Rosa in New York – from Cape Flats to Carnegie Hall is ’n treat vi Heritage Month!
2023-09-30"Om ôse Cape Malay musical traditions international waters toe te vat is ’n celebration of note. Ôse community het baie ge’contribute tottie development van heritage en culture in Suid Afrika – soes Moeniel innie boek sê, Rosa is the national anthem of the Cape Malays!"
Die rol van media en entertainment innie groot narrative
2023-07-19"Vi som is televisie en entertainment ’n comfortable plek om annie slaap te raak, vi som issit ’n plek om wakker te raak met ’n vengeance. Ek is oud genoeg om vi sure te wiet dat ek wil niks te doen met players innie media of entertainment industry wattie contribute tot mense se consciousness nie."
Ses redes om Dude! Wa’s my bakkie? te kyk
2023-07-11"Die show speel tot 15 July 2023. Ja, ôs wiet dat djy sieke mee redes norag het om warm aan te trek en Baxter Masambe in Rondebosch (gebruik die secured parking!) vanaand toe te kô. Hie’s ses redes om jou eie bakkie met familie en vrinne vol te maak ommie show te kô kyk."
Ali & Ratu Ratu Queens op Netflix het my thumbs-up!
2023-06-20"Ali se journey was geskryf in soe ’n manier dat ôs ve’staan hoe New York City sy emotional journey influence."
Totsiens Suidooster se Boeta AB Samsodien!
2023-06-05"Ek was lucky om vi ’n kort paa maande tydens die Covid lockdown met Uncle Ced – dis wat ammal op stel vi hom genoem het – te wêk wanner ek oppie Suidooster storylining team was."
Ses soundtracks wat my script geflip’t
2023-04-20"Tracee Ellis Ross het in ’n interview met Oprah Winfrey gesê rat die beste plek om na jou musiek te luister is jou kar. Ek sal sê rat jou kar die twiede beste plek is – die ee’ste is soundtracks op movies en TV series!"
Die stand-up comedy industry moet ’n time-out kry na daai AKA joke
2023-03-03"Maa die stand-up comedy industry, nee darem, daai industry moet ’n time-out het, ’n bietjie narrie principal se kantoor gaan sit en reflect."
Netflix TV en films gie ’n virtual experience van Italy
2023-01-10"Florence, soes ek deur die film gelee’t, is bekend vi hulle kuns en architecture. Ek was baie impressed mettie feit dat hierie filmmakers getry’t om movies te maak buite uit die main capital cities van Italy."
That boogie show gie vi ôsie "good old days"
2022-12-07"Karaoke’s oppie Cape Flats historically was altyd ’n 'dreaming place' vi ôse coloured mense. Ek het altyd baie tyd gespend by karaoke’s en karaoke fundraisers met my familie oorie jare. Djy wiet mos om geld te raise vi jou kind of jou kleinkind se trip overseas om sy sokker team te represent, karaoke’s wassie main crowd magnet waa djy two birds with one stone kan doodmaak. Djy kan mense saambring vi ’n Saturday night out while at the same time geld bymekaa te bring virrie babas innie community om overseas te gaan en hulle merk oppie wêreld te sit."
Vergadering Taal
2022-09-13"Idees en creativity is baie op en af, en dis net die nature van hoerie creative wêreld wêk en ôs moetie teen’t baklei nie, ôs moerit net trust. Die regte moment innie regte kamer gaan kom om ôse idees te manifest, en as ôs continue om daai meeting skills te sharpen, het ôs maximum chances ommit reg te kry."
Review vannie Arabies-Afrikaans Workshop met die Afrikaanse Taalmuseum
2022-08-19"Daa is baie historical accounts van hierie taal, want ôs is baie diverse in ôse origins, maa daai workshop was ’n unique moment om mekaa te luister met respek en daa was baie mense wat uitgekom’t om ôse perspectives as ’n Muslim Afrikaans community te lee ken – daai het ek die meeste appreciate vannie workshop alhamdulilah."
Is Women's Month op steroids?
2022-06-29"Dis amper Women’s Month en ek prepare myself vi allie mass media galore waarie 'women’s empowerment' thread heeltemal uitgetrek sal wôd, en vi ’n maand vi ammal laat gloe dat ôs vroumense woon nie in ’n wereld wat vi ôs degrade’ie ... Ek refuse om getricked te wôd om te gloe dat my enigste anner option is innie wêreld te woon as ’n angry feminist."
Reflections oppie launch vannie Dictionary of loanwords in the Cape Muslim vernacular (Mogamat Alexander)
2022-06-17"Ommie launch vannie Dictionary of loanwords in the Cape Muslim vernacular deur Mogamat Alexander te witness was actually ’n dream come true ... Ek was honoured om ’n LitNet-insetsel op Radio 786 se Barakat-program te doen met Robyn van de Rhede, en innie insetsel het ôs gepraat vannie Cape Muslim vernacular en Kaaps, hoe hulle dieselle is en hoe different dit kan wies, ennie feit dat elkien van hulle nie legal tale of dialects in Suid-Afrika is nie – legal innie boardroom, education, media en alle public en official spaces."
Hoekom skryf ek in Kaaps?
2022-05-20"Kaaps stereotypes moet nou laain, en dis tyd dat mee Malay Kaaps Muslims daai feit moet onthou ennie skaamte daa’oo los."

