Vroegste bewyse nóg van moderne mense wat na Europa migreer het

  • 3

Die ontleding van meer as ’n duisend bene in die grot naby Ranis wys dat moderne mense die karkasse van takbokke en karnivore soos wolwe verwerk het. Beeld: Geoff M Smith

Die vroegste bewyse nóg van moderne mense wat na Europa migreer het, is tydens nuwe opgrawings in ’n grot gevind. Dié fossiele wys nie net wat hulle geëet en hoe hulle geleef het nie, maar daar is toenemende bewyse dat hulle vir duisende jare sy aan sy met Neanderdalmense gewoon het.

Klein groepies mense wat van Afrika migreer het, het sowat 45 000 jaar gelede in grotte naby die hedendaagse Ranis in Duitsland skuiling gesoek.

Die temperatuur was destyds in dié omgewing tot 8 °C kouer is nou. Om die vuur het hulle vleis van perde, takbokke en wollerige renosters gaargemaak en dié se bene daarnaas gegooi.

Die klipgereedskap en ander oorblyfsels van hulle bestaan het in die dieptes van die Ilsenhöhle-grot onder die sediment bewaar gebly. Bere, hiënas, wolwe en mense het met tussenposes in die grot gewoon.

In die jare dertig is stukke gereedskap en bene van diere deur kenners in die grot gevind. Intussen het ’n internasionale span navorsers gelei deur personeel van die Max Planck Instituut vir Evolusionêre Antropologie weer met opgrawings begin.

Hulle het onder meer stellasies van tot agt meter diep gebou om laag vir laag verder te snuffel. Een van die grootste struikelblokke was ’n reuse rots 1,7 meter dik wat stuk vir stuk met die hand uitgehaal moes word.

Klipgereedskap van die opgrawings. Foto: Josephine Schubert, Museum Burg Ranis

Uiteindelik is altesame 13 fossiele van Homo sapiens gevind nadat hulle ontslae geraak het van die rots. Dit is tot dusver die oudste bewyse nog van die moderne mens se teenwoordigheid in Europa. Dit blyk ook dat mense in klein groepies uit Afrika migreer het, eerder as in een groot golf.

Dié navorsing is pas in drie artikels in Nature en Nature, Ecology & Evolution gepubliseer.

“Daar is nou Homo sapiens in Europa lank voordat die Neanderdalmense verdwyn het,” sê Marcel Weisse, die argeoloog wat die opgrawings gelei het.

Die gereedskap wat voorheen in die grot gevind is, het netjiese punte wat aan beide kante skerpgemaak is. Dit staan beken as Lincombian-Ranisian-Jerzmanowician (LRJ), en is vernoem na die plekke waar dieselfde styl al wyd oor Europa opgemerk is.

Die vraag was nou wie dit gemaak het – moderne mense of Neanderdalmense, of beide?

........
Ander DNS-ontledings wat voorheen gedoen is, wys dat binne ses generasies moderne mense Neanderdalgene gehad het.
........

Die DNS-toetse wat op die grotfossiele gedoen is, wys dit was moderne mense wat so ver noord gereis het, soveel duisende jare gelede. Die tegniek wat gebruik is, staan bekend as paleoproteomika. Proteïene word onttrek van beenfragmente wat morfologies moeilik is om te identifiseer om die taksologie te bepaal.

Verskeie van die fragmente het dieselfde mitochondriese reekse gehad – selfs fragmente van verskillende opgrawings. Dit is óf die bene van dieselfde persoon, óf die bene van verskillende mense wat aan moederskant verwant is. Een van die fossiele was dié van ’n jongeling, en daar is gesien uit die ontleding van wat hy of sy geëet het, dat die kind geborsvoed is.

Ander DNS-ontledings wat voorheen gedoen is, wys dat binne ses generasies moderne mense Neanderdalgene gehad het.

’n Fragment van ’n menslike fossiel van Ranis. Foto: Tim Schüler, TLDA

Stabiele-isotoop-analise van dieretande en -bene wys hoe ysig die klimaat was, waarby die mense wat van die trope migreer het, so vinnig aangepas het. Tot onlangs is daar gedink dié veerkragtigheid het veel later eers ontwikkel, sodat mense noord van die Alpe kon oorleef.

Die aankoms van moderne mense in Europa is belangrik, omdat dié landskap nie leeg was nie – daar was reeds ander komplekse mense wat saam met die Denisovans die naaste aan ons verwant is.

........
Die aankoms van moderne mense in Europa is belangrik, omdat dié landskap nie leeg was nie – daar was reeds ander komplekse mense wat saam met die Denisovans die naaste aan ons verwant is.
........

Sowat 500 000 jaar gelede het die stambome van ons en die Neanderdalmense geskei. Teen 400 000 jaar gelede was hulle regoor Europa gewees – die plek waar hulle ontwikkel het. Ons en hulle het ’n gemeenskaplike voorsaat, moontlik Homo heidelbergensis of Homo antecessor, met Homo erectus wat weer húlle voorsaat was.

Hulle het kuns en gereedskap gemaak, kon vuur maak en beheer, het na hulle siekes omgesien, en het ’n groot brein gehad – groter as dié van mense en in proporsie met hulle anatomie.

Klipgereedskap van die opgrawings. Foto: Josephine Schubert, Museum Burg Ranis

Dit is lank reeds bewys dat Neanderdalmense kompleks was. Hoekom hulle stadig en stelselmatig uitgesterf het, is ’n groot raaisel, want teen 35 000 jaar gelede is daar geen teken van hulle nie. ’n Raaisel waarvoor kenners hopelik eendag ’n oplossing sal kry – dalk lê dit reeds iewers in ’n grot.

Vir nou is al wat lewend gebly het, die 1% tot 4% gene wat steeds in ons are vloei.

  • Foto’s verskaf en verskyn met toestemming.

Lees ook:

Ou DNS wys bron van siekte

Die eerste skoene: spore van ou plakkies tot hoëhakskoene

Die mens was amper nie hier nie

  • 3

Kommentaar

  • Hanno Visagie

    Die Bybelse skeppingsleer. Die Bybelse beskrywing dat God die Skepper is van alles wat bestaan, word onvoorwaardelik aanvaar. Hierdie oortuiging lei na die verwerping van die evolusieleer, wat ‘n blote teorie is dat alle lewe evolusionêr uit ‘n eensellige organisme iewers in ‘n groot moeras ontwikkel het. Die evolusieteorie is ‘n uitdruklike ontkenning van die feit dat mense ander attribute as die diereryk het, omdat hulle ook geestelike wesens is wat na die beeld van God geskape is, en dus vir hulle optrede aan Hom aanspreeklik is. Die meerderheid evolusioniste is agnostici omdat hulle meen dat hulle wetenskaplike feite het dat God nie ‘n rol in die ontstaan van lewe gespeel het nie. Hulle dwaal egter grootliks, omdat daar geen vaste wetenskaplike bewyse vir hierdie teorie is nie. Daar is nie bewyse vir transisionele spesies gevind, op grond waarvan die afleiding van geleidelike verandering na hoër vorme gemaak kan word nie. Ape is sedert die skepping nog steeds ape, en het nie deur evolusionêre verandering iets anders geword nie! - https://www.bibleguidance.co.za/Afrartikels/Fundamentalisme.htm

  • "Die Bybelse beskrywing dat God die Skepper is van alles wat bestaan, word onvoorwaardelik aanvaar."

    Deur wie, Hanno?

    Soos ek al voorheen op hierdie forum gesê het, die wiele van die wetenskap knars meedoënloos voort teen 'n al vinniger en groeiende tempo, soveel so dat selfs die hardnekkigste kreasioniste nou beweer dat god deur middel van evolusie geskep het!

    Die Genesis-verhaal is maar net die uiting van die antieke mense van daardie tyd se hunkering na 'n verklaring vir hulle eie ontstaan. Natuurlik het hulle ook geglo dat die aarde plat is en rus op vier pilare.

  • Hanno Visagie

    Dirk Rigter, in antwoord op jou vraag aan my kon jy bloot my geplaasde webskakel geklik het en die artikelinleiding van prof Johan Malan vd webwerf http://www.bibleguidance.co.za gelees het : "Daar is soveel verskillende variasies van die Christendom wat gebruike en geloofsopvattings betref, dat die vraag dikwels gevra word: wat is die regte een? Gelowiges wat streng op basiese Skrifuitsprake, Christelike beginsels en Bybelse waardes staan, word gewoonlik fundamentele, konserwatiewe, evangeliese of Bybelgegronde Christene genoem. Met die oog op groter duidelikheid hieroor sal aangetoon word wat die kenmerke van ‘n fundamentele ingesteldheid is, en waarom dit ter wille van die waarheid nodig is om daaraan te voldoen. Christelike fundamentalisme staan met die volgende 32 beginselsake in verband:"

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top