
Prent: www.nati.org.za
Met ’n nuwe tuiste by Tribuo, maar nog steeds met kykNET as naamborg, is twee dinge duidelik. Eerstens is die kykNET Fiësta-toekennings hier om te bly. Tweedens het die afgelope feesjaar weer bewys dat die werk wat in Suid-Afrika geskep word, tuis op enige wêreldverhoog sal wees.
Daar is by verlede jaar se 15de kykNET Fiësta-toekennings aangekondig dat Tribuo die vaandel gaan oorneem: van die samestelling van die beoordelingspaneel tot die benoemingsproses en geouditeerde uitslae van die wenners, en uiteindelik die glansryke toekenningsgeleentheid.
Die span beoordelaars het in 2025 die KKNK, die Suidoosterfees, Innibos, die Vrystaatfees, Momentum Aardklop en die Toyota Stellenbosch Woordfees bygewoon en elkeen van die debuutproduksie op elkeen van die feesprogramme gesien. Die aantal kategorieë vir vanjaar se Fiëstas is uitgebrei na 25 en dek alles op én agter die verhoog en oor al die genres heen.
“Die 16de Fiësta-toekennings getuig van die gehalte en omvang van Afrikaanse kunstefeeste,” sê Karen Meiring, uitvoerende voorsitter van die Tribuo-fonds. “Die paneel het uitsonderlike debuutproduksies beleef en beoordeel. Tribuo is trots om kykNET se vennoot te wees en so saam te verseker dat hierdie ikoniese pryse vir nog baie jare ’n hoogtepunt op ons kunstekalender sal bly.”
Die feeste wat genoem word ná die benoemdes, is die feeste wat die produksie vervaardig het of waar die produksie of uitstalling debuteer het. In sommige gevalle was feeste medevervaardigers en daarom word daar meer as een fees genoem.
Die kykNET Fiësta-toekennings word op 22 Maart by The Bay Hotel in Kampsbaai, Kaapstad by ’n glansgeleentheid oorhandig.
Die benoemdes is:
BESTE AKTEUR
Albert Pretorius in Ek is nie Danie (Toyota Stellenbosch Woordfees)
Dawid Minnaar in Verwelkingslied (Suidoosterfees en Momentum Aardklop)
De Klerk Oelofse in Boklied (Toyota Stellenbosch Woordfees)
Wian Taljaard in Ont- (KKNK)
Wilhelm van der Walt in Seun (Toyota Innibos)
BESTE AKTRISE
Antoinette Kellermann in Verwelkingslied (Suidoosterfees en Momentum Aardklop)
Buhle Ngaba in Bridling (Toyota Stellenbosch Woordfees en Nasionale Kunstefees)
Cintaine Schutte in Annie + Helen (KKNK)
Daneel van der Walt in Die een wat bly (KKNK, Suidoosterfees en Momentum Aardklop)
Tinarie van Wyk Loots in Huis van sand (Toyota Stellenbosch Woordfees)
BESTE VROULIKE BYSPELER
Bianca Flanders in Annie + Helen (KKNK)
Hannah Borthwick in Boklied (Toyota Stellenbosch Woordfees)
Joanie Combrink in Hortjies dig (Suidoosterfees)
Nicole Holm in Moedswil en muitery (KKNK en Toyota Stellenbosch Woordfees)
René Cloete in Huis van sand (Toyota Stellenbosch Woordfees)
BESTE MANLIKE BYSPELER
Albert Pretorius in Moedswil en muitery (KKNK en Toyota Stellenbosch Woordfees)
David Viviers in Boklied (Toyota Stellenbosch Woordfees)
Jefferson Dirks-Korkee in Huis van sand (Toyota Stellenbosch Woordfees)
Oarabile Ditsele in Bitter Winter (Momentum Aardklop)
Wian Taljaard in Boklied (Toyota Stellenbosch Woordfees)
BESTE ENSEMBLE
Annie + Helen (KKNK)
Boklied (Toyota Stellenbosch Woordfees)
Die een wat bly (KKNK, Suidoosterfees en Momentum Aardklop)
Huis van sand (Toyota Stellenbosch Woordfees)
Kuns (KKNK)
The Scullery Quintet (Momentum Aardklop)
BESTE VISUELE PRESTASIE
Lee-Ann van Rooi: Stelontwerp vir Kompoun (Suidoosterfees, Toyota Stellenbosch Woordfees, KKNK)
Marthinus Basson: Visuele ontwerp vir Boklied (Toyota Stellenbosch Woordfees)
Nico Scheepers: Stelontwerp vir Ek is nie Danie (Toyota Stellenbosch Woordfees)
Nico Scheepers: Stelontwerp vir Seun (Toyota Innibos)
Stefan Benade: Stelontwerp en rekwesiete vir Huis van sand (Toyota Stellenbosch Woordfees)
BESTE PRESTASIE IN BELIGTINGSONTWERP
Fahiem Bardien vir Verwelkingslied (Suidoosterfees en Momentum Aardklop)
Nico Scheepers vir Ek is nie Danie (Toyota Stellenbosch Woordfees)
Nico Scheepers vir Seun (Toyota Innibos)
Nicolaas de Jongh vir Boklied (Toyota Stellenbosch Woordfees)
Wolf Britz vir Huis van sand (Toyota Stellenbosch Woordfees)
BESTE PRESTASIES IN KLANK- EN MUSIEKONTWERP
Charl-Johan Lingenfelder: Klankontwerp vir Huis van sand (Toyota Stellenbosch Woordfees)
David Wolfswinkel: Klankontwerp vir Boklied (Toyota Stellenbosch Woordfees)
Schalk Joubert: Musiekontwerp vir Ek is nie Danie (Toyota Stellenbosch Woordfees)
Shaun Oelf: Musiekontwerp vir Die een wat bly (KKNK, Suidoosterfees en Momentum Aardklop)
Wessel Pretorius en Wicus Louw: Klankontwerp vir Ont- (KKNK)
BESTE PRESTASIE IN KINDER- EN JEUGTEATER
Dimpho and the Catfish (Vrystaat Kunstefees)
Grommels (KKNK)
Rooikappie en die drie varkies (Vrystaat Kunstefees)
Shaka S. Septembir vir Stinkie, los uit! Don’t touch! (Suidoosterfees)
The Magic Fluit/Die towerfluit (Toyota Stellenbosch Woordfees)
BESTE VERTALING OF VERWERKING VAN ’N BESTAANDE WERK
Danie Marais vir Ek is nie Danie (Toyota Stellenbosch Woordfees)
Hennie van Greunen vir Annie + Helen (KKNK)
Johann Smith vir Seun (Innibos)
Jolyn Phillips vir Kompoun (Suidoosterfees, Toyota Stellenbosch Woordfees, KKNK)
Nadia Davids vir Bridling (Toyota Stellenbosch Woordfees en Nasionale Kunstefees)
BESTE NUUTGESKEPTE AFRIKAANSE/SUID-AFRIKAANSE TEKS
Breyten Breytenbach vir Verwelkingslied (Suidoosterfees en Momentum Beleggings Aardklop)
Dianne du Toit Albertze vir Huis van sand (Toyota Stellenbosch Woordfees)
Ingrid Winterbach vir Moedswil en muitery (KKNK en Toyota Stellenbosch Woordfees)
Tinarie van Wyk Loots vir Speenvark (Vrystaat Kunstefees)
Wessel Pretorius en geselskap vir Die een wat bly (KKNK, Suidoosterfees en Momentum Aardklop)
BESTE KOMEDIE
Die kleedkamer (Suidoosterfees)
Gebou soos Steffi Graf (Vrystaat Kunstefees)
Kry vir jou ’n tux, Thomas (Toyota Innibos)
Kuns (KKNK)
Moedswil en muitery (KKNK)
BESTE VERTOLKING IN ’N KOMEDIE
Albert Pretorius in Moedswil en muitery (KKNK en Toyota Stellenbosch Woordfees)
Chris Vorster in Gebou soos Steffi Graf (Vrystaat Kunstefees)
Ludwig Binge in Kuns (KKNK)
Wessel Pretorius in Kuns (KKNK)
Wilhelm van der Walt in Kuns (KKNK)
BESTE PRESTASIE IN DANS/BEWEGING
Beyond: A Fantasy Cirque Experience (Toyota Stellenbosch Woordfees)
Die een wat bly (KKNK)
Grant van Ster in Die een wat bly (KKNK, Suidoosterfees en Momentum Aardklop)
Shaun Oelf in Die een wat bly (KKNK, Suidoosterfees en Momentum Aardklop)
Wian Taljaard in Ont- (KKNK)
BESTE PRESTASIE IN ’N SOLO-VERTONING
Chris Vorster in Gebou soos Steffi Graf (Vrystaat Kunstefees)
Stephanie Baartman in Hoort (Momentum Aardklop)
Tinarie van Wyk Loots in Speenvark (Vrystaat Kunstefees)
Wian Taljaard in Ont- (KKNK)
Wilhelm van der Walt in Seun (Toyota Innibos)
BESTE KONTEMPORÊRE MUSIEKVERTONING
Afrikaans is 100 (Toyota Stellenbosch Woordfees)
Duif. (KKNK en Suidoosterfees)
Konsert van hoop (Suidoosterfees)
Vrouestemme: Voices of Power (Suidoosterfees)
Zoid Psalms (Toyota Stellenbosch Woordfees)
BESTE MUSIEKPRODUKSIE: PODIUM
Bach & Beatles (KKNK)
Davel & Klink in harmonie (Suidoosterfees)
Hoort (Momentum Aardklop)
Nataniël + Charl: 25 (Momentum Aardklop)
The Scullery Quintet: Stir Fried Sonatas (Momentum Aardklop)
BESTE MUSIEKGEDREWE PRODUKSIE: TEATER
Die gevlerktes: Mareli Stolp en Diek Grobler (KKNK)
Die siel van Eugène Marais (Toyota Stellenbosch Woordfees)
Ek is nie Danie (Toyota Stellenbosch Woordfees)
Karookaarte: Kroon en konfetti (KKNK)
BESTE PRESTASIE IN KLASSIEKE MUSIEK: VOKALE UITVOERING
Ilze van Staden vir Ethereal Voices (Momentum Aardklop)
Lynelle Kenned, Minette du Toit-Pearce, Janel Speelman, Timothy Moloi, William Berger en Corneil Muller vir Afrikaans is 100 (Toyota Stellenbosch Woordfees)
Zanne Stapelberg en Albie van Schalkwyk vir Opera & Tango (Vrystaat Kunstefees)
Viva Italia! An Operatic Songbook (Suidoosterfees)
BESTE PRESTASIE IN KLASSIEKE MUSIEK: INSTRUMENTELE UITVOERING
Bach & Beatles (KKNK)
Charl du Plessis in Nataniël + Charl 25 (Momentum Aardklop)
Charl du Plessis Trio: Swining Classics (Suidoosterfees)
Hanna Yim-Wahl van The Scullery Quintet (Momentum Aardklop)
The Scullery Quintet: Stir-fried Sonatas (Momentum Aardklop)
BESTE PRESTASIE IN VISUELE KUNS
Onderstrome met MC Roodt as kurator (Momentum Aardklop)
Corpus Naturae deur Jaco van Schalkwyk (Momentum Aardklop)
Die stomme aarde deur Henk Serfontein (KKNK)
Toor/Bos met Dineke Orton as kurator (KKNK)
The Empathetic Apprentice deur Dylan McGarry (Vrystaat Kunstefees)
BESTE NUWELING
Angelo Bergh in Kompoun (Suidoosterfees, Toyota Stellenbosch Woordfees, KKNK) en Vannie wal af (Suidoosterfees)
Keagon Cochrane in Boklied (Toyota Stellenbosch Woordfees)
Merwe van Gent in Indistinct Chatter (KKNK)
Ryan Rossouw in Prooi/Prey (Vrystaat Kunstefees)
BESTE REGIE
Marí Borstlap vir Verwelkingslied (Suidoosterfees en Momentum Aardklop)
Marthinus Basson vir Boklied (Toyota Stellenbosch Woordfees)
Nico Scheepers vir Ek is nie Danie (Toyota Stellenbosch Woordfees)
Wessel Pretorius vir Die een wat bly (KKNK, Suidoosterfees en Momentum Aardklop)
Wolf Britz vir Die huis van sand (Toyota Stellenbosch Woordfees)
BESTE AANBIEDING
Boklied (Toyota Stellenbosch Woordfees)
Ek is nie Danie (Toyota Stellenbosch Woordfees)
Prooi/Prey (Vrystaat Kunstefees)
Seun (Innibos)
Toor/Bos: Herman Myburgh (KKNK)
Verwelkingslied (Suidoosterfees en Momentum Beleggings Aardklop)
PRODUKSIE VAN DIE JAAR
Annie + Helen (KKNK)
Boklied (Toyota Stellenbosch Woordfees)
Die een wat bly (KKNK, Suidoosterfees en Momentum Aardklop)
Ek is nie Danie (Toyota Stellenbosch Woordfees)
Verwelkingslied (Suidoosterfees en Momentum Aardklop)
Die Tribuo-fonds is ’n niewinsgewende organisasie wat in 2020 vir die ondersteuning van die kunste gestig is. Die fonds het onder meer kunstenaars tydens die pandemie ondersteun, was verantwoordelik die aanbied van berade oor die kunste en is die hooforganiseerder van die Proscenium-dramakompetisie waar jong talent gesoek word.
Meer inligting oor die toekenningsgeleentheid sal later bekend gemaak word.

