Tasneem Daniels

Tasneem Daniels het ’n 10-jaa’ combined portfolio in media, onderwys, kuns en vermaak. Haa’ ee’ste toneelstuk, Miela’s Box, het waves gemaak en tot ’n loopbaan in TV en radio gelei met Suidooster (kykNET), An Nur ‒ The Light (SABC 3), Radio 786 (100.4 FM) en die Universiteit van die Wes-Kaap in samewerking met Bush Radio (89.5 FM).

Miela’s Box die radiodrama het ’n comeback op internetradio gemaak met Cape Flats Radio, Radio Eersteriver en LIVE FM Radio, die laasgenoemde met wie sy Entertainment Round-Up op Vrydae om 17:00 aanbied.

Tasneem skryf Labarang Hajj en oek haa ee’ste musical Sisters before Misters, ’n opvolg oppie “How to make a musical” masterclass met David Kramer ennie Baxter Theatre in 2019.

’n Behind-the-scenes dialoog met die produksiespan van Barakat – family is a mouthful

Tasneem Daniels, Amy Jephta, Ephraim Gordon Film 2021-02-27

"Unfortunately wassie vrystelling van die film uitgestel weens die coronavirus regulations. Maa kyk uit Kaapstad, Barakat kom op 28 Mei 2021 na ôs toe, net kôt na Labarang – miskien issit ’n excuse om die familie bymekaar te bring en ’n extended Labarang te het byrie baiscope!" Tasneem Daniels gesels met die PaperJet Films-span, Amy Jephta en Ephraim Gordon.

Sê nou ôs lies stories vi ôs kinners tydens die pandemic?

Tasneem Daniels Menings 2021-01-08

"As usual is ek mos innerlik proud om meer Muslim coloured stories vannie Cape Flats te sien op ôs boekrakke, en ek’s evens happier dat ôs klein kinners kan van dit benefit! ... Ek kan nie genoeg sê hoe moeg ek is om stories soes Boet en Saartjie ... virrie kinners te leer nie – dis high time vir iets nuuts! Soe obviously hettie onderwyser in my baie excited geraak virrie launch van Faizel en die sterre, en ek hoep dat hierie boek baie vê na ôse communities gaan travel."

’n Reflection op Slave Emancipation Day 2020 – hoe reconcile ôs met ôse slawegeskiedenis?

Tasneem Daniels Menings 2020-12-01

"Om iemand met slawegeskiedenis te wies is ’n baie complex ding indeed."

Plant-based lifestyles – ’n nuwe trend of ’n solution to environmental health en well-being?

Tasneem Daniels Menings 2020-11-27

"Alhoe is ôs baie attached aan ôse potjiekos en braai en denning vleis (’n famous Malay dish) Sunday lunches moet ôs altyd ’n higher awareness maintain oo hoe ôs die environment en life of farm animals can maintain met beter lifestyle choices."

Hoe social media-literate is ôs tydens die fourth industrial revolution?

Tasneem Daniels Menings 2020-10-19

"Ôs behave met ôse phones soes Pavlov’s dog – die phone moet net beep dan react ôs!"

Hoe lyk die current climate vi Muslims wat hulle stories in showbiz ve’tel?

Tasneem Daniels Menings 2020-09-24

"Sal daai nie ’n cool contribution aan Heritage Day wies nie – om ’n storytelling paradigm shift of note te maak! Die Muslim storytelling world, ennie world at large, sal nooit wee dieselle wiesie."

Commemorating Women’s Day 2020: Hoe kan ôs tien period poverty baklei virrie benefit van vrouens en meisies in need?

Tasneem Daniels Menings 2020-08-07

"Het al die jong skoolmeisies ’n ma, of ’n ouma, of ’n suster byrie huis wat vi hulle kan advise oo menstrual care, en kan hulle sanitary pads en menstrual care products bekostig?"

#opdielug met Tasneem Daniels

Menán van Heerden, Robyn van de Rhede, Tasneem Daniels Onderhoude 2020-07-02

Robyn van de Rhede en Menán van Heerden gesels met Tasneem Daniels oor haar dramaproduksie Miela’s box. Hierdie Suidoosterfees-toneelstuk is onlangs op Radio 786 as radiodrama uitgesaai as deel van die Kunstekaap se 2020-New Voices-program, in samewerking met die Suidoosterfees, die Nasionale Afrikaanse Teater-inisiatief (NATi) en die Jakes Gerwel-stigting.

’n Reflection op Youth Day 2020

Tasneem Daniels Menings 2020-06-16

"Is ôse jong coloured stemme genoeg om structural racism te stop?"

Die koronaviruspandemie: ’n reflection van Ramadaan in lockdown

Tasneem Daniels Menings 2020-05-21

"Since baie mense innie general community swaar kry, en baie mense hulle inkomste veloor’t tydens die lockdown, issit ôse responsibility as ’n Muslim community om aan ammal te donate as ôs kan – irrespective van religious differences. Baie organisations en personal vrinne van my het hulle eie food drives begin."

Die coronavirus: Watte opportunities kom as gevolg van lockdown?

Tasneem Daniels Menings 2020-04-29

"Hoe change ôs as ’n economy innie post-coronavirus wêreld? Watte changes moet deurkom veral virrie homeless en mense innie townships en informal settlements? Hoe maak ôs die gap tussen ryk en arm kleiner? Hoe change ôs die health care system? Hoe moet ôse mindsets change om hierie changes te sustain?"

’n Kykie na die education system: Wat is die verband tussen ’n suksesvolle kind en ’n gesonde onderwyser?

Tasneem Daniels Skole 2020-03-16

"Baie min mense wiet eintlik hoe moeilik dit is innie klaskamer ... Agter ’n suksesvolle kind is ’n onderwyser wat baie hard gewerk’t en baie sacrifices gemaak’t, op ’n professional en op ’n personal level, vir daai kind. Hoeveel mee kinners kan ôs ammal support as ôs gesonde en gelukkige onderwysers het?"

Miela’s Box – ’n onderhoud met Tasneem Daniels

Cliffordene Norton, Tasneem Daniels Suidoosterfees 2020-02-25

"Dit het baie tyd gevat en ek dink ek moes certain discoveries oo my eie identities ee’ste maak voorat ek hierie toneel kon klaa skryf."

Hoe hettie lifestyle en cultural scene in Kaapstad ve’anner innie laaste 10 jare?

Tasneem Daniels Menings 2020-02-21

"Gone are the days wanner ’n mens moet honderde – ja, honderde! – rande spend op ’n aand uit innie CBD."

Delayering the doek – ’n intercultural symbol vir vrouens

Tasneem Daniels Menings 2020-02-03

"Dankie tog dat ek van Suid-Afrika is! Complain soveel as wat djy wil oor ôs democracy en ôse unresolved political issues, maarie feit is dat die geleentheid om in ’n democracy te liewe het eintlik vir my gesave – my Muslim identity gesave."

Top