Die koronaviruspandemie: ’n reflection van Ramadaan in lockdown

  • 0

Ammal wat innie Kaap is sal saamstem dat Ramadaan net official is wanner djy iets soet of savoury oppie tafel het agter ’n dag se pwaasa. Ek hou van pannekoek maak. Dis ’n leqqa fun en maklike dessert om te maak, en djy kan baie soorte fillings daarin sit. Ôs like om coconut en jam in ôse pancakes te sit, of vrugte en room as ôs ’n bietjie festive voel!

Die afgelope wieke het ek ’n bietjie down gevoel, veral op 1 Mei, die dag wanner Miela’s Box, my toneelstuk, by Suidoosterfees ennie Artscape Theatre sou plaasgevind’t (dit was postponed deurie koronaviruspandemie). Op daai dag het’k aanie clock gekyk: Dit was 17h10 ennie show sou 16h30 begin’t. Op hierie dag het’k pannekoek gebak, maar unfortunately wassit ’n bad batch. Die batter was te dik (ek’t selfraising flour gebruik in plaas van cake flour – ’n groot fout!) ennie pannekoeke het net “wrong” uitgekom. To put the cherry on top of my obviously disastrous attempt at cooking, die coconut filling was klaar en ek moes ’n plan maak ommie res vannie pannekoeke te vul. Dit was 20 minute voor Maghrieb, en ek’t desperately die fridge oepgemaak vi ’n last-minute solution – UltraMel custard!

Soes ek gesêrit: not my best attempt. Maar hierie ramp het my gemotivate om ’n datum oppie calendar te circle vi ’n pannekoek do-over. Die volgende wiek het’k ’n hele dag eenkant gesit sodat ek die pannekoeke kon kook mettie sabr en liefde (en ’n bietjie help van my niggie!) wat nodig is om ’n meal te prepare. Ek het vroeg innie mirrag begin en starig die regte ingredients bymekaar gesit: cake flour, melk, suike, eie’s, vanilla essence en ’n pinch of salt! Ôs hettie weer shops toe gegaan vi meer coconut nie (’n mens willie onnodig exposed wies aanie virus nie), toe gebruik ek cinnamon en suike ommie pannekoeke te vul, en dan het ek ’n bietjie honey daarop gegooi vir decoration! Bon appétit!

Pannekoeke met cinnamon-suike en honey (Foto: Tasneem Daniels)

Since ekkie theatre soveel gemis’t, het aunty Kariema, ’n karakter uit Nadia Davids se At her feet, by my opgekom (ek’t ’n review van hierie show op Cultsha Kennis in 2018 geskryf). Innie show het sy gesê: “If you cook with a smile on your face, the people eating your food will taste your happiness!” Baie tramakassie vir daai raad, aunty Kariema!

Besides pannekoek bak, het ek ’n anner lockdown obsession gevind: The Riviera op SABC 2. Hierie TV series is ’n briljante semi-autobiographical show geskep en ve’tel deur die Suid-Afrikaanse aktrise Quanita Adams – toevallig dieselle aktrise wat aunty Kariema gespeel’t! Een vannie episodes handel oor Labarang Hajji (Reza, die stoute seun innie show, sê “Labarang Gaatjie!”), of soes ôs sê innie Kaap, die twiede Labarang. Labarang Hajji is ’n Islamic celebration om die slaughtering vannie skapies te commemorate. In The Riviera het die familie innie show ’n skaap gekry en vi hom Zakie genoem! Die beste deel vannie episode was byrie Labarang-eettafel waar Nazeem vir sy suster, Amina, op haar plek sit toe sy slamat kô sê virrie familie met ’n hidden agenda!

Die titel van daai episode was “Eat, pray, love”, ’n perfect description van Ramadaan en (die ee’ste) Labarang in lockdown. Traditionally is Ramadaan en Labarang ’n tyd wanner ôs saam’t ôse familie en gemeenskappe wil wies. Ôs is gewoond om saam’t mekaa te Boeka en masiet gaan vi Trawie en saam’t mekaar Labarang te vier. Dis ’n groot sacrifice om sonner daai dinge te gaan tydens die lockdown restrictions. Maa dis oek ’n positive challenge ommie essence van Ramadaan en Labarang te practise, soes genoem innie titel van hierie episode – ôs moet die liefde tussen mekaar maintain terwyl ôs innie aan’e iet en bid, alhoewel is ôs net ’n paar mense rondom die tafel.

Cape Malay style sop is ’n must-have oppie Boeka-tafel (Foto: Tasneem Daniels)

Om charity te gie in Ramadaan is oek belangrik. Ôse deen lee vi ôs om Fitrah en Fidyah te betaal in Ramadaan aan mense wat oek pwaasa en in poverty bly. Maa since baie mense innie general community swaar kry, en baie mense hulle inkomste veloor’t tydens die lockdown, issit oek ôse responsibility as ’n Muslim community om aan ammal te donate as ôs kan – irrespective van religious differences. Baie organisations en personal vrinne van my het hulle eie food drives begin. Ek is bly en proud te sien dat social media communities oek die spirit van charity en ubuntu encourage. Daa was ’n #NoEidShopping post op Facebook wat vi mense encourage om hulle geld vir charity te gie in plaas van nuwe Labarang klere te koep (ôs kan elk geval nie in ôse Labarang-klere gesien wôtie!).

Baie Muslim public figures praat oo Ramadaan in lockdown op TV, film en media. Fatima Allie, ’n radio personality innie Kaap, het op Tussen ons (kykNET & Kie) gepraat oo hoe ôs empathetic vir arm mense raak in Ramadaan wanner djy sonner kos en drank gaan. Munier Parker, ’n filmmaker in Kaapstad, hettie stilte innie strate van Bo-Kaap baie mooi gecapture in ’n video mettie Athaan wat innie background speel. Yazeed Kamaldien, ’n filmmaker, fotograaf en joernalis, het ’n #MissingYouCapeTown online photography series op social media begin om die social impact vannie koronavirus te document. Yazeed het baie foto’s gevat oral innie stad, maa ’n baie hardhitting foto wassie een in Waalstraat, Bo-Kaap – ’n plek waarie Muslim-gemeenskap in Bo-Kaap altyd bymekaar kom vir ’n Street Boeka in Ramadaan. Onlangs het die Salt River Heritage Society ’n advert op social media uitgesit waa hulle die Muslim-gemeenskape invite om die takbir saam te maak op hulle voorstoepe op Labarang-dag – ’n beautiful expression van liefde en unity!

Uitnodiging deur Salt River Heritage Society

Ramadaan in lockdown: ’n Geleentheid om kontak weer te maak mettie Qur’an (Foto: Janine Stompies van Kaidisi Photography)

Ramadaan in lockdown: ’n Geleentheid om alleen te reflect (Foto: Janine Stompies van Kaidisi Photography)

Dit was ’n shock to the system om te discover hoeveel dinge gekanselleer was as gevolg vannie virus. Naturally is ôs social beings en ôs wil wêk, theatre, restaurante en public plekke toe gaan. Dit was oek baie interesting en humbling om te lee dat Ramadaan nie cancelled is nie, dat ôs nog altyd kan pwaasa. Dankie tog! Miskien gaan tyd, en hierie lockdown, nog vi ôs lee wat rêrag belangrik is, en teen die tyd dat die pandemie truly ve’by is, miskien sal ôse choices heeltemal anners wies.

Woordeskat

Ramadaan – ’n heilige jaarlikse periode vir Muslims wanneer hulle van sonop tot sononder vas

Pwaasa – ’n Kaap-Maleis/Indonesiese term vir “vas”

Maghrieb – Daaglikse sonondergebede

Sabr – Arabies vir “geduld”

Tramakassie – ’n Kaap-Maleis/Indonesiese woord vir “dankie”

Labarang Hajji (tweede Labarang) – ’n fees om die geval van die slag van die skape in die godsdienstige geskiedenis te vier. Hierdie gebeurtenis vind plaas op dieselfde tyd wanneer Muslims wêreldwyd Mekka besoek om Hajj op te voer. Ook bekend as Eid-ul-Adha in Arabies.

Labarang pwaasa (eerste Labarang) – ’n fees om die einde van Ramadaan te vier. Ook bekend as Eid-ul-fitr in Arabies.

Slamat – ’n Kaap-Maleis/Indonesiese woord vir “baie geluk”

Boeka – ’n plaaslike term wat verwys na aandmaaltye na ’n dag van vasting

Masiet – ’n Openbare plek waar Muslim-mense in die gemeente gaan bid

Trawie – ’n plaaslike term vir “taraweeg” in Arabies, wat verwys aan aandgebede tydens Ramadaan, waar Muslim-mense in die gemeente masiet toe gaan.

Fitrah – betaling gedurende Ramadaan gemaak om Muslims in staat gestel om te vas wat in armoede leef

Fidyah – betaling aan liefdadigheid gedurende Ramadaan deur Muslims wat weens siekte, swangerskap of borsvoeding nie kan vas nie

Athaan – Daaglikse oproep tot gebed, gewoonlik vanaf die preekstoel by die moskee

Takbir – ’n spesiale oproep tot gebed op die oggend van Labarang

Qur’an – Islamitiese godsdienstige teks

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top