Hoe lyk die current climate vi Muslims wat hulle stories in showbiz ve’tel?

  • 1

Recently het my vriend vi my die show Smash geintroduce – ’n show geskep deur Theresa Rebeck. ’It gaan oo ’n fictional theatre community in New York City wat besig is om te rehearse vi ’n musical wat gaan oor Marilyn Monroe. Of course, as ’n crazy musical theatre fan het’k immediately interest innie show gevat – die song list ennie story was brilliant! Die creator vannie show het ’n baie slim manier om Marilyn Monroe die main theme vannie show te maak en interest te skep in hierie vrou van ’n audience perspective. Na ek die hele series gekyk’t, het’k besluit om ’n bietjie research te doen oo Marilyn self, en ek’t baie interesting dinge discover. Sy was ’n phenomenal woman of her time. Sy het baie norms oo vroue en vroue se sexuality gechallenge deur haa public image innie film industry. Die Smash song, “Twentieth Century Fox mambo”, ve’tel vi ons hoe Marilyn Monroe die film industries altyd gechallenge het om haa te hire om in films te speel met stories wat sy – nie hulle nie – wou ve’tel.

Ek’t oek geleer dat sy drie keer getroud was – twie van haa mans was Joe DiMaggio (Simon & Garfunkel het oo hom in Mrs Robinson, gesing!), ’n famous baseball player, en Arthur Miller, die famous playwright wat Death of a salesman geskryf’t. In my student years by UWC het’k al sy wêk gestudy in my English literature course.

Maa ek’t bietjie dieper gedink. Obviously is ek baie in love met ammal hierie stories, en Smash het omtrent daai void virrie theatre gefill tydens die lockdown. Maa daa’s nog altyd ’n disconnect tussen die famous stories out there ennie stories wat ek skryf. My stories, my eie original stories, gaanie oo Marilyn Monroe of New York City nie (although dis my groot droom om daai city te visit!). En al is ek ’n playwright net soes Arthur Miller, die ve’skil tussen sy stories en myne is baie groot.

Eventually het ek gerealise hoeveel ôse Muslim-skrywers conform aanie showbiz norms om ôse stories te ve’tel oppie stage en screen. Ôse point of reference bly whatever Hollywood is doing, ennit voel vi my these days soes ’n outside-in thing – die external stimuli wôd gebruik om innerlike stories te inspire – en dan gebruik ôsie formula van Western developments om ôse eie narratives te skep te’wyl die Muslim identity nie ee’s ’n Western derivative is nie! Die meeste van ôse traditions kom vannie East, ve’al ôse Muslims innie Kaap wat Malay of Indian roots het.

Nowadays is adaptations oek die trend as ôs ’n alternative cultural understanding tussen story worlds wil skep. Die Bollywood industry is baie famous om daai style te use, en ek moet sê hulle doen dit quite goed en in soe ’n manier dat dit educate die Western world oo die Indian culture. Bride and Prejudice, ’n Bollywood interpretation vannie Jane Austen novel Pride en Prejudice, is in ’n baie slim manier geskryf oo ’n Indian vrou (gespeel deur Aishwarya Rai) wat ’n love story met ’n American man het. In fact, die outcomes van hierie exchange tussen India ennie USA het baie mee positives geskep aside van die expansion van showbiz. Dit het oek gelei tot ’n general worldly exchange tussen East en West. Eat pray love, die Julia Roberts-film based oppie memoir deur Elizabeth Gilbert, het oek ’n groot revolution of groot awareness innie wêreld oo Eastern philosophies geskep. Suddenly vind djy baie mense wat in India interested is, en ammal wil nou lee oo meditation en yoga of hulle wil ’n tempel of ’n Ashram experience hê.

Priyanka Chopra, Indian-born actress in Hollywood wat met Nick Jonas getroud is, is oek ’n example van hierie worldwide exchange. Die EFL (English as Foreign Language) industry is miskien die grootse result van hoe die global society benefit van ’n exchange tussen die East en West – baie Asian countries soes South Korea en Thailand hire Engels-onde’wysers van Suid-Afrika, USA, UK, Australia en Canada om hulle kinners Engels te leer.

Evens in Joe Barber, die popular Cape Flats stage show deur David Isaacs en Oscar Petersen, quote hulle Shakespeare se Macbeth. Soe ja, ek wiet daar is baie different ways in which ôs alternative cultural narratives kan produce, maarit maak my nog altyd mal. As ’n Muslim skrywer myself, wie se traditions nie vannie West is nie, voelit asof ek myself altyd moet translate – want om my story net soe te ve’tel, sal niemand innie general audience vi my ve’staan nie. Ek soek anner storytelling role models nou, want ek is moeg van Hollywood en anner Western models wat hierie storytelling trends set.

Luckily woon ek innie 21st century waa daa baie role models is in my eie land, en hulle maak groot waves in showbiz! Die film Barakat, deur Amy Jeptha en Ephraim Gordon, gaan in 2021 uitkom, een vannie ee’ste Afrikaans Muslim-films in Suid Afrika. Recently het Ghoema Productions in Kaapstad gelaunch saam’t Muneel Jacobs, Abdurahmaan Adams, Khalil Kathrada en Zieyaad Hattas – en al hoe exist hulle nie net vir Muslim outreach nie, is ek baie proud dat ôs Muslim artists opstaan en waves maak.

Dan is daa oek Riyaad Moosa, ’n Muslim actor en comedian wat oek sy stories ve’tel (sy film Material trend omtrent op Netflix!); Irshaad Ally innie film Four corners; Mehboob Bawa van Razia Bawa Productions wat oek Bhai’s Café produce’t; en Quanita Adams wat recently haa show The Riviera op SABC 2 gespeel’t. Ammal hierie proudly South African names en faces skep ’n positive atmosphere en hulle pave’ie way vi my om my play, Miela’s Box, annie gemeenskap te introduce. Dankie aanie Suidoosterfees – NATi Jong Sterre Projek, die Artscape Theatre ennie Jakes Gerwel Foundation gaan Miela’s Box finally in November 2020 laat debuteer!

Miela's Box, deur Tasneem Daniels, sal in November 2020 debuteer – more details to come!

Although is ek proud as hell om hierie above-mentioned mense te ken en even opportunities te kry om saam’t hulle te wêk, is storytelling oorie Muslim community far from the norm en ôs het nog baie wêk om te doen om ôse Muslim voices loud en proud te maak. Daa’s te veel Islamic ignorance innie wêreld, te veel Islamophobia, te veel untruths wat oo Islam gaan. Even though ôse Muslim community in Kaapstad relatively lucky is om in ’n democratic country te woon waa daai tipe extremism nie allowed is nie, is daa nog altyd baie filters through which Muslim stories deur val, too many unspoken en unfeatured layers to the Muslim existence. Ek’s baie interested om te reveal, using the medium of storytelling, wat die Muslim experience is beyond the stereotypes – daa is soe baie positively complex associations wat binne innie Muslim experience is!

Is oek important, ek realise, dat ôs nie net ôse stories moet ve’tel nie, maa dat ôs aware is vannie genres of stories waa’van ôs gebruik maak. En daai’s eintlik wattie moral vannie storie is. Ôs moet vi ôse self permission gie om ôse eie storytelling genres en styles te gebruik, for example, om te wêk van ’n alternative point of reference as djy ’n Muslim romance story wil ve’tel – dit hoefie soes ’n Cameron Diaz romcom te lyk nie! Weer, I must hand it to the Bollywood industry – hulle wiet omtrent hoe vi ôs ’n regte love story te ve’tel wat cultural specific is aanie Indian communities. Enige iemand wat Kabi Kushi Kabi Gam of Kuch Kuch Hota Hai gewatchit sal saam met my stem. Sal daai nie ’n cool contribution aan Heritage Day wies nie – om ’n storytelling paradigm shift of note te maak! Die Muslim storytelling world, ennie world at large, sal nooit wee dieselle wiesie.

Lees meer oor Miela's Box:

Miela’s Box – ’n onderhoud met Tasneem Daniels

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top