Rubrieke
Hetsy dit politiek, rugby, onderwys of die filosofie betref – daar is altyd menings. Hier deel LitNet se rubriekskrywers hul opinies, sienings en mymerings.
Be it politics, sport, education or philosophy – everyone has an opinion. Here LitNet’s columnists have their say.
Wat sê Bettina? Hoe vier hulle Eid in Gaza?
2025-03-31"Hoe vier mens enigiets as jy nie weet of dit dalk jou laaste dag op aarde is nie?"
Wat sê Bettina? Hegseth se oorlog-WhatsApp-groepie
2025-03-26"Dit gaan nie baie lank wees voordat die sotte in beheer ’n stel gaan aftrap wat gewone Amerikaners duur te staan gaan kom nie."
Wat sê Bettina? Persona non grata – wanneer ’n diplomaat slae ontvang namens sy regering
2025-03-17"Die VSA het nog nie formeel diplomatieke bande verbreek met SA nie. Ek twyfel ook of hulle sal. Wat wel aan die gebeur is, is dat Suid-Afrika nou geforseer word om ander bondgenote te nader. Dis nie noodwendig ’n slegte ding nie."
Skermgreep: Mickey 17 – ’n filmresensie
2025-03-13"Jy moet jouself volkome oorgee aan die Suid-Koreaanse filmmaker se dol brein en siening van lewe op ’n ysplaneet, of jy moet betyds die hasepad kies."
Dinkskrum: Interne wit en bruin gesprekke oor Afrikaans is nodig om die term "Afrikaner" inklusief te herdefinieer
2025-03-13"Die miskenning van bruin mense as die meerderheid Afrikaanssprekendes wys op die dilemma van ’n verdeelde Afrikaanse identiteit. Dit laat die vraag ontstaan of wit en bruin Afrikaanssprekendes mekaar kan vind? En of ras as faktor in die bepaling van sodanige Afrikaanssprekende identiteit irrelevant gemaak kan word?"
Springmielies: Die magiese en simboliese eienskappe van juwele
2025-03-12"Van antieke Egiptiese amulette tot moderne diamantringe is dit duidelik dat juwele se magiese en simboliese eienskap véél meer as net die versiering van die liggaam – die dekoratiewe – behels."
Op dees aarde: Emily Hobhouse is nou by haar mense
2025-03-11"Die rol wat één dapper vrou tydens ’n oorlog kan speel, en die wyse waarop só ’n fluitjieblaser en humanis in een land onthou is, maar in haar eie land se bewussyn gou vergete geraak het, is duidelik nadat die The Story of Emily-museum nege maande gelede geopen het. Tog is daar vele positiewe verrassings oor hoe die Britse besoekers reageer en Emily Hobhouse stadig maar seker vir hulle uit die duisternis gelig word."
Agterstories – Kwyngroei is katastrofies: ekonomiese groei vandag en môre
2025-03-03"Ek is seker Costa Rica is ’n pragtige plek, maar hierdie outeurs se argument berus op ’n fundamentele fout – hulle meen dat vooruitgang en volhoubaarheid twee onversoenbare begrippe is. Hulle dring daarop aan dat ekonomiese groei nie binne omgewingsperke kan plaasvind nie, dat 'volledige ontkoppeling' van die BBP, koolstofemissies of hulpbrongebruik wensdenkery is. Dít is egter eenvoudig nie waar nie."
Wat sê Bettina? Slava Ukraini!
2025-03-03"Ons almal se lot is verbind met Oekraïne se lot. As Oekraïne val, dan is Europa volgende. En wie weet waar daarna?"
PenAfrican: Theft by Abdulrazak Gurnah – a book review
2025-03-03"Theft is the first novel Abdulrazak Gurnah has released since winning the Nobel Prize for literature in 2021. Epic in a true sense of the word, it follows the intertwining lives of three Tanzanians, Badar, Karim and Fauzia, and their coming of age in the fast-changing world of Zanzibar and mainland Tanzania."
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Oor Novak Djokovic, moderne tennis en eer
2025-03-03"Omdat die tradisionele etos van tennis so sentraal tot die moderne spel is, en omdat dit dié moderne sportsoort is waarin ons die blywende waarde van die tradisionele etos openlik mag erken en vier, takseer ons die spelers eweseer op hulle spel as op hulle gedrag."
Wat sê Bettina? Kry die minister van elektrisiteit performance bonus?
2025-02-24"Nou eis ons: 'Minister, kry Eskom onder beheer.'"
Wat sê Bettina? Die dag toe die begroting in die hek geduik het
2025-02-20"Die begrotingsrede is kort voordat dit op 19 Februarie voorgehou moes word, uitgestel na 12 Maart. Die toespraak met al die gepaardgaande dokumentasie is alreeds na joernaliste gestuur. Minister Enoch Godongwana het klaarblyklik nie verwag dat daar teenkanting teen sy begroting sou wees nie."
Springmielies: Intro- en ekstroversie – ’n digotomie, of viering van diversiteit?
2025-02-18"Die internet, met sy stammentaliteit, het Jung se oorspronklike interpretasies van intro- en ekstroversie op sy kop gedraai, met die klem op polariserende eienskappe."
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Oor Trump en Suid-Afrika
2025-02-13"Dat dele van die ANC-leierskap vandag aanvoer dat die Solidariteit Beweging ’n eensydige beeld van die land aan die buiteland voorhou, is verstaanbaar – en bedenklik – dog wat saak maak, is om die ANC na die onderhandelingstafel te dwing vir ’n bedeling wat nie langer berus op die koloniale taktiek van verdeel en heers nie, maar wat die land se potensiaal deur binnelandse samewerking sal ontsluit."
Toorkombuis: Karen se bleddie lekker steak
2025-02-13"Ek kon kwalik aan iets anders dink toe die sjef daardie wonderlike stuk vleis daar uit die hittige oond haal. Dis in die oond gebraai, kon jy sien, en nie oor die oop vuur van steakrestaurante nie. En dit het gedrup van die botter. Daardie hemelse stuk vleis land toe in die asblik ... danksy Mislike Miranda."
Skermgreep: The brutalist – ’n filmresensie
2025-02-11"Soos There will be blood (2007) sal hierdie rolprent uiteindelik uitstaan as ’n baken in die Amerikaanse rolprentbedryf wat deesdae, veral met superheldfilms, al hoe meer vervlak. ’n Bobaas film."
Wat sê Bettina? Ope brief aan Afrikaner-vlugtelinge op pad na Daddy Trump toe
2025-02-11"Hoekom, dink julle, is Steve en Kallie en daai span nie al lankal Amerika toe om hulle heil daar te soek nie? Kom ek help julle. ... Hulle weet die gras is net groener daar waar die mis die dikste gesmeer is, en hulle weet waar hulle die mis gestrooi het."
Agterstories: Eiendomsregte is endogeen
2025-02-11"Daarom is dit onwaarskynlik dat die tipe grondhervorming wat Mlungisi nodig het van die regering sal kom. Groot spronge in tegnologie en infrastruktuur is nodig om vraag na nuwe grondregte te skep. Ware verandering verg die ontwrigting wat innovasie bring, om tradisionele gesag met moderne landbou te belyn."
Op dees aarde: ’n Asteroïed wat bots met die aarde?
2025-02-07"Onlangs is daar aangekondig dat ’n asteroïed wat in Desember ontdek is, ’n kans van groter as 1% het om op 22 Desember 2032 met die aarde te bots. Wat beteken dit presies en hoe moet ons dié rotse wat oorblyfsels van die vroeë vorming van die sonnestelsel is, verstaan?"