Ses dinge djy’t byrie Kaaps Woriboek launch gemiss

  • 0
Ses dinge djy’t byrie Kaaps Woriboek launch gemiss

Foto’s: Tasneem Daniels

Die langverwagte Drietalige Kaapse Woriboek dee Quentin Williams

1. Krotoa’s Chapel byrie Castle of Good Hope

Hierrie chapel het omtrent gebuzz op Donderdag 23 April 2026 virrie launch vannie langve’wagte, ee’ste ooit drietalige Kaapse Woriboek, geskep dee Quentin Williams vannie Universiteit van die Wes-Kaap (UWK). Omtrent 100 Kaapse ve’teenwoordigers en gebruikers vannie Kaapse taal in education, academics, kuns, media, heritage en community spaces was daa ommie launch te commemorate ennie taal, wat nou in coded form is, te celebrate.

Quentin Williams en Tasneem Daniels byrie Castle of Good Hope

Krotoa wassie gewaa’deerde Khoi-vrou wie ’n interpreter tussen’ie Dutch ennie Khoisan-gemeenskap gewies’t tydens’ie colonial periods. Ôse history highlight hierrie chapel as pa’d vannie kasteel se early religious en admin spaces, ennit is gekoppel saam’t key moments in Krotoa se liewe, soes haa baptism en later aanie burial byrie kasteel. Krotoa’s Chapel is nou ’n heritage space binne-innie kasteel, wat oek’ie venue was virrie Kaapse Woriboek launch – ’n reminder om space te claim in een en elke manier mettie regte peetmoede’s en peetvade’s.   

Die gehoor: Kaapse verteenwoordigers en gebruikers vannie Kaapse taal

2. Shofar Books, die Kaapse Woriboek se “midwife”  

En gepraat van peetoue’s, saamettie venue wat mashallah gekies was, sal ek oek sêrattie midwife vannie Kaapse Woriboek wat gehelp’t om birth te gie annie woriboek, was oek mooi gekies: Haroldene Tsienda, die publisher se founding director, het haa rol net soe verbatim ge-explain. Ennit het die begin vannie program mashallah oepgemaak met ’n vraag om ammal se koppe te laat waai oo wie eintlik’ie vrouens is wattie Kaapse taal publicly represent. Kaaps was altyd “kombuis-Afrikaans” genoem, ’n plek innie huis wat tot op datum gesien wôd assie plek waa ’n vrou moet wies (ten spyte vannie feit dattie beste chefs innie wêreld eintlik mansmense is!). Haroldene is oek in association met Poets Vannie Kaap, ’n performance group wat oek oppie program was met ’n stêk stem. Though was hierrie event nie gender-based nie, was hierrie presentation dee Shofar Books food for thought en oek mooi gesê was in Krotoa’s Chapel.

Haroldene Tshienda van Shofar Books beskryf haa’self assie midwife vannie Kaaps-woo’deboek

3. Die Cape Muslim Afrikaans vernacular

Dis oek mashallah om te lee oo’rie momentous contributions van Gaireyah Fredericks, wie se woo’re oek innie Kaaps Woriboek included was, saam’t Mooniq Shaikjee vannie UWK Linguistics Department om hierrie focus area innie woriboek te represent. ’n Belangrike element van hierrie focus area was ommie Arabiese influence vannie Kaapse taal onne ’n spotlight te sit innie woriboek – die vroegste Kaaps is in Arabiese skrif deerie Kaapse Moslem-gemeenskappe geskryf. Innie wake van Muhammad Alexander se dood in April 2026, ’n award-winning skrywer en contributor aanie Cape Muslim Afrikaans vernacular oorie algemeen, het hierrie achievement aanie kant vannie Kaapse Woriboek-span mashallah geland!

4. “Only linguists can undo the inequalities around Kaaps,” sê Quentin Williams

Die launch het oek baie questions gevra wat ek gloe ’n mens nie rerag innie moment kan antwoo’die, want dis vrae wat ôs tyd need ommit oo te dink. Inequalities sal beslis daa wies, want die so-called coloured community issie ’n homogenous community nie; die mengelmoes-element wattie apartheid government en colonists getry’t om te regulate mettie 1950’s Population Registration Act, die bokse ôs moet nog altyd tick om ôse self diversely te identify innie niewe Suid-Afrika. Dissie nettie Suid-Afrikaanse citizenship at large wat mixed issie, maarie Kaapse community is self ’n heterogenous community en plurality – baie enes vannie selle ding leef baie in ôse Kaaps community. Uniformity dee ’n outside force geskep is wattie binne is ôs community issie sal lelik fail om equality innie Kaapse identity en taal te create. As equality mettie Kaapse taal gedoen wôd, soes Quentin Williams sê, kannit net gedoen wôd mettie regte linguists byrie tafel. Of course is daa altyd limits wat kô met inclusivity, maa hierrie limits moet nooit ooit dee apartheid en colonial norms of value systems gedoen wôd’ie.  

Quentin Williams gie ’n overview oorie woo’deboek

5. Die mense wattie Kaaps-genre dra

Of course wassit oek tops ommie Kaaps-hip-hop-genre oek daa te sien en hoo, en baie Kaaps artists wattie Kaapse taal vi ’n ses slat met hulle woo’re. Heal the Hood, ’n network gelei dee Emile Jansen, was oek daa met ’n performance dee Charlton Eftha, getitled Charly X2C. Emile sê:

Heal the Hood wêk met Kaaps since my involvement met Afrikaaps the musical. Daa’na het ôs ’n syllabus create en develop met Mixed Mense, ôse practical hip-hop-skool. Die lee’des van hierrie skool is nou facilitators innie 14 skole wie Heal the Hood nou dien. Heal the Hood het Williams en UWK gehelp met fundraising ommie woriboek te create. Heal the Hood se executive member, Shaquile Southgate, het oek gecontribute. Ôs sal continue om Kaaps learning material te create langsaan Williams.

Ready D, bekende DJ wat Kaaps innie SA hip-hop-kultuur ve’stêk’t, het oekkie hip-hop-genre gerepresent vannie vloer af tydens’ie Q&A vannie launch. Ready D het mense mooi geremind oo Brasse Vannie Kaap wat actually’rie Kaapse musical genre begin’t sonner om te wag vi policies en structural change ommie movement op te bou. (Hulle nommer “Almal is vrek” op YouTube is op my playlist!)

Ready D, bekende DJ wat Kaaps in SA Hip-Hop kultuur ve’stêk’t ennie genre gegrond’t innie plaaslike Kaapse Vlakte-stem en identiteit.

Byrie launch self het Nashville Blaauw, ’n skoolonderwyser van Elsies River, vi ôs ’n mooi poem perform wat geskryf was binne-in ’n eksamen – ’n metaphor virrie hele Kaaps identity, dink ek! Nashville was oek oppie 2022 Cape Flats Book Festival programme met ’n mashallah poem waa hy sy lineage introduce. Donovan January, ’n Kaaps rapper, het oek leqqa met sy beats die occasion gehonour en audience participation in sy performance leqqa ge-incorporate.  

6. Visualizing Kaaps – die pad vorentoe

Wisaal Abrahams, ’n visual artist in Kaapstad wattie mural in Bo-Kaap create’t virrie 100ste anniversary van Afrikaans, het byrie launch gepraat oo’rie concept van visualizing Kaaps, ’n speech wat dee’rie res vannie vloer ge-echoe’t wanner mense praat oo warrit mean om jou stem te gebruik en warrit mean om gehoo te wôd. Of course sal ek mos gelikes it as Wisaal haa kuns narrie launch toe gebring’t om hierrie concept merrie oeg te demonstrate! Om Kaaps groterer te visualize mean oek dat, soes Williams wee gesêrrit, die Afrikaanse literatuurstudies curriculum moet mee published works include as net Adam Small en Peter Snyders, want’ie Kaapse taal het since hulle se tyd getravel en êrens geland. Ek stem heeltemal saam met Williams se statement wanner hy sêrat Gaireyah Fredericks en Nathan Trantraal se published words moet innie skool curriculum wies. Mogamat Kammie Kamedien, heritage activist, het vannie vloer gesêrat agency moet nooit wag vi policies om te change’ie, wat oek heeltemal waa is.

Mogamat Kammie Kamedien, heritage activist, tydens’ie launch se Q&A

Skrywers Gaireyah Fredericks (heel links) en Patrick Tariq Mallet (heel regs) tydens’ie launch se Q&A

Calvin Gilfillan, CEO vannie Castle of Good Hope, met Quentin Williams tydens’ie launch se Q&A

Maa of course, tydens Freedom Day 2026 innie niewe Suid-Afrika moet ôs ôse freedom of speech en freedom of association behoolik gebruik ommie dee af te briek waa daai concerned is. Adam Small bejazzed, ’n musical show byrie Artscape in 2014 dee Applauz Arts Initiative, sing: “Poets come, poets go, but the word remains ‘coz people need to know!” (Adam Small was daa ommie musical adaptation te approve, soe hy stem aan saam met daai statement!) Ommie Department van Education te laat gloe dat ôs kan ve’der reduced wôd tot net een of twie talented Kaaps poets van Suid-Afrika is gladdie ’n accurate representation van ôse Kaapse legacy wat constantly fluid issie. Die Kaaps Woriboek-span se conversations mettie Education Department is ’n developing storie.  

  • Foto’s: Tasneem Daniels
Lees ook:

Kaaps is the future of Afrikaans

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top