Hoe lyk Ramadaan in 2026?
2026-03-19"Die twiede laaste Woensdag in Ramadaan was soe vêr’ie mees challenging, met ’n temperature van 44,8 grade Celcius. Tottie einde van Woensdag onthou ek ee’s wat my vriendin in Saudi vi my gesêrit om klapperwater ('air kelapa' in Bahasa Indonesia) te drink wanne’rt soe warm is want dit hou vi jou hydrated vi ’n langerer tyd."
Ses dinge om op jou #2026 watchlist te hou!
2026-01-28"Die’s nou ’n multimedia treat of note, ’n curated series van independent en artist-driven shorts films geskryf en gespeel dee diverse communities in New York City. Picture al Zohran Mamdani, die niewe mayor van New York City, se campaigns virrie economic en social well-being van immigrants innie Big Apple – ja, sukke diverse stemme kry djy in hierrie online screening room!"
Die kantoor op kykNET: In gesprek met Mehboob Bawa
2026-01-21"Dis local, dis herkenbaar, en die characters is nie copies van die ander weergawes nie. Al moes die writers by die format bly, het hulle dit op ’n beautiful Suid-Afrikaanse manier aangepas. Kykers gaan connect met die characters, die office idiosyncrasies, en die humour. Dis alles daar."
Ses dinge om op jou YouTube en Netflix list te hou!
2025-12-18"Ek hou my microwave popcorn reg vi hierrie een!"
Ses dinge djy’t by It’s boogie time ge’miss!
2025-12-02"By It’s boogie time is Ree Cornelius my niewe boogie champion, want hy’t ’n leqqa 'Copacabana'-opening number vi ôs gesing, met back-up dancers wat Lolla, Tony en Rico impersonate met yellow feathers en do the cha-cha en alles oppie stage!"
Afrikaans virrie volgende generasie – Taalpodium vannie Afrikaanse Taalraad (September 2025)
2025-10-23"Waa Afrikaans betrokke is, is succession die mees belangrike topic, en al is geskiedenis vannie taal oek hoe belangrik, ôs moettie confused raak en nou net oorie verlede debate’ie sonner om ’n futuristic point of view te maintain. Nie ammal wat stêk oo Afrikaans voel, is trained om solutions virrie toekoms te initiate nie, om ’n futurist te wies – daai sê ek met ’n see ha’t, want dis crucial dat ôs vorentoe met solutions beweeg."
Ôs praat met Rafiek Mammon, want dis amper Boogie-tyd!
2025-10-10"Wel, sonder om die proverbial kat uit die mou te laat, is daar baie nuwe, opwindende liedjies vanuit die 70’s en 80’s en ook ’n paar moderne songs, want ons wil ook die jonger gehore trek. Die komedie is heeltemal nuutgeskrewe. So, dis altyd iets om na uit te sien. Ons het nege sangers hierdie jaar, vier dansers en ’n ses-stuk band. Dis ’n regte jol van begin tot einde."
Muslim arts patrons ennie Artscape Women’s Humanity Festival: ’n onderhoud met Marlene le Roux
2025-08-12"Die Artscape Women’s Humanity Arts Festival keer vanjaar terug met ’n kragtige reeks geleenthede, optredes en gemeenskapsbetrokkenheid – alles gesentreer rondom die temas van genesing, verteenwoordiging en aktiewe vredesbou. Die 2025-uitgawe nooi mense van alle geslagte, agtergronde en oortuigings uit om deel te neem aan die noodsaaklike en dikwels uitdagende werk om ’n meer regverdige en inklusiewe samelewing te bou." Tasneem Daniels gesels met Marlene le Roux oor onder meer Artscape se bedrywighede tydens Vrouemaand.
Food for a purpose: ’n onnerhoud met Naslie Khan
2025-07-20"Die food industry het die krag om ekonomieë aan te dryf, kulture te vier, gesondheid te bevorder én ’n verskil te maak in mense se daaglikse lewe." Tasneem Daniels gesels met Naslie Khan.
Jeugmaand 2025: ’n dialoog met Abdud-Daiyaan Petersen
2025-06-27"Om relevant te bly en die jeug aan te spreek, moet daar ’n verskuiwing gemaak word van net genealogiese belangstelling na ’n breër historiese belangstelling in kultuur, grond, identiteit, dekolonisasie, ensovoorts. Argief-navorsingswerkswinkels word dus deur die forum aangebied om die publiek toe te rus met hierdie breër vaardighede, maar steeds geraam met die genealogiese belangstelling wat enige lid in staat stel om ’n argief, formeel of informeel, gemaklik te betree om na enige tipe geskiedenis te soek."
Radio 786 se Barakat-program: ’n onderhoud met Fatima Allie
2025-05-13Die LitNet-insetsel is deel van Radio 786 se maandelikse Barakat-program. Barakat, met Fatima Allie, word aangebied in samewerking met die Afrikaanse Taalraad en LitNet. Tasneem Daniels gesels met haar oor onder meer Junie (Jeugmaand) se program.
Een voet innie kabr: ’n onderhoud met Gaireyah Fredericks
2025-04-25"Ôs moet continue ommie taal te try preserve in literature. Is ôse duty en responsibility as Cape Moesliem-skrywers."
Mass Boeka’s loep nou vi ag jaa in Bo-Kaap
2025-03-20"Mamma en Daddy het innie 50’s en 60’s in Horstley- en Blythestraat gewoon, en Mamma het oek by haa Ummie en nieffies in Bo-Kaap baie ge’visit en oo’geslaap. Natuurlik het ek mos ’n group selfie met Daddy gevat ennie selfie vi ôse Bo-Kaap-familie gestuur mettie caption: 'Ôs wag vi jou in Waalstraat naby Atlas!' Te’wyl ek narrie askrakal ennie djiekkers (gebede met ’n ligte ritme) geluister het ek wee myself remind hoe belangrik dit is om t’rug te gaan narrie plekke waa djy gehuil’t en vi jouself ’n kans gie om niewe, mee mashallah memories in daai painful plekke te skep."
Cape Flats Book Festival was ’n vibe!
2025-02-20"Omtrent 20 mense in en om Mitchells Plain hettie workshop attend ennit was mashallah om te sien hoeveel mense interested is om ’n memoir te skryf en specific details oo hulle liewens oppie page te sit."
"Dude! Waa’s my phone?" – onthou djy daai track?
2025-01-27"Ek wou baie graag local Kaapse musiek in die stuk inkorporeer. Ek het toe vir Kay Kinetic gevra of ons ’n plaaslike weergawe van 'Phone' deur Lizzo vir die show kan skep. Daar was reeds ’n beat wat ons kon gebruik, ons moes net die ideale woorde en storielyn vir die temalied kry. Keenan se bydrae het my verwagtinge ver oortref." Tasneem Daniels gesels met Jeremeo Le Cordeur.

