Om te observe die worldwide effects vannie coronavirus pandemic oorie aflopende paa wieke was nogal interesting, en in ’n manier baie snaaks. Hierie virus het in ’n ko’t tyd die hele wêreld ge-infect en die course of life baie gou ge-alter. Net twie dae na die ee’ste coronavirus case in KwaZulu-Natal announced was in March 2020, was ek nog in Stellenbosch vi my laaste instalment van Woordfees en om my laaste paa shows te review vir Cultsha Kennis. Daai was omtrent, ek dink, die laaste keer wanner ôs innie Kaap kon leqqa relax en entertainment geniet voorie koronavirus die wêreld oo’geniem’t.
Die ding wat ek snaaks vind is, despite die feit dat hierie virus die potential het ommie wêreld heeltemal uit te wipe, is ôs nie baie gepla oo ôse gesondheid nie. Ôs is meer gepla oorie limitations van lockdown ennie feit dat ôs basically niks freedom het om innie wêreld te wiesie! Lockdown is soes ’n nuwe maatjie saam’t wie ôs geforce is om mee te speel, en ôs hou rêrag nié van hierie maatjie nie. Ôs willie ôse toys saam’t die maatjie deel nie. En as ôs ’n kans kry om uit die huis te wies om ’n loaf brood te koep, is ôs baie heppie om ’n break te vat van hierie maatjie!
Een van my Woordfees theatre reviews vir Cultsha Kennis was oo Hoe change hulle, ’n one-man show deur Marlo Minnaar. Die karakter wat hy gespeel’t, Sheldon, is innie tronk want hy was falsely accused van statutory rape. Die titel vannie show, ennie reflections wat Sheldon maak while hy in confinement is, was nie net relevant virrie theatre audience om te hoor nie, maa dit was oek ’n important vraag om oppie tafel te sit vi ôs while ôs in lockdown is. Hoe change ôs as ’n economy innie post-coronavirus wêreld? Watte changes moet deurkom veral virrie homeless en mense innie townships en informal settlements, die mense wat die meeste affected is deurie coronavirus want die socio-economic circumstances waarin hulle liewe allow nie vi social distancing nie! Hoe maak ôs die gap tussen ryk en arm kleiner? Hoe change ôs die health care system om seker te maak dat ammal equal opportunity het om gesond te raak as hulle siek is? Hoe moet ôse mindsets change om hierie changes te sustain? Kudos aanie skrywer vannie show, Veronique Jephtas, wat Sheldon se storie na die stage toe gebring’t, en virrie parallels wat ôs kan maak tussen sy storie en ôs s’n tydens hierie lockdown period.
Baie spiritual teachers sal sê dat hierie confined spaces, soes die tronk waar Sheldon is en ôse eie lockdown spaces, ’n groot breeding space vir spiritual en personal transition is. Hierie is waar vir ôs individually en as ’n land! Jou inner growth, ennie growth van ôse land en economy ennie lessons wat ôs moet oordra kan net duidelik wies as ôs prepared is om in een plek te sit om te reflect oo ôse strengths en swakpunte virrie way forward.
Die lockdown period is belangrik en nodig, nie net sodat ôs die spread vannie coronavirus kan contain, maa oek sodat ôs mentally, spiritually, physically en economically kan prepare vir hoe ôs wêreld gaan change. Innie meantime though, moet ôs leer om saam’t ôse nuwe lockdown maatjie in peace te liewe. Innie context van Freedom Day (27 April) in Suid-Afrika issit nodig om te reflect oo hoe ôs ôs freedom en liberty nie kan gebruik nie, en hoe ôs kan ôse innerlike freedom inspire. Daa is soe baie maniere om creative te wies while ôs in lockdown is, especially as djy ’n skrywer of ’n artist is. Ôs kan oek wêk op ôse mental en physical health: om gesond te iet en elke aand ’n volle agt uur slaap. Dis belangrik om ôse human machines te oil! Ôs sal hierie tyd nodig het sodat ôs die nuwe post-coronavirus changes kan successfully navigate wanner lockdown uiteindelik tot ’n einde kom!
Die maand van Ramadaan (en die afgelope Die Easter weekend) gie oek vir ôse religious communities ’n kans om ôse inner church en inner mosque te rediscover – ’n kans om alleen of met ôse familie te bid byrie huis – especially nou dat church en mosque gatherings ammal gecancel is.
Arundhati Roy, ’n skrywer van Indië, sê dat global pandemics force vir ôs om ôs toekoms te reimagine. Sy sê oek dattie virus kan ’n gateway wies aan ’n nuwe wêreld.
Elizabeth Gilbert, ’n beroemde Amerikaanse skrywer en thought leader, complement hierie statement met ’n interesting follow-up. Elizabeth remind vir ôs dat ôs moet trust innie evolutionary history vannie human species, ennie feit dat ôs die extraordinary ability het om te survive en adapt aan nuwe environments, oor en oor. Albei hierie skrywers encourage ôs om te onthou dat “the only constant is change” en dat ôs moet al ôse sensibilities gebruik om met hierie changes peacefully te move.



