Hoe change social media influencers die landscape van ôse cultural conversations?

  • 0

Foto: Good Faces, Unsplash

...
Dis ’n universal truth – social media influencers is most definitely ’n step ahead of us all, whether ôs wil staamstem of nie.
...

As pa’t van my proud support vi social media literacy kan ôs definitely nie die advantages en inventions van social media ignore nie, ve’al social media influencers. Social media het heeltemal ’n niewe wêreld oepgemaak en ’n opportunity om supposedly voiceless mense ’n stem te gie om hulleself te express independently van gatekeepers – hierie reality is evident virrie content creation industry soes publishing en mainstream media. Ek treat social media as ’n general networking space, maarie waarheid is dat djy ’n salary kan eintlik ve'dien deur social media-centred jobs; djy kan jou eie social media businesses begin en jou eie following create ennie wêreld en society influence as djy net agter ’n computer of ’n camera sit.

Culture conversations het heeltemal ve’anner deur social media, en ek is altyd fascinated – nie altyd in agreement nie, maa beslis fascinated – deurie “talk back” option en wat social media users nou het, especially waa TV en radio is concerned. In vorige tye kon ôs net TV passively gekyk’t, maa nou gie social media die power om passive consumers active te maak. Evens more interesting issie feit dat meeste brands nie kan survive sonner hierie online audiences nie – ammal sal saamstem dat suksesvolle brands net suksesvol kan wies as hulle ’n proven track record het van interaction mettie public en ’n following het innie duisends.

Maa social media influencers is vi my die most interesting. My personal favourites is Lilly Singh, ’n Indian-Canadian YouTuber wat nou ’n Hollywood talk show host is, en of course Waffles en Mo in Kaapstad en Ouma Lilly en Haar Klong deur Jeremeo Lle Cordeur. As ekkie roots van my career success trace is my blog, Cultsha Kennis, die motivating factor. Baie min mense wiet dat voo ek Cultsha Kennis begin’t, het ek getry om freelance aa’tikels oorie arts te skryf vi community papers soes’ie People’s Post. Maa voo ek evens my bloed, sweat en trane gewaste’t ommie community media se OK te kry, het ek vroeg ve’staan dat ek eintlik ’n blog moet begin om vol creative control te exercise in my skrywery. En dus heeltemal hulle loss, though, want ek het ’n paa leqqa feel-good aa’tikels, features en theatre reviews geskryf vanaf 2014 wat al lankal kon innie local media gewies het. Nevertheless, no regrets whatsoever. Ek het as ’n blogger begin ve’staan dat ek nie enige iemand se permission norig om my writer identity te validate nie – I was already a writer, so I wrote and I blogged. En eventually het Cultsha Kennis nou ’n klein following en ek het op Radio 786 en Cape Flats Stories (oek ’n online channel met Stanley Jacobs!) ’n bietjie daa’oo gepraat. Sou daai gebeur’t as ek nie in myself as ’n blogger gegloe’tie en net die heeltyd agter People’s Post gehardloep’t?  

Jeremeo het oek baie goed gedoen met sy Ouma Lilly en Haar Klong vlog, en het evens ’n Standard Bank award gewen net kot na covid die hele planet oogevarrit deur om sy vlog ’n video project te maak virrie National Arts Festival in 2020. Ek dink Jeremeo se investment in sy Ouma Lilly vlog op Facebook was eintlik practice hoe om in tech theatre te wêk – mees van ôs het net daai skills gelee tydens’ie lockdown. Oppie topic van Lilly Singh issit snaaks hoe mainstream television nou wil gain uit YouTubers soes sy – ek sê vi jare nou dat social media en online streaming platforms gaan ou mediums soes TV heeltemal replace in 100 jare of minner. Daa was evens iets innie media oo SABC wat try om geld te maak uit mense se Netflix subscriptions!

Dis ’n universal truth – social media influencers is most definitely ’n step ahead of us all, whether ôs wil staamstem of nie. Ek gloe rêrag dat as sekere businesses nie wil byt nie, they will just be left behind. Plustens sal hulle net wakker raak wanner die ball heeltemal change, dan moet hulle ammal jobs soek met YouTube businesses en directly report elke dag aan iemand 30 jaa jongere as hulle – en dissie ee’s ek wat praat, dis ’n universal truth. Enige iemand wat daai truth wil challenge obviously het nie deurie coronavirus lockdown geliewe, plustens het ek hierie prediction gemaak lang voorie lockdown!

Ek het baie deur Lilly Singh se video’s gekyk (hoeveel TV-ure het ek opgegie vi aal hierie YouTubers? Het ek ’n TV license norag?) en since sy baie lang innie YouTube scene gewies’t kon ek track hoe haa creativity gegroei’t tydens haa stint op YouTube. Djy sallie daai selfde experience het op ’n traditional medium soes TV nie. Op ’n TV show is daa altyd ’n head writer of ’n head producer wat ’n gatekeeper is en meeste van hulle is vannie ou generation en hulle manage TV content since daai tyd wanner TV op sy prime gewies’t. Die reality is oek dat as djy ’n manager van TV content is wat jou sout wêd is, sal djy ’n content team met majority jong mense hire want jonger mense is mee in tune mettie tech development of our time.

Obviously is daarie flip side van hierie conversation, die feit dat social media influencers te jonk is om hulle generation maturely te direct online and offline (of miskien is daai my millennial opinion), en beslis is daa social media influencers waamee ek nie heeltemal saamstem nie – al issit met hulle content of hulle brand image. Maa my punt is dat my personal opinion, en ammal se personal opinions, hie’oo tel maa net vi mooi niks want dus nie hoerie gatekeeper system op social media wêk nie – die enigste gatekeeper is jou internet connection!

Ek voel eintlik baie happy en honoured om deur ’n pandemic te liewe. Dit het vi my real experiences gegie en ’n glimpse into the new world en hoe ôse liewens change en hoe ôs evolve from one world to the next, soes Arundhati Roy gesêrit. Ek is obsessed met hoe civilisations evolve, nie net van ’n intellectual anthropologist point of view nie, maa van ’n human practical point of view. Ek kry heepie-jeebies wanner ek hoo hoe Cyril Ramaphosa in 2020 gesêrat die ou pre-corona world weg is, en ôs moet nou net vasbyt en patient wies while ôs hierie niewe wêreld navigate – daai net daa is die hele crux vannie issue! Ôs is ammal stubborn om te accept reality. Maarie enigste constant en wanner gaan ôs brave en evolved genoeg wies om te aanvaa dat adaptability mee van ’n thriving tool, nie net ’n survival tool, kan wies tot ’n thriving economic en content-driven world?      

Lees verder: https://www.businessinsider.co.za/the-sabc-has-an-rfi-out-for-over-the-top-technology-to-compete-with-amazon-prime-2020-11

Cultsha Kennis: https://www.facebook.com/CultshaKennis en https://cultshakennis10.blogspot.com/2019

Lees ook:

Die mengelmoes van Muslim en musician identities

Hoe kan applied multilingualism ’n solution wies vi global integration?

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top