Ek’t op social media gelies: “Go laugh in the places you have cried and change the narrative” wat vi myrie perfect’ste description is van Boeka Innie Bo-Kaap, ’n tradition wat in 2018 begin’t deur Bo-Kaap residents en organisations wat tien gentrification en onregvêdige urban development in Kaapstad baklei – amper nou 10 jaa since’ie Mass Boeka’sie event van Ramadaan gewôd’t. Slamat Bo-Kaap!

’n Mashallah crowd!

Post-Boeka moments in Waalstraat, Bo-Kaap
Die een aim vannie Mass Boeka (of iftaar, in Arabies) is vi mense wat puasa (vas) ’n space te gie om hulle puasa te briek op ’n weekend en om een tafel te sit en saam’t mekaa oek te salaah (bid) wanner’ie son afgaan. Die twiede en mees belangrikste aim is ommie Mass Boeka te gebruik as ’n tool of resistance en ommie space t’rug te claim van threatening gentrifies wat al klaa huise in Bo-Kaap besit en daa woon. Oo’rie afloepende ag jaar het hierrie Mass Boeka’s oek ’n tradition oppie res vannie Cape Flats ge’inspire, en plekke soes Manenberg en Hanover Park gie oek hulle eie Mass Boeka’s om hulle space t’rug te claim van gangsterism en social ills wat hulle territory oek claim. Ôs moet ôse hoed afhaal vi Bo-Kaap. Bo-Kaap is mee as net ’n plek waa ou traditions, soes cookies dra op ’n bôd na jou neighbours toe in Ramadaan, plaasvind ennie Bo-Kaap mense herrit bewys!
Shafwaan Laubscher vannie Bo-Kaap Collective, een vannie Mass Boeka se organizers gie sy review vannie event:
Dit was magical en phenomenal. Alles was perfek en ôs het alles ge’achieve waa’voo ôs niyyah (voo’neme) gemaak’t – die sense of community, togetherness, inclusivity, ommit oep te hou vi een en ammal om saam te iet en deel. Baie shukran en tramakassie vi ammal wat narrie Mass Boeka gekômmit, ennie Boeka Innie Bo-Kaap sponsors vi al hulle contributions. Die cherry on top was wanner ’n vrou haa Shahaadah gevarrit (tot Islam bekeer) innie presence van ammal wat byrie Mass Boeka was, alhamdulilah!
Hie’s ’n Mass Boeka review as djy nie pa’t vannie baraka daai aand gewies’t:

Bismillah merrie Boeka innie Bo-Kaap!
Claiming space
Ja ney! Ek en my pa het net soe gemaak, iets wat ek nie lig vattie, especially since ek ’n mamma en daddy het wattie forced removals vannie Group Areas Act van apartheid oo’leef het. Nou soe is ek oek ’n kind van District Six ennie Bo-Kaap! Mamma en Daddy het innie 50’s en 60’s in Horstley- en Blythestraat gewoon, en Mamma het oek by haa Ummie en nieffies in Bo-Kaap baie ge’visit en oo’geslaap. Natuurlik het ek mos ’n group selfie met Daddy gevat ennie selfie vi ôse Bo-Kaap-familie gestuur mettie caption: “Ôs wag vi jou in Waalstraat naby Atlas!” Te’wyl ek narrie askrakal ennie djiekkers (gebede met ’n ligte ritme) geluister het ek wee myself remind hoe belangrik dit is om t’rug te gaan narrie plekke waa djy gehuil’t en vi jouself ’n kans gie om niewe, mee mashallah memories in daai painful plekke te skep. Die ouere generation kannie altyd dit verbalize nie, want dis ’n eina ding om oo’rie forced removals te praat. Somtyds moet djy lead by example assie dogter vannie niewe Suid-Afrika en hulle hanne vat en self ’n Uber order Waalstraat toe soerat hulle’rie space kan opvat en experience saam’t mense wat ve’staan. Kasam dit raak’ie bieterer as om jou kop in sujood op Waalstraat se grond te sittie teen Maghrib se tyd, ’n mashallah moment om in conversation met Allah te wies en oek tien’ie gentrifiers te protest!
Thikrs en Djikkers
Die’s nou vi jou ’n Kaapse Sunnah (cultural tradition wat met religious significance behandel wôd) soes my oompie, wat oek ôse familie Imam is, sal sê. Ôse Thikr (of Gadat, in Malay terms) Jamaah’s kom al ’n lang pad innie Kaap. Ek was bly om Zieyaad Hattas, saam’t Amien Kannermeyer ennnie Bo-Kaap Thikr Jamaah, te sien djiekker – djy kan sien hulle is ge’tamat (goed opgelei) met daai lagoo (ritme) en hulle sit in daai ure op ’n Donnerdagaand om daai lagoo te perfect! Baie mense ve’giet dat hierrie djikkers ’n groot pad van ôse Kaapse Muslim history in Suid-Afrika is, ve’allie Rattibul Haddad, ’n compilation van duas (gebede) en Qur’anic verses wat ôs op ’n Donnerdagaand innie Kaap saam batcha, ’n tradition wat dee Muslim slaves begin’t vanaf’ie 1600’s. Ôs het pa’t van daai gadat byrie Mass Boeka gehoo while ôs virrie Maghrib Athaan wag om ôse puasa te briek. Alhamdulilah!
Bismillah Maa Leqqa!
En dan wassit waktoe (tyd). Ôs briek ôse puasa met ’n darel en ’n glas water soes ôse Nabi Muhammad (vrede oor hom) gedoennit. Maa of course by ’n Kaapse Mass Boeka iet djy nie net jou eie darels en water nie, maa djy moet darels, water, samoosas, half-moons, koesisters en anner Boeka-kos iet van enige iemand wat vi jou iets aanbied – en pasop as djy dink net om “nee shukran!” te sê. Die main sponsors vannie event het oek sop en akhni uitgedeel, oek met Boeka barakats (geskenk sake) met allerande leqqa goed wat ôs kan wee byrie huis enjoy. Ja, ôs het baie leqqa saam ge’bismillah!

Lang tafels in Waalstraat, Bo-Kaap

Bo-Kaap-lede gesels

Boeka barakat vi ammal byrie event

Opwarming virrie Boeka in Waalstraat
Salaam Alaykum, kan ek verbykom!
Mense wat na Miela’s Box geluister’t, sal wiet! Djy hoo net heel nag mense groet mekaa met “Salaam Alaykum”, want’ie Mass Boeka is oek ’n reunion vi baie mense wat net vi mekaa sien by hierrie tiepe events, en Ramadaan oppie algemien kan oek ’n maand vi family reunions wies. En toe het ôs Bo-Kaap-familie’rie group selfie ontvang en eventually by ôs in Waalstraat koe sit. Of course is ek nou een vannie ouere nieffies wat moet comment oo hoe groot raak’ie kleinkinners innie familie – een vannie kleinseuns in Bo-Kaap het nou lang hare en ’n groot man se stem! Dan was ek happy om Boeta Kammie Kamedien (as djy sy ve’troue wen, moet djy hom nooit innie stiek laat’ie!) te sien, een van Kaapstad se Heritage champions vannie Cape Family Research Forum, Ibu Lisa vannie Indonesian Consulate in Wynberg waa ek my Bahasa Indonesia-klasse gedoen’t, die Bo-Kaap Cultural Hub tour guides wat my en my studente by Good Hope Studies ’n toer gegie, ou vrinne innie community, ’n paa joernaliste en artist vriendinne innie stad. En dan of course kon ek ’n gesig virrie naam gie vi Shafwaan Laubscher vannie Bo-Kaap Collective, ’n regular guest op my vorige programs op Radio 786.

Members vannie Indonesian Consulate in Wynberg, Kaapstad

Vriendinne en familie in Waalstraat, Bo-Kaap
Mass Salaah
Ek’t erens oek gelies dat ’n familie wat saam salaah (bid) maak, bly forever saam’t mekaa en ek dink dat daai waa is in hierrie geval. Lucky vi ôs het ôs baie sukke “saam salaah maak” traditions en rituals in Islam, soes ommie vyf salaah’s in Jamaah (groepe) te maak, Taraweeg innie aane in Ramadaan, Tasbeegh salaah op Laytul-Qadr (die laaste 10 dae van Ramadaan) en of course elke Vrydag vannie jaa op Jumuah. Innie Qur’an sê Allah (Al Baqarah, 2:238) wat familie ve’houdings involve: “Bewaak jou (gewoonte van) gebede streng, ve’allie Middelgebed; en staan voo Allah in ’n toegewyde (gemoedstoestand).” Sê oek ’n Hadith vannie Nabi Muhammad (vrede oo hom): “’n Man se gebed wat saam met ’n anner onne’hou wôd, is suiwerde as sy gebed wat allien onne’hou wôd, en sy gebed met twie mans is suiwerde as sy gebed met net een, en wannee daa mee is, issit mee aangenaam vi Allah, die Almagtige” (Sunan Abu Dawood). Kôtom: Alles wattie moeite wêd is om te doen, is bieterer saam gedoen. Oek die agents van apartheid, colonial en segregation is altyd ready om ôs as ’n community te separate, en om saam te salaah is beskerming tien’ie shaytaan (die duiwel) se intentions!
[Verwysing: https://muslim.sg/articles/5-benefits-of-congregational-prayers-in-islam]

Boeta Kammie Kamedien, also known as ’n heritage champion wat djy nie moet innie steek laat’ie!

Ôs hettie datum ge’save!
Jou komvandaan
Kasam sê ek altyd dat Bo-Kaap’ie enigste plek in Kaapstad is wat voel net soe mashallah soes Indonesia, en vi daai special connection na ôs moederland – ve’al vi my since my mamma nou ge’maningal (oo’leede) is, is ek altyd happy om Bo-Kaap oo en oo te visit. Ek’s oek happy om te sien dattie Mass Boeka’s in District Six, nie net Bo-Kaap, oek gebee want daai is oek ’n space wat ôse mense moet t’rug claim al hoe issit’ie ammal se lucky opportunity om hulle land of huis in District Six t’rug te kry nie. Baie vannie ôse masjids (moskee) in Bo-Kaap en District Six is nog daa, die masjids waa ôse ouers madrassah toe gegaan’t in hulle jong dae, die masjids waa hulle Nikahs (troue) plaasgevind’t. Of course’ie aim ommie gentrified developments rondom’ie Al Auwal Masjid in Dorpstraat te protest is oek ’n reminder om Saartjie van de Kaap te onthou, Al Auwal se founder en original owner vannie masjid se grond – oek ommie reg van Muslim vrouens om ’n plek innie masjid altyd te het, nie net om salaah te maak, maa oek ommie Muslim community oorie algemien te lei!

’n Mashallah program met alles wat mooi is!

