My ee’ste experience moet vegetarianism was wanner ek in South Korea in 2016 gewoon’t. Daa was niks halaal vleis in my immediate hometown nie, en om vleis specially te order vannie Muslim halaal markets innie main cities was duur en ’n klom admin – toe besluit ek om sonner vleis te gaan tydens my verblyf in Korea. Of course het’k nie 100% vegetarian gedraai nie. Ek het vis en veggies byrie supermarket gekoep – in short was ek eintlik ’n pescatarian.
Dit was nogal ’n brave decision on ’n pescatarian in Korea te wies, ’n land wat baie van varkvleis hou – boe-op die feit dat dit oek haram innie Islamic geloof is om varkvleis te iet. In Korea het neither die locals of die expats die concept van halaal ve’staan (daa is net ’n paa duisend Muslim locals in Korea), toe was dit makliker om net as pescatarian of vegetarian te identify. Maa daai het glad nie vi my teruggehou nie! Ek het ’n ball of a time gehad in my skool se lunchtime cafeteria. Alhoe was varkvleis altyd oppie menu, hulle het oek ’n leqqa variety van groente gehad – kimchi (fermented cabbage) en gotchujang (amper soes chutney met ’n klom sout en chillies). Die Korean style van rys kook was oek interesting – daa was altyd ’n smaaklike aroma en interesting colouring added aanie rys. My favourite wassie gotchujang met rys in ’n lettuce wrap – mas-issge deuseyo, of soes ôs innie Kaap sê, bismillah maa leqqa!
Op elke alternative weekend, wanner ek rêrag lus was vi vleis, het ek ’n bus Seoel toe gevat, die capital city of Korea. Ek het ’n hele trop Muslim markets in Itaewon, the foreigners’ hub of Korea, gevind – verskillende kos- en klerewinkels van Turkey, Germany, India, Pakistan en Bangladesh! Die Arab restaurant het die lekke’ste lamb breyani gehad – ’n relief om ’n bietjie spicy vleis te iet! Maa na ’n paa maande het ek actually gewoond geraak om nie elke kee Seoel toe gehardloep nie, en ek’t actually geniet and in fact prefer om in my stil Korean town te woon en my vegetarian/pescatarian kos geïet. In Februarie 2017 was ek weer terug innie Kaap, toe het my ma denning vleis (’n famous Malay dish) gemaak vi my ees’te Sondag lunch byrie huis – en to my surprise kon ek dittie geniet nie, want ek’t gewoond geraak om sonder vleis te gaan vi ’n hele jaar.
Since daai tyd het my oë actually oep gemaak wôd oo ôse meat dependencies as ’n society, ennie feit dat ôs kan lee hoe om sonder vleis te liewe as ôs wil. Vegetarianism het oek ’n global trend geraak, en baie corporations, soes Pro-Veg International, doen baie wêk om mense te educate oo animal consumption en hoe living ’n plant-based lifestyle kan eintlik ôse diere protect en preserve. Nie ’n bad reason om vegetarianism ’n full-time lifestyle te maak! Food chain outlets soes KFC, Nando’s en Ocean Basket develop oek ’n interesting vegetarian en vegan menu nowadays, soes vegan burgers, veggie platters en halloumi (kaas) en roast veg wraps en pitas. Dis baie refreshing om te sien the rising awareness van hierie outlets om verskillende diet preferences te accommodate. Pro-Veg International host oek vegetarian-friendly braai events virrie public op Heritage Day (24 September), wat vi my baie interesting is, want kos kan ’n universal language wies, en Heritage Day wat nou Braai Day, is comment directly oppie feit dat baie van ôse South African communities hou van vleis, en dat ôs ’n meat-loving culture is.
Hierie dietary lifestlyes is oek baie prevalent in faith-based en cultural communities. In progressive Islamic movements is daa ’n rising awareness van Halaal Wa Taybah, ’n concept wat address die feit dat alhoe is die consumption van sekere diere (hoenders, skape) allowed, moet ôs net vleis koop van suppliers wat explicitly wys dat hulle nie die diere exploit nie – dit is oek actually een vannie vision en missions van Pro-Veg International.
Die Muslim congregation by die Jumuah Mosque (Orange Street, Kaapstad) verkoep altyd gesonde veggie food en beverages elke Vrydag byrie masiet, en hulle bid op carpets wat met non-animal fibre gemaak is. ’n Paar jare geliede het ek oek geleer deur ’n imam in Kaapstad dat Muhammad (pbuh), die groot Prophet of Islam, het net vleis ge’iet wanner hy uitgenooi was na ’n banquet, en die res vannie tyd het hy op veggies en grains (lentils, wheats) geliewe. Dit kan ek gloe, want daa is oek ’n link tussen vegetarianism of plant-based lifestyles in Eastern history. In Korea was daa baie Buddhist tempels wat temple-stays vi foreigners gehost het, waa djy vir ’n hele weekend saam mettie congregants kan meditate en vegetarian kos iet. Ek het in baie Western accounts, soes Eat pray love, gelies dat jou meditation experience can be negatively affected as djy nie jou diet oppas nie, en meditation masters encourage mense om plant-based food te iet om hulle meditation experience stêk te maak. Een van my Hindoe-vrinne het oek vi my gesê dat devout Hindu communities iet nie vleis voordat hulle tempel toegaan nie, en baie vannie Hindu fasting practices disincludes die consumption van animal products.
Alhoe is vegetarianism, veganism of pescatarianism nie ammal se cup of tea nie, ek dink at the very least dat plant-based lifestyles ’n good idea is as ’n solution to lifestyle illnesses soes diabetes, cholesterol en high blood pressure, ennit kan oek ’n solution wies vir siektes soes obesity en hoe om stress-induced illnesses te moderate. Alhoe is ôs baie attached aan ôse potjiekos en braai en denning vleis Sunday lunches moet ôs altyd ’n higher awareness maintain oo hoe ôs die environment en life of farm animals can maintain met beter lifestyle choices. Die capitalist value system moet baie gou accountable wôd – wat sal met ôs as ’n civilisation gebeur as ôs heeltemal die value van ôse relationship met ôse environment, en ôseself in relation to the environment, verloor?
Woordeskat
- Muslim – iemand wat Islam beoefen
- Halaal – iets wat wettig is in Islam; verwys ook na iets wat heilsaam en gesond is
- Haram – iets wat onwettig is in Islam; verwys ook na iets wat onheilsaam en ongesond is
- Taybah – ’n Arabiese term wat “suiwer” of “goed” beteken
- Bismillah maar leqqa – ’n Kaapse frase wat beteken dat jy moet jou kos geniet
- Mas-issge deuseyo – Korean vir “geniet jou ete”
- Masiet – ’n plek van aanbidding vir Muslims
- Imam – ’n Muslim godsdienstige leier
Lees verder
- https://www.kfc.co.uk/vegan
- https://www.tametimes.co.za/how-did-heritage-day-become-braai-day
- https://proveg.com
- https://www.hawauk-online.com/?fbclid=IwAR2I0Jbj2vd4ZEA5xd7I-kEKrBPPncBbtr2Cte1fAXE8OUNhsJXbu72Ybw4
- https://www.hawauk-online.com/articles/from-farm-to-fork-what-makes-our-food-halal-and-tayyib

