Die mens was amper nie hier nie

“Die storie oor ons evolusie, en hoe ons ontwikkel het, is ten nouste gekoppel aan die uitwissing en dood van ander spesies voor ons. Ons kan met reg vra of ons hier sou gewees het indien daar nie vorige massa-uitwissings was wat ons voorsate ’n hupstoot gegee het nie. Ons oervoorsate se storie is ook ons storie.”