Plak jou artist responsibility pledge vas op jou muur as djy rêrag ’n artist wil wies
2022-05-20"Daa is soeveel wêk wat ôs moet doen, stories wat ôs moet skryf en act en produce en direct, soeveel films wat ôs moet maak, soeveel poems in baie different tale wat ôs moet skryf ommie wêreld bieterer te maak."
Oo jack hammers, hummingbirds ennie woo’d “passion” onner ’n microscope
2022-04-20"Ek is baie proud oo my achievements, maa in hierrie stage van my liewe wil ek net my liewe enjoy en my achievements enjoy sonner om exhausted te wies deur my passions, sonner om onner pressure te liewe. Ek wil net oukei wees mettie feit dat ek ’n dag of drie kan af vat om nie op my passions te focus en oukei wees daa’mee."
Hoe change social media influencers die landscape van ôse cultural conversations?
2022-04-11"Dis ’n universal truth – social media influencers is most definitely ’n step ahead of us all, whether ôs wil staamstem of nie."
Ôs moet oek ôse milestones celebrate
2022-02-14"En daai is die reason hoekom ôs moet die news vannie 10 keramats in Kaapstad wat Heritage Status in December 2021 gekry’t, celebrate ..."
Blaaie uit my "New York State of Mind" diaries
2021-12-08"[E]n assit nie virrie Gwangju News, ’n international Korean magazine, gewies’t nie, sal ek net ’n Cape Town playwright gewies’t, maa nou is ek ’n Cape Town playwright met ’n niewe, groter droom. Ek sien uit om hierie drome ’n reality te maak, want ek sal beslis niks minner wil hê as om eendag self daai Greyhound oppie Hudson River line te vat, of miskien ’n ferry oppie Hudson River, New York City toe!"
Hoe kan applied multilingualism ’n solution wies vi global integration?
2021-11-18"Dis hierie ideas wat vi my gelei het tot my Kaaps-skrywery – ek het ve’staan dat ek nie forward sal move in my eie personal en cultural development as ek aan my Engelse points of references klou nie. Ek kan rêrag sêrat ek soes ’n whole person voel nourat ek ’n effort gemaak’t om nie net in Engels te skryf en praat."
Die mengelmoes van Muslim en musician identities
2021-11-04’n Review van die Britse TV-reeks We Are Lady Parts: "Maa om ’n punk Muslim-meisie te wies was mos ’n contradiction of some sorts. Die problem was dat innie Muslim-huis is ôs gelee dat musiek nie altyd kan integrate met ôse Islam nie ... Wat ek oek respect is dat die skrywers die decision gemaak’t ommie Amina ennie die hele Lady Parts band hulleself te vind binne-in Islam."
Die Cape Muslim Heritage Art Exhibition is ’n must-see vi alle Suid-Afrikaners
2021-09-24"Die Cape Muslim Heritage Art Exhibition byrie Castle of Good Hope in Kaapstad is ’n sensory experience of note vi history lovers en celebrators wat ’n trip down memory lane wil gaan tydens Heritage Month 2021, of as hulle ’n window wil kry narrie areas of heritage wat voo baie van ôse tyd gebeur’t."
’n Dialogue met Faheem Jackson: Silat, calligraphy en all things Malay-Indonesian
2021-09-23"Die lyn tussen Cape Malay culture in Suid-Afrika en Indonesian culture oppie Asian continent is baie din – met slavery en colonialism vanaf die 1600’s die major defining global event wat responsible is virrie “niewe breed” van Indonesians in Suid-Afrika wie nou identify as Cape Malay."
Cape Malay-uitdrukkings – ’n Jawaab-glossary
2021-08-12"Cape Malay Afrikaans is ’n mengelmoes van creativity, comedy, liefde, history en spirituality. Om Malay Afrikaans te ve’staan issie eintlik ’n kop-dingie. It’s a very here and now thing, en as djy wil reg jawaab moet djy vining inval! Soe as djy virrie ee’ste kee ’n boeta of ’n tietie of ’n galatie of ’n punkie oppie Cape Flats raak sien, hie is ’n list of guidelines wat djy kan faam maak om saam’t hulle te praat."
Barakat – ’n film review van ’n Cape-Malay perspective
2021-07-12"All in all was Barakat die ee’ste real win virrie Muslim-Afrikaans community on screen – ’n authentic representation of story by the people for the people."
Pe ongeluk oo my inner comedian gestumble – The Funny Zone en allerande funny business
2021-07-06"Ek is ’n groot supporter van stories wat deal met belangrike dinge, maa dan moet ôs oek ’n break vat vannie serious tone waarin ôs hierie dinge address. Besides, comedy kan ’n tool wies om oo hierie dinge te praat."
Sampai Jumpa Lagi, Indonesië – Memories van my 2016-trip Indonesië toe
2021-05-04"Ek moes lee dat Indonesië ’n Asian land is net soes enige anner Asian land; dissie net die home van alle Cape Malays in isolation vannie res van Asia nie. Ek dink as ek Indonesië toe getravel’t straight vannie Kaap, miskien sou ek baie restricted Kaapse expectations van Indonesië ve’wag’t."
Tana Baru – meer as net ’n keramat
2021-04-01"Daa is baie mense begrawe op Tana Baru ('nuwe grond'), soes Tuan Guru ... Maa die turning point vi my was wanner ek ... gelies het dat Sameda Van De Kaap daar begrawe is – sy is die co-founder vannie Palm Tree-masiet in Langstraat, Kaapstad. Ek’t besluit om haa keramat te gaan visit ... Maa toe ek daa aankom, kon ekkie haa keramat vind’ie – sy was net nie daa nie. Tuan Guru ennie anner imams se name was groot op ’n bord geplak, maa nie hare nie."
’n Behind-the-scenes dialoog met die produksiespan van Barakat – family is a mouthful
2021-02-27"Unfortunately wassie vrystelling van die film uitgestel weens die coronavirus regulations. Maa kyk uit Kaapstad, Barakat kom op 28 Mei 2021 na ôs toe, net kôt na Labarang – miskien issit ’n excuse om die familie bymekaar te bring en ’n extended Labarang te het byrie baiscope!" Tasneem Daniels gesels met die PaperJet Films-span, Amy Jephta en Ephraim Gordon.

