.............
Om te kommunikeer moet ’n mens baie vinnig verstaan wat binne ’n gegewe konteks gesê word en die emosionele intensies oorweeg. Indien die brein op ’n modulêre manier gewerk het, sou dit nie moontlik gewees het nie.
.................
Die brein funksioneer soos ’n simfonie. Elke senuweesel is verbind met duisende ander, maar dit is nie ’n draadwerk van chaos nie, maar ’n gesinchroniseerde dans eerder as afgesonderde areas.
’n Reeks navorsingartikels is pas bekendgemaak in die vakjoernaal Science wat vele nuwe insigte bring oor hoe die mens se brein werk. Hierin word aannames oor die brein ook nekomgedraai, soos dat die een hemisfeer kreatief is en die ander een rasioneel.
............
’n Reeks navorsingartikels is pas bekendgemaak in die vakjoernaal Science wat vele nuwe insigte bring oor hoe die mens se brein werk. Hierin word aannames oor die brein ook nekomgedraai, soos dat die een hemisfeer kreatief is en die ander een rasioneel.
............
Die navorsing is alles deel van die internasionale Menslike-brein-projek. Dit is nie die verskillende areas in die brein wat saak maak nie, maar die verbindings en kommunikasie tussen hulle.
Ons brein het sowat 86 miljard senuweeselle, elkeen met tot 10 000 sinapse wat soos bruggies werk. Dit is dié netwerk wat die boublokke van ons gedrag en kognisie is, en wat die funksie en wanfunksionering dryf. Wetenskaplikes noem dit die konnektoom. Dit beslaan jou ganse senuweestelsel se bedrading en daarsonder sou die brein net ’n hoop nuttelose selle gewees het.
Om die brein se struktuur te verstaan is ’n unieke metode genaamd driedimensionele gepolariseerde ligbeelding gebruik. Dit het kenners in staat gestel om senuweevesels in mikroskopiese resolusie te bestudeer deur die 3D-pad wat senuweevesels oor breinareas loop, te volg. Die uiteindelike doel is om ’n 3D-atlas van vesels regoor die hele brein te bou.
Ander skanderingmetodes is toe ook ingespan om dieselfde hippokampus te bestudeer. Die data is saamgevoeg en in die eerste hoofstuk van die atlas ingevoer. Dit is beskryf as die vuurtoringprojek vir die atlas om uiteindelik die ganse verbinding- en organisasienetwerk van die brein te bestudeer.
Die idee dat die regterhemisfeer van die brein vir kreatiwiteit is en die linkerkant vir rasionale denke is ’n stadslegende wat spruit uit die idee dat ons verskillende breinareas het wat net spesifieke funksies verrig. Selfs al is die modulêre beskouing al vervang, kom dit steeds in boeke voor.
..............
Die idee dat die regterhemisfeer van die brein vir kreatiwiteit is en die linkerkant vir rasionale denke is ’n stadslegende wat spruit uit die idee dat ons verskillende breinareas het wat net spesifieke funksies verrig. Selfs al is die modulêre beskouing al vervang, kom dit steeds in boeke voor.
...............
Breinfunksie is nie gelokaliseer in individuele areas nie, maar spruit eerder uit die wisselwerking tussen die areas. Die neurowetenskaplike Stephanie Forkel verbonde aan Radboud-universiteit gee taal as ’n voorbeeld.
Om te kommunikeer moet ’n mens baie vinnig verstaan wat binne ’n gegewe konteks gesê word en die emosionele intensies oorweeg. Indien die brein op ’n modulêre manier gewerk het, sou dit nie moontlik gewees het nie.
Die senuweeverbindings kan breinseine versterk of verminder en die struktuur en funksie van die brein bepaal. Daar is ’n sterk verhouding tussen die patroon van die verbindings tussen breinareas en hulle aktiwiteit gedurende kognitiewe take. Daarom is dit moontlik om te voorspel waar ’n funksie in die brein sal voorkom, op die take gebaseer. Wanneer jy na ’n kind se brein kyk voordat die kind geletterd is, is die witstof – wat uit senuweebane bestaan – klaar na die klassieke “leesarea” verbind.
’n Gaping in die modulêre uitkyk op die brein is dat dit nie die verskille tussen mense kan verklaar nie. Elke mens se brein is verskillend en dit kan gesien word wanneer jy ná die dood werk op die brein uitvoer, sê Forkel. Daar is nie ’n standaardbrein nie.
Maar deur na die senuweenetwerk in die brein te kyk kan wetenskaplikes na die veranderlikhede kyk, in die lig van evolusie byvoorbeeld. Indien daar gekyk word na die witstof, is die ouer deel van die brein min of meer dieselfde. Dele wat meer onlangs ontwikkel het, verskil weer meer van mens tot mens.
Al beheer die brein byna alles wat ons doen, is dit ook hy wat ons letterlik aan die lewe hou. Hy slaap nooit, selfs nie as jy slaap nie; 20% van die bloed gaan soontoe sodat jy die hele wonderlike brein kan gebruik, beslis nie net 10% soos die mite beweer nie.
Ons brein het so baie senuweeselle gekry danksy evolusie van ons hominiedvoorsate wat vuur ontdek het. Jip, hulle het gebraai. Deur kos gaar te maak, spandeer jy tientalle minder ure om na kos te soek, dit te eet (kyk maar hoe lank kou jy aan ’n rou wortel vergeleke met ’n gaar een, met vleis nog meer), en jy kry “veel meer uit minder”. Dit het letterlik hulle hande begin vry maak en tegnologie het ontwikkel.
Daar is al reuse-meta-analises gedoen oor die sogenaamde verskille in die breine van mans en vroue. Hoe meer dit bestudeer word, hoe meer sien wetenskaplikes dat die bewerings wat gemaak word oor die seksverskille in die brein, nie bewysbaar is nie. Dit maak sin, want die mens is nie dimorfies soos byvoorbeeld voëls nie.
Nuwe navorsing het die idee dat die klein verskille in die konneksies tussen die linker- en regterbrein werklik enige gedrags- en kognitiewe verskille tussen mans en vroue kan verklaar, verwerp.
.............
Nuwe navorsing het die idee dat die klein verskille in die konneksies tussen die linker- en regterbrein werklik enige gedrags- en kognitiewe verskille tussen mans en vroue kan verklaar, verwerp.
.................
Tog glo die meeste mans hulle is meer intelligent as vroue, en ouers dink selfs so oor hulle seuns. En dié oortuigings is in studies bewys, as jy dit nie glo nie. Wanneer mense gevra word wat hulle dink hul IK is, sal die meerderheid mans dit oorskat, terwyl die meeste vroue weer hulself onderskat. Die term hiervoor is die manlike hubris, vroulike nederigheid-effek. Dit kom voor veral wanneer mans hulself as baie “manlik” sien.
.............
Tog glo die meeste mans hulle is meer intelligent as vroue, en ouers dink selfs so oor hulle seuns. En dié oortuigings is in studies bewys, as jy dit nie glo nie. Wanneer mense gevra word wat hulle dink hul IK is, sal die meerderheid mans dit oorskat, terwyl die meeste vroue weer hulself onderskat.
...............
Dit is basies ’n intellektuele selfbeeld.
“Such is the nature of men, that howsoever they may acknowledge many others to be more witty, or more eloquent, or more learned; yet they hardly believe there be many so wise as themselves.” – Thomas Hobbes, Engelse filosoof.
Lees ook: