Rubrieke
Hetsy dit politiek, rugby, onderwys of die filosofie betref – daar is altyd menings. Hier deel LitNet se rubriekskrywers hul opinies, sienings en mymerings.
Be it politics, sport, education or philosophy – everyone has an opinion. Here LitNet’s columnists have their say.
Agterstories – Pak die renoster by die horing
2025-07-02"As ons die renoster én sy horing wil red, sal ons meer moet waag, meer eksperimenteer, gereguleerde wettige handel toets, en sintetiese alternatiewe ondersoek. En ons het dringend meer ekonome nodig wat hierdie vraagstukke deeglik bestudeer, elke moontlikheid toets, en saam met ekoloë, natuurbewaarders en veldwagters werk. Net dan – miskien – sal my kleinkinders – en joune – nog ’n renoster in die natuur sien. Met horing en al."
Op dees aarde: Nuldosiskinders
2025-07-01"’n Reuse studie wat onlangs deur die Global Burden of Disease Study Vaccine Coverage Collaborators gedoen en in The Lancet gepubliseer is, wys ‘n wêreldwye afname van 75% in die aantal kinders wat nog nooit 'n roetinekinderinenting ontvang het nie (ook bekend as nuldosiskinders), wat van 58,8 miljoen in 1980 tot 14,7 miljoen in 2019 voor die COVID-19-pandemie gedaal het."
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: "Die Aristoteles van ons tyd": Oor Alasdair MacIntyre
2025-06-24"Dit is nie aldag dat dit van ’n filosoof gesê kan word dat hy of sy die gang van die denke verander het nie. Een filosoof van wie dit werklik gesê kan word, is Alasdair MacIntyre, wat op 21 Mei in die ouderdom van 96 oorlede is."
Wat sê Bettina? Trump, Iran, Los Angeles en Adriana Smith
2025-06-23"Van swangerskap tot geopolitiese ingrypings het die ses maande van Trump se regering nog net gif tot gevolg gehad."
Agterstories – Die verdeeldheid van verveeldheid
2025-06-23"Hierdie resultate staan in skrille kontras met die onlangse romantisering van verveeld-wees in welvarende samelewings."
Dinkskrum: Oor spoke op ’n verlate en donker Karoo-dorp
2025-06-19"So steek ek toe vas in my spore toe ek die swart gewaad gewaar. Wie kan dit nou wees? Is dit miskien ’n misdadiger wat moeilikheid soek? Nee, hoekom praat of maak die persoon dan geen geluid nie?"
Springmielies: Die huis as argitek van die verbeelding
2025-06-13"Jy moes verhuis. Jy het al hoe meer begin slaap – opgekrul gelê op die bed, die labirinte sluimer van ’n skulp, die infiniteit van dagdrome, die poësie van ’n verlore huis. Maande later in 'die nuwe plek' het jy my vertel dat jou verlange na die ou huis so groot is, jy droom snags in reekse daarvan. Elke aand wag jy jou droom in – en elke nag wag die huis jóú in."
Toorkombuis: Ek onthou vir Mamma – en haar peppermint crisp-tert
2025-06-12"My ma kon nie bak om haar lewe te red nie. ... Deel van haar pligte as skoolhoof se vrou was om reg te staan met koeke en terte vir funksies en verjaardae in die personeelkamer. Ek weet nie hoe nie, maar op die een of ander manier het sy oorleef. ... Een van haar reddingsboeie was daardie peppermint crisp-tert wat nou nog by my spook."
Op dees aarde: Alzheimer se siekte
2025-06-12"Daar word geraam dat 10% van mense van 65 jaar en ouer Alzheimer se siekte het, en dié syfer sal teen 2050 verdubbel. Hoe vorder die navorsing tans om dié komplekse breinsiekte te ontrafel? En wat het ’n virus en stampe teen die kop met alles te doen?"
Skermgreep: The Phoenician scheme – ’n filmresensie
2025-06-10"Wat is reg en wat is verkeerd? Vra die rolprent. In The Phoenician scheme is daar baie verkeerd! Dit skep ’n teelaarde om ’n rolprentavontuur te begin wat slegs by Anderson se dissipels sal aanklank vind."
Wat sê Bettina? Wat is die implikasies van Trump en Musk se uitval?
2025-06-06"Musk weet op sy beurt hopeloos te veel van Trump se sake. Boonop het hy nou al die data van al die Amerikaners om vir jare groot probleme te veroorsaak. Hy het alreeds begin om dele daarvan op X uit te lap. Dat Trump na bewering in die Epstein-lêers is, is nie vir enigeen ’n groot verrassing nie."
Wat sê Bettina? Disruptors kan die land red
2025-06-02"Dit kos net een om die eerste tree te gee. Dis kos net een om die status quo te ignoreer om die hele atmosfeer te verander."
Wat sê Bettina? President Ramaphosa in die Wit Huis
2025-05-22"Ek dink in elk geval nie die Suid-Afrikaanse afvaardiging het Washington toe gegaan met die idee om Trump se siening oor wit volksmoord te verander nie. Hy is nie die tipe leier wat hom deur feite en statistieke sal laat oortuig as die waninformasie hom beter pas nie. Die ware doel van die vergadering sou agter toe deure uitspeel: die G20- vergadering en handelsbetrekkinge."
Wat sê Bettina? Misdaad kyk nie na kleur nie
2025-05-19"Dalk, in plaas van vals narratiewe skep oor wit slagofferskap, moet ons begin om die werklike wortel van die kwaad aan te spreek."
Springmielies: Oor die ydelheidsindustrie en ander skoonheidsnarratiewe
2025-05-14"Die narratief van beeldskone vroue is so oud soos die mensdom self. Mens kan nie kompeteer met die skoonheidskoninginne van Hollywood, die sosiale media, die geskiedenis en selfs verhaalkuns nie."
Dinkskrum: Mbeki, Pahad en die filosoof se planeet van die das
2025-05-14"Wat is ’n man sonder ’n das? Dit is die vraag wat onwillekeurig by my opgekom het nadat ek uiteindelik die boek Eindstryd (Tafelberg 2012) deur die Stellenbosse filosoof Willie Esterhuyse klaar gelees het. Dié boek is die verhaal van hoogs geheime ontmoetings tussen verbanne ANC-leiers en ’n paar uitgesoekte Afrikaners gedurende die jare ’80."
Heil die Leser! Sameer Rawjee: KI in perspektief
2025-05-13"Taking the anxiety out of AI kon nie tydiger gekom het nie. Sameer Rawjee is ’n sober stem in die robuuste gesprek rondom kunsmatige intelligensie; hy is veral bekend vir sy vermoë om komplekse KI-konsepte aan ’n wyer gehoor te verduidelik."
Goue lint my storie begint: Die unieke aard van kinder- en jeugboeke
2025-05-13"Wat maak kinderboeke werklik anders en veelsydiger as volwasseneliteratuur? Waarom neem ons dit ernstig op? Waarom en hoe kan ons dit as waardevolle literatuur beskou? Al hierdie vrae se antwoorde begin by die konstruering van ’n definisie: Wat is kinderliteratuur?"
Op dees aarde: Griepinentings
2025-05-12"Daar is jaarliks tussen 7 000 en 12 000 seisoenale griepsterftes in Suid-Afrika, en meer as 40 000 mense moet in die hospitaal behandel word. Jy kan egter voorkomend optree teen griep en ander oordraagbare siektes deur entstowwe te neem."
Wat sê Bettina? Maak dit saak waar pous Leo XIV gebore is?
2025-05-12"Robert Prevost, wat nou as pous Leo XIV sal bekendstaan, is in Chicago gebore, maar het ’n groot deel van sy lewe buite die VSA deurgebring. Hy het inderdaad burgerskap van Peru ontvang. Interessant dat hy gekies het om sy eerste toespraak as pous in Italiaans en Spaans te lewer, met nie ’n woord Engels as kopknik na sy Amerikaanse wortels nie."
