The New Yorker screening room op YouTube
Die’s nou ’n multimedia treat of note, ’n curated series van independent en artist-driven shorts films geskryf en gespeel dee diverse communities in New York City. Picture al Zohran Mamdani, die niewe mayor van New York City, se campaigns virrie economic en social well-being van immigrants innie Big Apple – ja, sukke diverse stemme kry djy in hierrie online screening room! Ek likes’ie approach van hierrie films mettie magazine se editorial sensibilities, want although speel’ie topics vannie film uit vi ’n jong viewership, issit nog altyd gedoen met excellent taste en craft waa’oo djy kan huis toe skryf – of met ôse LitNet-lese’s praat! Alhamdulilah, ek is dankbaar dat hierrie channel exist, want’ie short films was useful content vi my English Foreign Language- (EFL-) klasse vi studente by ’n language centre in Kaapstad. The maddening disconnect of phone therapy was ’n cool short film uittie Screening room te wys ommie studente se dialogue skills te inspire oo topics soes mental health en therapy. A father-daughter swearing lesson is oek een virrie boeks! Boe-oppie feit dat The New Yorker at 100 op Netflix oek ’n leqqa treat is as djy leqqa bis is oorie behind the scenes dinge wat aangaan by sukke magazine companies.
Die kantoor op kykNET en Showmax
Die official kykNET premiere vi hierrie show was 18 Januarie 2026, en ek is chuffed om te sêrrat Kaapstad se Radio Love Doctor, Mehboob Bawa en Miela’s box se lead actress Zenobia Kloppers oek pa’t is vannie cast van hierrie sitcom. Die kantoor is ’n Suid-Afrikaanse adaptation vannie hit mockumentary sitcom The office. Het djy soe ha’d soes ek gelag om te lies dat hierrie office politics sitcom is geset in ’n polony manufacturing company, genaamd Deluxe Processed Meats – cue allie death by polony memories in Suid-Afrika van 2017 en 2018! Die show is geskryf dee SAFTA- en Silwerskerm-wenner Bennie Fourie en daa’s ’n hybrid van seasoned en fresh local talent oppie show. Lees my LitNet interview met Mehboob Bawa hier.
Late night op Netflix
Gloerit of nie, die vrou wat hierrie film geskryf’t, Mindy Kaling, wat oekkie film se main protagonist is, is oek pa’t vannie original team of The office-skrywers! Hie’s vi jou nou oek ’n comedy drama of note met Emma Thompson, ’n celebrated actress wat ’n ou TV talk show auntie speel wie se show rating drop en sy moet dinge op juice om ha job as host oppie show te hou. Die ding wat ek likes’ie meeste, is om te sien issie einde vannie ou TV generation ennie begin vannie nuwe TV ene, en Mindy Kaling se karakter, Molly, is baie symbolic in hierrie geval. Djy kan mossie boo’t gie aan ’n niewe generation of TV mettie selle ou skrywers en creators van vorige generations’ie! Boe-oppie feit dat Molly moet haaself invent in ’n all-male writers’ room en haa worth constantly prove te’wyl hulle’rie show revitalize om relevant te bly in ’n changing media landscape. Molly se experiences is baie common vi niewe skrywers innie entertainment industry, and Mindy se instincts om ’n feature film te skryf wattie spotlight op hierrie issue sit, was baie on point. Plustens djy hettie ’n leqqa storie nie unless djy ’n leqqa antagonist het, en dis omtrent waa Emma Thompson innie show shine!
John Mulaney op Netflix
Die comedian het omtrent ’n klom Netflix comedy specials. As ’n avid Netflix viewer, voel ek actually dattie strength van hierrie stream TV platform is actually die platform se documentaries en comedy specials – net nou en dan kom Netflix dee met ’n goeie feature film wat djy nie maklik ve’geet’ie. My ee’ste experience van ’n John Mulaney performance, en sy skrywery, was met Oh, hello on Broadway op Netflix, en dan of course het ek af innie rabbit hole geval en The comeback kid (2015), Kid gorgeous at Radio City (2018) en John Mulaney & the Sack Lunch Bunch (2019), die laasgenoemde ’n musical variety special met ’n klom kinners wat vi jou t’rug vat na ou Suid-Afrikaanse shows, soes Small talk innie early 2000’s. Maa dan is daa oek Everybody’s live with John Mulaney wat voel soes ’n innovative way om ou TV nostalgia Netflix toe te bring – even die opening theme song klink en voel soes iets uit Miami Vice! Wat nogal ’n rebellious act is, since Netflix viewers hettie “skip intro” option. Everybody’s live is ’n leqqa blend van mixed formats, classic late-night elements met intentional chaos, celebrity interviews en TV guests wattie famous issie, sketches, bringing theatre to TV and breaking the fourth wall en real-time mishaps. Social media posts het gewys dat Suid-Afrikaanse comedian Shimmy Isaacs oek in Los Angeles was, en sy’t oek ’n post gedoen op ’n robot wat innie strate loep, amper soes ’n Uber Eats robot – die robot wat ’n karakter is op een vannie episodes.
Younger op Netflix
Aside vannie feit darrit leqqa is om Hilary Duff wee op ’n series te sien, issie show oek iets wat in interesting ways wys’ie generational change in pop culture, lifestyle en publishing in New York City. Liza Miller, gespeel dee Amerikaanse singer-actress, Stutton Foster, is ’n 40-jarige vrou wat pretend om ’n 20-something millennial te wies om haa career in publishing wee te begin na sy divorced is. Innie mirrel van hierrie double life wat sy lei, sien ôs haa emerging identity en hoe sy haaself reinvent in ’n ageist wêreld wat mense oo 40 marginalize. Die dialogue, plotting en humour vannie show voel bietjie mee traditional as wat djy sal expect van ’n millennial show – dis geskryf met ’n seasoned, matured stem eira as met ’n jonger, social media-fluent stem.
Journey through song met Ernestine Nur Stuurman
Of course moet ôs nog altyd tyd maak om local theatre te support, en ek’tie voorreg gekry om Ernestine Nur Stuurman se Journey through song te sien byrie District Six Homecoming Centre na’rat dit byrie Artscape uitgekommit. Journey through song is ’n one woman show wat monologues en songs gebruik ommie audience op ’n journey te vat oo Ernestine se liewe en hoe sy haaself invent en reinvent vanaf haa childhood years tot waa sy nou is as ’n professional opera singer. Ernestine was oek pa’t vannie cast van David Kramer se Orpheus McAdoo The Musical byrie Artscape, waa’t sy die rol van Belle Gibbons mashallah gespeel langsaan Danielle Speckman, haa vriendin en colleague wat oek ’n appearance maak in Journey through song. Alhamdulilah is ek happy om te siennatie show wee narrie Kaap toe kô later innie jaa. Dis ’n show worth supporting, want dissie elke dag dat ’n Muslim female en Fleur Du Cap nominated actress en opera singer, proudly in Hijaab, narrie stage toe kô met ’n mashallah stem soes hare!

