Suidoosterfees
ATKV Kinder- en Jeugteater by Suidoosterfees 2026: Spoke deur CJ Langenhoven – terugvoer deur twee tienertoeskouers
2026-05-28Waarom lewende teater? "Jy het nie ’n kamera wat vir jou besluit waar jy moet kyk nie; jy besluit self. ... Jy is daar." ... "Wanneer ’n mens ’n toneelspel kyk en lewende teater beleef, is dit soos wanneer jy verlore raak in ’n boek. Dit is ’n heeltemal ander wêreld wat jou intrek ... Ek glo dit is die doel van teater."
Oorsig ‒ Jakes Gerwel-gesprek (Suidoosterfees 2026): Munisipale verkiesing 2026 – waarvoor maak Suid-Afrikaners hul stem dik?
2026-05-20"Wanneer mense nie meer glo hul stem maak ’n verskil nie, ontstaan die gevaar dat protesaksie en populisme die plek van deelname inneem. Dit is waarskynlik die grootste uitdaging vir 4 November. Nie net om stemme te wen nie, maar om mense weer te laat glo dat stemme saak maak."
Oorsig ‒ Jakes Gerwel-gesprek (Suidoosterfees 2026): Afrikaanse radio: Op pad na uitsterwing of ’n nuwe bloeityd?
2026-05-20"[I]n ’n era van Spotify, TikTok en kunsmatige intelligensie is dit nie meer vanselfsprekend dat jongmense nog soggens hul radio aanskakel nie."
Oorsig ‒ Jakes Gerwel-gesprek (Suidoosterfees 2026): Adam Small, die Nico Malan en die lang pad huis toe
2026-05-20"Soos Small self dalk sou sê: Die storie is nog nie klaar nie. Maar vir nou, al is dit net vir ’n oomblik, het Kanna huis toe gekom."
Suidoosterfees 2026: ’n oorsig
2026-05-13"Die fees was ’n smorgasbord van diverse en opwindende aanbiedings. Die produksies weerspieël die polsslag van ons kontemporêre samelewing – van rou hartseer en historiese pyn tot die loutere plesier van saamlag en nostalgie."
Oorsig ‒ Jakes Gerwel-gesprek (Suidoosterfees 2026): Wie volg Cyril Ramaphosa op en wie trek die toutjies?
2026-05-12"Gert van der Westhuizen het dié sentiment op die tafel geplaas deur te sê dat daar altyd die hoop by mense is dat iemand soos ’n Mandela-figuur sal opstaan en keer dat die land brand. Maar die paneel was skepties oor hierdie idee. Die werklikheid van koalisiepolitiek en gefragmenteerde steun beteken dat geen enkele leier meer absolute mag of invloed kan hê nie."
Suidoosterfees 2026: Hettema ontbloot – digters, divas en ’n titsel Parys
2026-05-07"Wat my bybly, is haar eerlikheid en aandagtigheid wat die gehoor onwillekeurig meevoer."
Komvandaan: Waar die natuur jou naam onthou, Suidoosterfees 2026
2026-05-07Dominique Botha het op 30 April 2026 die Suidoosterfees se kunsuitstalling geopen. Die tema van die fees se kunsprogram vanjaar was Komvandaan: Waar die natuur jou naam onthou. Carin Bester is die fees se kunskurator.
Suidoosterfees 2026: Moslemafrikaans gevier in Ek en jy, tot laat toe
2026-05-05"Gebruik ons dus die stuk, so netjies gedoen in Moslemafrikaans, as ’n leë raam waarin ons, as die gehoor, moet kyk, word die vrae ook aan ons gevra: Sien jy dalk jouself in die raam? Is dit nodig dat jy en jou onsigbare selfbeeld mekaar tot laat toe in die oë kyk?"
Suidoosterfees: ’n resensie van Wat om te doen as die wêreld brand
2026-05-04"Daar is ’n oomblik wanneer die orakel oor die saggeaarde mense in die samelewing praat – die kunstenaars, die skrywers, die mense wat aan ander gee. Sy beklemtoon die feit dat mens eers aan jouself moet gee."
Suidoosterfees 2026 press release: Writing workshop at Iziko Slave Lodge
2026-04-30Saturday’s workshop is aimed at getting the public to write in their mother tongue. The outcome will determine whether another anthology can be published, as was done in 2025.
Suidoosterfees 2026: No place like home – ’n musikale viering van Kaapstad by Suidoosterfees
2026-04-30"Hoe klink huis? Die gehuil van die Suidooster, die gebederoep teen sononder, ghoemaritmes wat deur die strate rol, of branders wat op Blouberg se strand breek? No place like home is ’n kragtige musiekteaterervaring wat Kaapstad vier – ’n stad wat in ons harte ingeëts is." Maryke Roberts gesels met Jody Abrahams en Loukmaan Adams oor die produksie by die Suidoosterfees.
Suidoosterfees 2026: Veelsydige Dean John Smith wys sy slag voor kamera en op verhoog
2026-04-29"Feeste is belangrik omdat dit die platform skep vir gesprekke om aangemoedig te word wat andersins moeilik is om in die alledaagse lewe te hê. Dit is ook ’n wonderlike plek om ’n gehoor te kweek tussen die verskillende kunsvorme. Iemand kom dalk vir ’n dans show en loop dan verby ’n musiek show of kuns wat die aandag gryp. En net so word nog ’n kunsliefhebber gebore."
Suidoosterfees 2026: Jakobregop – onderhoude met die regisseur en akteurs
2026-04-29"Verwag die onverwagte in hierdie toneelstuk. Ondeunde humor sal daardie maagspiere laat kramp. Die karakters is oordrewe en heeltemal bisar, wat weer die menslike psige weerspieël."
Suidoosterfees 2026: Gesprekke oor Eugene, die teaterproduksie
2026-04-29Christiaan J de Swardt gesels met Kirby van der Merwe (skrywer), Saartjie Botha (dramaturg) en Nico Scheepers (regisseur) en volg die gebeure: die begin, die middel en die einde.
Wenke om vanjaar se Suidoosterfees die lekkerste nóg te maak
2026-04-28Die fees se gratis pendeldiens is vanjaar se hoogtepunt van gerief. Die diens vervoer feesgangers tussen verskillende venues op die feesterrein, sodat jy moeiteloos van een vertoning na die volgende kan beweeg sonder om oor parkering of afstande te bekommer.
Iziko Museums extend the Suidoosterfees experience with enriching cultural offerings
2026-04-28The Suidoosterfees 2026 expands beyond the stage with a rich programme of cultural offerings at Iziko Museums, creating the opportunity for festivalgoers to explore art, history, science and storytelling between performances. From 29 April to 3 May, six Iziko venues across Cape Town open their doors with a diverse array of activities that deepen the festival’s theme Home by inviting audiences to discover where heritage, creativity and belonging intersect.
Suidoosterfees 2026: Wenproduksie bring klassieke volksverhaal as spookagtige besinning oor erfenis na Suidoosterfees
2026-04-27Die Suidoosterfees 2026 kry ’n fassinerende dimensie met die aankondiging van hierdie jaar se Zabalaza-wenproduksie, Kinnes van Somers, wat as deel van die ATKV Kinder- en Jeugteaterprogram opgevoer word.
Suidoosterfees 2026: ’n onderhoud met Gerrie Lemmer
2026-04-24"Om vanjaar by die Suidoosterfees en die Woordfees se kinder- en jeugteaterproduksies betrokke te wees, glo die ATKV dat dit geleentheid tot grenslose gehoorontwikkeling, talentontginning en die volhoubare daarstelling van ’n goeie industrie in die kunste sal skep."
Suidoosterfees 2026: ’n onderhoud met Jana Hattingh
2026-04-24"Daar is absoluut geen groter bevrediging as om te sien hoe feesgangers hulleself geniet nie. Ons gehore is uniek en jy kry hulle eenvoudig nêrens anders nie. Om jong kunstenaars te sien terwyl hulle hul eerste professionele treë by die Suidoosterfees gee, vul my met inspirasie, want ’n jaar of twee later sien jy hulle op TV, of kom hulle terug fees toe as volwaardige, professionele kunstenaars."
