Suidoosterfees 2026: ’n onderhoud met Gerrie Lemmer

  • 0

Foto van Gerrie Lemmer: Izak de Vries

Gerrie Lemmer praat met Naomi Meyer oor die ATKV se betrokkenheid by vanjaar se Suidoosterfees – die kinder- en jeugteaterproduksies en die koorkompetisie.

Gerrie, die ATKV ondersteun jaarliks die kinder- en jeugteaterproduksies by die Woordfees. Waarom is kinder- en jeugteater belangrik genoeg vir die ATKV om dit finansieel te ondersteun?

Deur die ondersteuning van kinder- en jeugteaterproduksies wil die ATKV die verskillende voordele wat teater oor die algemeen inhou, beklemtoon. Ons glo dat dit belangrik bly om te skep, by te dra en passievol op hierdie gebied deel te neem. Ons wil vir jongmense ’n platform gee, ’n geleentheid om te groei en om hul kreatiwiteit uit te leef. Jongmense se drama, tekste en opvoerings verryk en inspireer ons; dit bevorder kreatiwiteit en verenig gemeenskappe.

........
Die ATKV het nog altyd ten doel om deur kinder- en jeugteater die kunste in ons land sterk en gesond te hou. Om vanjaar by die Suidoosterfees en die Woordfees se kinder- en jeugteaterproduksies betrokke te wees, glo die ATKV dat dit geleentheid tot grenslose gehoorontwikkeling, talentontginning en die volhoubare daarstelling van ’n goeie industrie in die kunste sal skep.
.........

Die ATKV het nog altyd ten doel om deur kinder- en jeugteater die kunste in ons land sterk en gesond te hou. Om vanjaar by die Suidoosterfees en die Woordfees se kinder- en jeugteaterproduksies betrokke te wees, glo die ATKV dat dit geleentheid tot grenslose gehoorontwikkeling, talentontginning en die volhoubare daarstelling van ’n goeie industrie in die kunste sal skep.

https://suidoosterfees.com/2026-atkv-kinder-en-jeugteater-atkv-children-and-youth-theatre/

Ek vra jou oor teaterproduksies, maar daar is ook die koorkompetisie by die Suidoosterfees wat die ATKV ondersteun. Wat is die belang van die koorkompetisie vir die ATKV?

Min dinge kweek samesyn soos musiek, in besonder koormusiek. Dit is die saamkomplek vir mense uit verskillende agtergronde, kultuurgroepe en gemeenskappe. Koormusiek herinner ons aan dit wat ons met mekaar deel. Deur ’n projek soos die ATKV- en Suidoosterfees-koorkompetisie, streef die ATKV daarna om eerstens vir plaaskore ’n platform op ’n internasionale verhoog te gee om hul besondere klanke en talente uit te leef, maar meer nog om in elkeen wat ’n passie vir koormusiek het, te belê. As ek terugdink aan die emosies op koorlede en dirigente se gesigte, die entoesiasme waarmee koorwerke uitgevoer is en die wonderlike herinneringe wat oor die afgelope 20 jaar geskep is, dink ek ons het dit reggekry om ’n volhoubare platform daar te stel om plaas-, kerk- en gemeenskapkore se talente te ontdek en te ontgin.

https://atkv.org.za/

Is daar enige spesifieke produksies waarna jy vanjaar op die Suidoosterfees se program uitsien? 

Vanjaar het die Suidoosterfees weer ’n puik, sterk en diverse program. Om produksies uit te sonder is baie moeilik. Ek sien in besonder uit na die ATKV-koorgala, Stille vuur, die Stellenbosch Universiteitskoor wat hul 90ste bestaansjaar vier, Verwelkingslied en natuurlik soveel moontlik jeugteaterproduksies.

Lees ook:

Suidoosterfees 2026: Onderhoud oor die Jakes Gerwel-gespreksreeks

Suidoosterfees 2026: Klink ’n glasie met wynmeesters op Sauvignon Blanc-dag

Suidoosterfees 2026: Die poskantoor – ’n onderhoud

Suidoosterfees 2026: ’n onderhoud met Jana Hattingh

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top