalige staatsaanklaer.

