Miela’s Box – ’n onderhoud met Tasneem Daniels

  • 0

..........

“Ek dink ek sal nog baie meer stories skryf oorie Muslim-vrou se experience, want dis ’n theme wat baie tyd en aandag deserve oppie verhoog.”

..........

Tasneem Daniels se eerste teaterstuk, Miela’s Box, word by die 2020 Suidoosterfees (27 April–3 Mei 2020) opgevoer. Sy gesels met Cliffordene Norton oor haar skryfproses, inspirasie agter die teaterstuk en waaraan sy tans werk.

Tasneem Daniels loer deur die Suidoosterfees 2020-program (Foto: Cliffordene Norton)

Tasneem, baie geluk met jou eerste teaterstuk. Miela’s Box word vanjaar by die Suidoosterfees opgevoer. Vertel asseblief meer oor die stuk – waaroor gaan dit? 

Baie dankie virrie acknowledgement, Cliffordene! Miela’s Box is ’n play wat gaan oor die Hendricks-familie innie Kaap wat baklei oo house ownership nadat die pa innie familie gemeningal het (oorlede is). Die play praat baie oo family legacy en lewenslank ve’houdings wat ve’anner deur family inheritance.

..........

Hier is ’n opsomming vannie play oppie Computicket website, en oek waar mense kan kaartjies koep!

Daar is drama in die huishouding van die Hendrickse van Woodstock. Miela, Salie en sy swanger vrou Baby stry oor wie die familiehuis moet erf. Baby en Salie het planne om die huis op te knap vir hul nageslag, maar Miela, die eintlike eienaar, klou vas aan nostalgiese herinneringe. ’n Eg-Kaapse drama wat feesgangers sal meevoer.

..........

Vertel asseblief meer oor die karakters in die stuk en die akteurs wat die rolle vertolk.

Daar is drie mense innie storie: Miela, Salie en Baby. Hierie karakters gaan gespeel wôd deur Zenobia Kloppers, Gary Naidoo en Liandé Valentyn. Ek’s soe opgewonde om hierie cast te het en ek gloe, saam mettie hulp vannie show se director, Rafiek Mammon, hulle sal ’n more-than-awesome job doen om hierie storie oppie verhoog te ve’tel.

Tasneem Daniels en Gary Naidoo. Gary sallie rol van Salie Hendericks speel in Miela’s Box. (Foto: verskaf)

Wat het jou geïnspireer om hierdie toneelstuk te skryf?

Ek het Miela’s Box ee’ste in 2012 begin skryf, ’n paar maane voo my 21st birthday party. Since daai ouderdom het ek baie gereflect op warrit bedoel om ’n jong Muslim-vrou vannie Kaap te wies. Of course wanne ôs jonk is kyk ôs ee’ste na die vrouens in ôs huisies en communities – Miela is ’n representation van baie Malay Muslim-vrouens in Kaapstad. Ek het baie gekyk, en baie frustrated geraak oorie way hulle praat en lag en uitskel met mekaar, hoe hulle aantrek en doek dra en hoe hulle kos maak.

..........

“Die karakters is nie ’n tweeling vannie skrywer nie, en hulle moet hulle eie authentic voice at all times het.”

..........

Ek het oek interesting gevind hoe hulle vir jong vrouens soes ek advice gie (en hoe hulle nie hulle eie advice gebruik nie as ôs uit die kamer is!), hoe hulle met conflict deal ennie example wat hulle vir ôs jong vrouens voorsit. As iets soe baie vir my omkrap, wiet ek dat ek moet oo daai ding skryf.

Of course moes ek vir Miela lee ken innie context van haa familie en haa storie. En dan moes ek die anner twie karakters – Salie en Baby – hulle eie stem oek gie. Dit het baie tyd gevat en ek dink ek moes certain discoveries oo my eie identities ee’ste maak voorat ek hierie toneel kon klaa skryf.

Wat was die grootste struikelblokke en/of hoogtepunte wat jy ervaar het tydens die skryf van hierdie werk?

’n Groot struikelblok was ommie play klaa te skryf. Ek het nie baie experience innie craft van playwriting nie. Ek het nie ’n dramagraad klaargemaak nie, en my journalist en creative writing training het my net soe ver gevat. Oorie jare het ek baie toneels byrie Baxter Theatre gekyk om self te leer oor drama skryf, en om drama in action te sien.

Foto: Cliffordene Norton

Om gementor te word deur Amy Jephta en Rafiek Mammon deur Suidoosterfees ennie Jakes Gerwel Foundation wassie perfect solution om Miela’s Box te develop – daai sal ek sê wassie grootse hoogtepunt!

Neem ons deur die skryfproses van ’n toneelstuk.

Actually issit ’n klom dinkwêk voorat dit skryfwêk wôd. Meeste vannie tyd pla ’n idee vi jou, dan eendag besluit djy om aan daai ding te surrender en aan dit te luister. Djy skryf nie omdat djy alles ken oorie karakters – djy skryf sodat djy oor hulle kan leer.

Is oek belangrik om te identify wanne dit die karakters is wat praat en wanne dit die skrywer is wat praat. Die karakters is nie ’n tweeling vannie skrywer nie, en hulle moet hulle eie authentic voice at all times het. Om spanning op te bou en om ’n suksesvolle conflict storie te develop in ’n toneelstuk is oek belangrik.

Jy is ’n wenner van die NATi Jong Sterre Projek. Hoe het jy van die projek te hore gekom?

’n Baie goeie vriend van my, Ahneesh Valodia, issie founder van sy eie Bollywood-dansgroep, Taare (ek’t hulle foto gebruik in my latest LitNet-a’tikel). Hulle het in twie Suidoosterfees-programme deelgeniem.

By daai tyd het my theatre blog, Cultsha Kennis, baie bekend geraak innie theatre world, veral met Suidoosterfees. Dit het vir my baie bly gemaak om my blog te sien groei, maa ek’t oek gevoel asof ek net oor anner mense se theatre produksies skryf, en ek maak niks progress moet my eie toneelstukke nie.

Toe eendag in July 2019 het Ahneesh ’n e-pos van Suidoosterfees gekry oorie NATi Jong Sterre-program ennit vir my gestuur, ennie rest is history! Ek’t in June 2019 die “How to make a musical” masterclass course met David Kramer ennie Baxter Theatre klaa gemaak, toe wassie Jong Sterre-program die perfect next step gewies in my development as ’n playwright.

Wat is volgende vir jou? Werk jy aan ’n nuwe teaterstuk?

Ek wil graag ’n loopbaan opbou in playwriting en screenwriting. Ek dink ek sal nog baie meer stories skryf oorie Muslim-vrou se experience, want dis ’n theme wat baie tyd en aandag deserve oppie verhoog. Ek het twie dramas wat ek moet klaar skryf, een wat gaan oor Sameda Van De Kaap, ’n Maleier-Indonesiese Muslim-vrou wat in colonial Kaapstad gewoon’t, ennie Palm Tree Masiet in Lang Straat Kaapstad begin het.

Musiek is oek my groot liefde, en ek droem altyd oo hoe ek wil gebruik die knowledge wat David Kramer vir ôs geleer’t. Ek stel baie belang in ôs Malay Choir en Kaapse Klopse traditions, en ek dink oor hoe dit ’n genre kan wies in musical theatre – ’n kreatiewe manier om ôs Kaapse stories in ’n anner manier te ve’tel.

Lees ook 

Fotogalery: Suidoosterfees 2020-programbekendstelling

Die fees wat waai(b)! Die 2020-Suidoosterfeesprogram beloof ’n fees-ervaring uit die boonste rakke

Luister ook

Jong dramaturge gesels oor Jakes Gerwel Skrywersresidensie

Jong dramaturge gesels oor Jakes Gerwel Skrywersresidensie II

Jong dramaturge gesels oor Jakes Gerwel Skrywersresidensie III

Jong dramaturge gesels oor Jakes Gerwel Skrywersresidensie IV

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top