Elsabé Brits

Elsabé Brits is ’n vryskut-wetenskapjoernalis.

Vetsug, jou gene en die mediese wetenskap

Elsabé Brits Menings 2023-08-17

"Honderde gene, die manier waarop die liggaam vet stoor en hoe die brein eetlus beheer, asook verskeie omgewingsfaktore, bepaal saam ’n mens se gewig en liggaamsgrootte. Toe vetsug meer algemeen begin raak het, het kwaksalwery met sy leë beloftes bygekom om die waters van ’n mediese stryd te vertroebel."

Die soeke na die donker heelal

Elsabé Brits Seminare en essays 2023-07-20

"Omdat die heelal al verder en vinniger besig is om uit te dy, laat dit vrae oor die aard van swaartekrag se effek op die kosmos. Dit is soos om ’n voorwerp in die lug op te gooi en dit versnel al hoe vinniger en vinniger. Die oorsaak van die versnelling – donkerenergie – laat kundiges steeds kopkrap."

Die einde van die heelal

Elsabé Brits Seminare en essays 2023-06-16

"Uiteindelik sal die heelal so ver weg dryf dat sterrestelsels nie meer kan vorm nie. Die laaste sterre sal sterf. Materie sal ingesuig word deur gravitasiekolke tot niks oor is nie. Lig en hitte sal verdwyn. Te donker vir energie."

Genetika, 70 jaar

Elsabé Brits Rubrieke 2023-05-09

"Dit is 70 jaar nadat die struktuur van lewe op aarde – DNS – ontrafel is en twee dekades ná die volledige menslike genoom gepubliseer is; trouens, byna al 3,2 miljard basispare daarvan."

Ja, diere het ook kultuur

Elsabé Brits Seminare en essays 2023-03-15

"Histories is daar gereken die mens is die enigste spesie op aarde wat ’n kultuur, of kulture, het. Die afgelope 70 jaar is daar egter ontdek dat ’n magdom ander spesies dit ook besit."

Kunsmatige intelligensie en akademiese artikels

Elsabé Brits Menings 2023-01-31

"Thorp stel dit duidelik: Uiteindelik moet die produk kom  van – en uitgedruk word deur – die wonderlike rekenaar in ons brein."

COVID-19: Hoe dit die brein affekteer

Elsabé Brits Seminare en essays 2022-12-12

"Daardie newel wat oor die brein hang, soos oggendmis wat nooit wyk nie, is nog ’n gevolg van COVID-19 wat miljoene mense raak. Tussen 20% en 30% van mense ervaar dit tot drie maande nadat hulle die virus gehad het, en dit onderskei nie tussen diegene wat gehospitaliseer is of nie. Pasiënte ervaar moegheid, ’n breinwaas, insomnia en probleme met geheue."

Die verbindings in jou brein is wie jy is

Elsabé Brits Seminare en essays 2022-11-28

"’n Reeks navorsingartikels is pas bekendgemaak in die vakjoernaal Science wat vele nuwe insigte bring oor hoe die mens se brein werk. Hierin word aannames oor die brein ook nekomgedraai, soos dat die een hemisfeer kreatief is en die ander een rasioneel."

Die kompleksiteit van polio – en die belang van inenting

Elsabé Brits Seminare en essays 2022-08-30

"Daarom kan die gevalle wat nou opgelet word, selfs die virus in die rioolwater, gesien word as mensgemaak, máár net omdat daar nie behoorlik voldoen word aan entstofprogramme nie. Vir virusse soos polio (onder meer masels ook) wat hoogs aansteeklik is, moet 90% of meer van die bevolking gevaksineer wees om voldoende dekking te kry."

Wat beteken die eerste foto’s van die James Webb-ruimteteleskoop?

Elsabé Brits Seminare en essays 2022-07-20

"Ons is die sterre en hulle is ons."

Die supermassiewe gravitasiekolk in die middel van die Melkweg

Elsabé Brits Seminare en essays 2022-06-14

"Dit is die eerste regstreekse bewyse dat daar inderdaad ’n gravitasiekolk in die Melkweg is. Hoewel ’n mens nie die donker, digte kolk self kan sien nie, is die sentrale deel genaamd die skaduwee duidelik sigbaar. Dit is deur ’n helder ringstruktuur van warm gas omring."

Covid – waar ons nou trek

Elsabé Brits Seminare en essays 2022-05-25

"Mense is eensaam. Dit is nie die hermiet wat kies om alleen te bly nie, dit is die ganse planeet vol mense wat verby mekaar leef."

Wat Hobhouse ons van Oekraïne kan leer

Elsabé Brits Seminare en essays 2022-03-18

"Uiteindelik is dit unieke mense en groepe wat in oorlog en in die lyding daarna ’n verskil maak in ander se lewe. Dis 'radikale mense' soos Hobhouse."

Die A tot Z van Omikron

Elsabé Brits Seminare en essays 2022-01-19

"Die data wys duidelik dat entstowwe ernstige siekte en die dood keer. En ’n skraagdosis halveer die kanse van infeksie. Dié studie wys dat om gevaksineer te wees jou kanse verlaag om ander mense aan te steek, vir beide variante. ’n Persoon wat nie gevaksineer is nie, sal 41% meer waarskynlik ’n ander persoon aansteek as wat ’n gevaksineerde sal doen."

Omikron: Durf ’n mens met op vakansie gaan?

Elsabé Brits Seminare en essays 2021-11-29

"Vaksinering is ons enigste kans, en as jy dit nog nie gedoen het nie, laat jy jou eie gesondheid en dié van ander in die steek, veral indien jy beplan om te reis en vakansie te hou. Juis dan."

Top