
Hierdie foto is die foto van Elsabé Brits, en is op 16 Junie 2026 op Facebook gepubliseer.
Elsabé Brits skryf elders op Facebook. Die skrywe verskyn met haar toestemming:
Ons het onder meer ’n tydkapsule uitgestal Saterdag met die herdenking – by die Story of Emily, 100 jaar na haar dood.
Die items is sorgvuldig gepak in argiefmateriaal en die kapsule is geseël.
Items wat ek versamel het sedert April en wat gestuur is van mense wat saam aan die projek gewerk het, die ontwerp en argitektuur. Van die nuusberigte, eerste persverklaring, poskaarte, foto’s, boeke, ’n kaart, ’n stukkie geelhout, leiklip, argiteksketse in klein boekies, die restaurant se spyskaart, memorabilia wat gemaak is, en briewe. ’n Lappop van Soetmelksvlei. Asook die inventaris.

Hierdie foto is ook die foto van Elsabé Brits, en is op 16 Junie 2026 op Facebook gepubliseer.
Saam met my op die foto is die wonderlike Nicola, argitek van Stonewood Design wat die War Rooms ontwerp het, asook die restaurant en behuising.

