……….
“Athraa en Ayesha het al twie proclaim dat ‘our womanhood often costs us our careers, education, safety and far too often even our lives’. Hulle gloe dat equality kannie bereik wôd nie unless daa genoeg awareness ee’s is oorie inequalities in ôse communities.”
……….
Is soe ha’tseer om te sien hoe baie mense nog sukkel innie lockdown. Nie ammal wat swaa kry hettie geleentheid om betaal te wôd deurie government se COVID-19 relief funds nie, en – as usual – ôse eie mense moet opstaan om ôse eie mense te help. Daa’s soe baie mense wat hulle eie charities en fundraisers hou om communities te feed. Een charity waa’mee ek baie impressed is at the moment is my vriend Athraa Fakier en haa sister Ayesha se Reusable Pad Drive vi girls in need in Driftsands, Mfuleni – ’n black township in Kaapstad.
Hierie drive het my oë oepgemaak – kan djy as ’n vrou imagine hoerit is om sonner sanitary pads te sit assit daai tyd vannie maand is? Ôs privileged vrouens varrit soe vi granted, nie net dat ôs ’n salary verdien om sanitary pads te afford, maa oek dat ôs net in Clicks kan loep en ôse baskets vol maak met pads en toiletries van ve’skillende brands en ranges.
According to the drive awareness poster wat Athraa en Ayesha uitgesit’t, baie vrouens bly uit die wêk uit en meisies bly uit die skool deur period poverty. Ek’t immediately gedink oo my vorige teaching days, ve’al as wanner ek Lewensorientering vi skoolkinners ge’teach’t. Puberty, sex education ennie sexual reproductive system wôd geleer vanaf graad 5 en 6 in primary skool. Hierie vakke is geleer in ’n baie intellectual manier wat skool learners force om detached te wies vannie practicality vannie situation. Ôs expect dat jong meisies van daai ouderdom die technical terms moet define in ’n skool exam paper – for three points explain what an ovary is, for ten points explain the menstrual cycle. Ôs pay niks attention annie realities van hierie meisies innie klaskamer: Voel hulle gesond genoeg om innie klas te wies? As hulle siek voel of energy ve’loo, het hulle medication vannie huis af? Het hulle pads hierie maand? Het hullle skoon onderklere, en ekstra klere as hulle deur hulle skool uniform bloei? Het al die jong skoolmeisies ’n ma, of ’n ouma, of ’n suster byrie huis wat vi hulle kan advise oo menstrual care, en kan hulle sanitary pads en menstrual care products bekostig?

Athraa and Ayesha’s pad drive – the socio-economic circumstances that young girls and women face in the townships.
Toe ek op skool was, hettie skooluniform-ding vi my baie frustrated gemaak. My high school principal was so strict dat ôs meisies nie evens ’n broek kan dra nie – ôs moet aire ’n skoolrok dra innie somer of ’n skirt innie winter. Dit is ve’al baie important om warm en gemaklik te bly wanneer djy op jou periods is, ve’al as djy period cramps het – obviously hettie skool principals en skool management teams nie aan jong menstruating meisies gedink wanner hulle daai “code of conduct” vir skooluniforms saamgesit hettie!
……….
“Hoe maklik issit vi ôs privileged vroumense om hierie inequalities te overlook want dit affect vi ôs nie?”
……….
As ek weer t’rug dink wanner ek die attendance list gemerk’t, maak’t sin hoekom elke twiede meisie vi drie of vier dae absent gewies’t – dit was deur period poverty. Ek dink dat dit oek die skool se responsibility is om menstrual care facilities en programmes te host om jong meisies se academic liewens maklik te maak wanner hulle op hulle periods is. Sick bays moet altyd available wies as ’n meisie wil vi ’n bietjie rus tydens haar period. Free sanitary pads – ten minste een pe dag – moet available wies vi meisies during school hours. En vi skole wat uniform checks doen, hulle moet seker maak dat die needs van menstruating meisies is provided for when doing these checks – hulle moet nie ve’niet net die meisies detention toe stuur as hulle nie die regte uniform aan’t nie.
Ek hou vannie poster se slogan: “Being a woman should not come at the expense of anything.” Athraa en Ayesha het al twie proclaim dat “our womanhood often costs us our careers, education, safety and far too often even our lives”. Hulle gloe dat equality kannie bereik wôd nie unless daa genoeg awareness ee’s is oorie inequalities in ôse communities. Die susters sê oek dat dit die responsibility is van non-black women of colour om te recognise dat ôs privileges het wat baie swat vrouens en meisies, ve’al wat innie townships bly, nie het nie – dis wat hulle ge’motivate om funds te raise en vir hierie meisies reusable pads to koep. Tot equality normal is, sê hulle, gaan hierie drives altyd nodig wies.
……….
“Al vrouens moet equal access het aan hierie opportunities, en dissie responsibility van privileged mense om deel te wies van equal opportunity distribution, soes innie example van hierie Reusable Pad Drive.”
……….
Athraa het oek ’n verse vannie Qu’ran gequote om haar motivation virrie drive te express: “Oh you who believe! Stand out firmly for justice, as witnesses to Allah, even if it be against yourselves, or your parents, or your kin, be he rich or poor. Allah is a Better Protector to both (than you)” (4:135). Hierie verse kom uit die Qur’anic chapter “An-Nisa” wat beteken “The women”. Athraa sê dat hierie verse gie direction vi haar liewe, ennit remind vi haa nie net dat ôs tien injustices moet baklei nie maa oek dat ôs moet promote wat reg is. Hierie verse sê oek dat daa niks gaps moet wies tussen rykes en armes nie. “We have a responsibility to contribute to social change in whichever way we can,” sê Athraa.
Ek is baie proud vir hierie twie susters te ken en van hulle te leer. Hoe maklik issit vi ôs privileged vroumense om hierie inequalities te overlook want dit affect vi ôs nie?

Foto: Canva.com
Hierie conversations oo privilege remind vi my oek aan ’n video op social media waar ’n facilitator vi jongmense leer dat as djy certain socio-economic privileges het, as djy ’n dak oo jou kop het, as jou ouers nie divorced issie, as jou familie nie opgebriek issie, is djy ahead of the race, en dan moet anners wat hierie privileges nie het nie, opcatch – ’n terrible reality om in te liewe! Is soe ’n simple concept, maar ek’t baie aan Ayesha se woore geluiste: “We understand that when a woman is given an opportunity, she’ll succeed.” Al vrouens moet equal access het aan hierie opportunities, en dissie responsibility van privileged mense om deel te wies van equal opportunity distribution, soes innie example van hierie Reusable Pad Drive.
Dis omtrent 11 jare since ek my matric klaa gemaak’t. Ek dink nou aan daai tye wanneer ôs meisies, as skoolkinners, vi mekaa ’n pad vra assit daai tyd vannie maand is en ôs het ôse sanitary pads byrie huis ve’giet. Dan kryp-kryp ôs met ôse hanne in ôse sakke, onner die tafels om sieke te maak dat ôse meneers of juffrous nie vir ôs sien nie, asof ôs ashamed moet wies dat ôs menstruating meisies is en dat ôs mekaa moet help! Is ’n comforting feeling om te wiet dat ôs altyd op ôse sisterhoods at a bad time kan rely – maar hoe lyk daai reality vi swat meisies op skool wat nie het nie? Hoe lyk daai sisterhood circles in sukke scenario’s? Is soe ironic op ’n anne manier hoeveel suffering is associated met menstruation en hoe “poverty” met “periods” associated kan wies. Die menstrual cycle is deel vannie reproductive cycle – to give birth and give life. In reflection van Women’s Day dink ek dat vrouens en jong meisies eintlik die ultimate alchemists is – ôs wiet hoe om pyn tot power te bring. Somehow despite hierie inequalities, en despite hoe duur sanitary pads kan wies vi ammal van ôs, ôs vind ’n manier om te thrive despite the odds – en daai is cause for celebration op Women’s Day!

