Suidoosterfees
Suidoosterfees: Komedie bied tuiste vir eg Kaapse lag uit die maag
2026-04-22Van 1 tot 3 Mei 2026 bring die Cape Town Comedy Club (CTCC) en die Suidoosterfees ’n vrolike, grensverskuiwende viering van stand-up-komedie as kultuur, kuns en suiwer plesier.
Dans op die Suidoosterfees: Kom tuis in die ritme en beweging van gedeelde verhale
2026-04-22Soos die legendariese choreograaf Gregory Maqoma opmerk, is dans meer as net beweging; dit is die "storie van waar ’n mens vandaan kom". Deur elke vertoning word gehore uitgenooi om hul eie sin van behoort en tuiskoms in die ritme van ons gedeelde verhale te vind. Ses uiteenlopende danswerke bring stories van identiteit, gemeenskap en veerkragtigheid deur die lens van choreografie na die verhoog.
Suidoosterfees se ATKV Kinder- en Jeugteater: Waar talentvolle jong stemme ’n tuiste vind
2026-04-22Van klassieke hervertellings tot eksperimentele nuwe werk, van skole en universiteite tot gemeenskapsprojekte, bied die program ’n ryk verskeidenheid teater vir jong gehore van so jonk as 3 jaar tot op studentevlak.
Suidoosterfees 2026: Onderhoud oor die Jakes Gerwel-gespreksreeks
2026-04-22Theo Kemp, uitvoerende direkteur van die Jakes Gerwel Stigting, praat met Naomi Meyer oor die Jakes Gerwel-gespreksreeks by vanjaar se Suidoosterfees.
Suidoosterfees 2026: Klink ’n glasie met wynmeesters op Sauvignon Blanc-dag
2026-04-22Die aanbieder van die VIA-reeks Die wynmeester, Danie van der Merwe, kuier op Internasionale Sauvignon Blanc-dag saam met drie gerekende wynmakers van Sauvignon Blanc SA by die Suidoosterfees.
Suidoosterfees: Eerste vir alles, ’n onderhoud
2026-04-16Yolanda du Toit praat met Margit Meyer-Rödenbeck, Frank Opperman en Wessel Pretorius oor die Suidoosterfees-produksie, Eerste vir alles.
Suidoosterfees se NATi Jong Sterre op pad na "volwaardige kunstenaarskap"
2026-04-16Met die fees se tradisionele fokus op die ontwikkeling van jong talent, is die NATi Jong Sterre-program jaarliks ’n hoogtepunt waar nuwe loopbane in die teaterwêreld rigting vind.
Suidoosterfees 2026: Die poskantoor – ’n onderhoud
2026-04-16"Ek hoop ook die produksie skep ’n oomblik van stilwees, ’n ruimte vir refleksie, wat anders as die oorweldigende stroom van stemme en beelde op ons fone, die geleentheid bied om werklik stil te staan. Hopelik kan dit lig werp op van ons land se mees dringende kwessies. Daar ís ruimte vir vergifnis en daar is baie plek vir hoop."
Komvandaan: Waar die natuur jou naam onthou – Suidoosterfees se visuelekunsprogram
2026-04-15Toegang tot die uitstallings is gratis. Volledige besonderhede is in die feesprogram op suidoosterfees.com beskikbaar.
Jakes Gerwel-gesprekke die intellektuele hart van Suidoosterfees
2026-04-09Die Suidoosterfees vind vanjaar van 29 April tot 3 Mei in Kaapstad plaas. Met Tuiste as die feestema, bied die Jakes Gerwel-gesprekke weer ’n tuiskomplek aan ons voorste skrywers, denkers, joernaliste en uitgewers.
Persverklaring: Die soektog na nuwe talent begin weer by Suidoosterfees
2026-04-01Die Suidoosterfees se Talentsoektog-kompetisie bied vanjaar weer die geleentheid aan amateurkunstenaars om hul talent aan die wêreld bekend te stel.
Suidooster waai stormsterk deur vanjaar se Suidoosterfees
2026-03-26Die gewilde kykNET-sepie Suidooster het vanjaar weer ’n sterk teenwoordigheid by die Suidoosterfees, wat van 29 April tot 3 Mei 2026 in Kaapstad by Kunstekaap en verskeie omliggende venues aangebied word.
Press release: Lemoene, lemoene, lemoene debuts at Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) with upcoming run at Suidoosterfees
2026-03-18In a South Africa where citizens are permitted only 140 spoken words per day, two young lovers must learn to live with silence – and to fight with words.
Kos, wyn, erfenis en uitstekende geselskap by Suidoosterfees
2026-03-18’n Splinternuwe leefstyl-afdeling is vanjaar by die program ingesluit, met interessante kosdemonstrasies, wynproeë, kuiersessies en gesprekke.
Persverklaring: ’n Rits Fiësta-benoemings vir Suidoosterfees
2026-03-04Die Suidoosterfees is weer vanjaar sterk verteenwoordig onder die benoemdes vir die 16de kykNET Fiësta-toekennings – ’n geleentheid wat erkenning gee aan die gehalte, verbeeldingrykheid en impak van Afrikaanse teater op die feeskringloop.
Persverklaring: kykNET Fiëstas-toekennings – hier is die benoemdes
2026-02-26Met ’n nuwe tuiste by Tribuo, maar nog steeds met kykNET as naamborg, is twee dinge duidelik. Eerstens is die kykNET Fiësta-toekennings hier om te bly. Tweedens het die afgelope feesjaar weer bewys dat die werk wat in Suid-Afrika geskep word, tuis op enige wêreldverhoog sal wees.
Persvrystelling: Suidoosterfees bring ’n musikale hutspot van stemme en style na die wêreld se mooiste stad!
2026-02-25Kaapstad, ongetwyfeld die wêreld se mooiste stad, is ’n lewende tuiste vir die fees: ’n plek van komvandaan en kom weer, van uiteenlopende tale, ritmes en klanke, van mense wat mekaar in musiek herken.
Persverklaring: Suidoosterfees 2026 se NATi Teaterfees-program
2026-02-18Vanjaar se NATi Teaterfeesprogram gaan feesgangers ongetwyfeld herinner waarom die fees ’n broeikas van innovering en gehalte in die Suid-Afrikaanse kunstewêreld is.
Persvrystelling: Suidoosterfees 2026 se Kort voor lank-programafdeling
2026-02-17Kort voor lank is een van Suidoosterfees se gewildste programafdelings – ’n fees binne ’n fees waar uiteenlopende stories in treffende 30-minuut-vertonings tot lewe kom.
Persverklaring: Dis amptelik! Die Suidoosterfees 2026-progam is nou beskikbaar
2026-02-10Vanjaar se tema is Tuiste. Klik hier vir die volledige program en begin jou fees beplan!
