Is Women's Month op steroids?

  • 0

Dis amper Women’s Month en ek prepare myself vi allie mass media galore waarie “women’s empowerment” thread heeltemal uitgetrek sal wôd, en vi ’n maand vi ammal laat gloe dat ôs vroumense woon nie in ’n wereld wat vi ôs degrade’ie. Dis nou usually wanner die pampering events plaasvind, die ladies’ lunches waa free massages uitgegie is en motivational talks wattie rêrag motivational issie – these days kan ’n mens nie die difference ve’tel tussen Valentine’s Day en Women’s Month – albei hierie “feel good”-dae is mos involved met rooi en pink anyways.  

Of course issit important ommie 20 000 protesters van 1956 te onthou en commemorate tydens Women’s Month, maa dissie mee 1956’ie en ôse approaches op hierie important maand moettie net ’n reflection van history wiesie. Ôse conversations moet nou evolve, en ôs moet die limited, inauthentic narratives van vroumense, en die way ôs Women’s Month celebrate, tackle. Ek praat vannie underlying narratives wat insist oppie feit dat vroumense net innie wêreld kan woon en ’n plek byrie tafel het as sy aanie pressures van patriarchy subscribe, of as sy ’n sufferer, victim of survivor van gender-based violence is … asof suffering en injustice jou ticket moet wies om byrie tafel te sit.

Obviously gaan die hele maand mos nou ’n broadcast platform wies vi gender-based violence … Evens while ek hierie sin skryf voel ek hoe gatvol duisende vroumense is om daai “gender based violence” phrase oo en oo te hoo. Gaan ôse existence net oorie feit dat ôs victims is? Is ôs net bedoel om oppie aarde te wies as ôs rape victims, abuse victims of marginalised of discriminated is? Issie message op Women’s Day net “men stop abusing your women” en dan wanner Women’s Month klaa is gat ôs t’rug na ôse liewens waa ôs desensitised is wanner ôs die hoë stats hoo en ôs continue om ’n blind eye te gooi vi hierie injustices? I mean, be honest… is daa enige real call-to-action met hierie gender-based violence campaigns? Die feit dat soeveel vroumense nog altyd ve’moo is, ennie feit dat plekke soesie Saartjie Baartman Centre for Abused Women & Children nog altyd in business is, jaa agter jaa, is proof van hoe ignored en meaningless die hele maand actually is. 

Die ladies lunch philosophy, die “harem” in Arab culture, is oek ’n huge joke, en community organisations wat geld gie vi hierie tipe functions moet ve’staan hoe hulle pa’t vannie problem is. Vroumense moet integrate mettie res van society, en die gender segregated ladies’ lunches waa free prizes en massages uitgegie wôd gaanie die broader problem solve nie. Vroumense se lived experiences affect vi mansmense oek, mansmense wat vroue, ma’s, oumas, susters, dogters, colleagues en onnies het, en if anything moet hierie mansmense in conversation met vroumense wies in Women’s Month. Plustens since ôs op hierie topic is, kom ôs gooi die hele “Do women belong in the kitchen or in the boardroom?” convo uit die deur uit because she belongs wherever she wants to be, en waa oek al sy wil wies moet sy goed betaal wôd. Al wil sy innie kitchen bly, moet sy geld ve’dien om daai house executive role te speel mettie regte economic support – hoeveel tyd en liefde kos dit om ’n household te run en vi ’n familie te sôg? As sy innie boardroom wil wies, moet syrie selfde salary ve’dien as haa male counterparts.  

My point issie dat ôs nou moet ammal se Women’s Month events overthrow nie. Maa my goal is beslis to cut through the noise om hierie subliminal narratives te identify en op sy kop te sit, want ek refuse om te gloe dattie enigste options vi my as ’n vroumens is net ’n sufferer te wies en ’n hele maand te gebruik om oo collective suffering te praat wat ek nie evens gecreate hettie of daa’voo responsible issie. Ek refuse om getricked te wôd om te gloe dat my enigste anner option is innie wêreld te woon as ’n angry feminist. Elizabeth Gilbert herrit soe mooi gesit: “The most revolutionary thing you can be in this world as a woman is relaxed.” Die feit dat djy ’n concept of self het wat groter assie subliminal narratives is en waa djyrie highest form of self-actualisation bereik’t en djy wiet dat die wêreld rêrag jou oyster is en djy ride op niemand se coat tails’ie.

Ek’s nou in my 30’s en ek’s soe bly dat ek finally daai ve’staan – tyd, soes hulle sê, is your biggest teacher. Conditioning is ’n groot evil en vroumense en jong meisies moet hierie conditioning en false narratives ve’staan, identify en dan beyond hulle move om self-actualisation te realise. Die enigste way hoerie powers-that-be dit regkry to begin with, is want hulle kon vi ôs control en condition – Bob Marley hettie daai lyn “emancipate yourself from mental slavery” vi niks gesing hettie. Cultural disempowerment of any kind gebeur net vi soe lank as iemand gain en benefit uit jou pyn en jou swaa’kry. Hoe sal jou liewe change as djy vandag decide dat niemand gaan uit jou pein benefit’ie?

Ôs wiet al klaa dattie patriarchy actually bang is van vroue met ’n stêk stem. My ding is, vroumense self moet ophou om bang te wies van hulle eie strength. Daai quote wat sêrat ôse biggest fear is that we are powerful beyond measure is heeltemal waa in hierie instance en dis nou tyd dat ôse Women’s Month moet hierie message emphasise: Stop being afraid of your own power, women. Hou op om bang te wies om daai business te begin, daai stories te skryf, daai abusive boyfriend te los, om oo’see te trek en ’n niewe liewe te begin, om toxic familie te los, om jou liewe ee’s te begin as djy 45 jaa oud is. Alles wat cool is in my liewe het begin met ’n simple truth-telling, ’n simple “I don’t know how to get what I want, but I’m going to start where I am now”, om diep in my binneste te krap ennie gold te vind. En dissie goed genoeg as net een of twie van ôs soe is; ôs ammal moet soe dink en liewe, en dan vi ôs dogters soe lee.

Ek wiettie wat my planne is vi Women’s Month nie, maa een ding for sure is dat ek beslis nie ’n anti-gender-based-violence rally hierie jaa sal attend’ie. Ek is dankbaa om in radio te wêk, en nog altyd opportunities te het om stories te skryf vi audiences wat met bated breath vi my wag om mee stories te skryf. Om hierie privilege te het ommie narrative te change deur my stories is priceless. Toni Morrison het mos oek gesê: “If you are free, you need to free somebody else, if you have some power, then your job is to empower somebody else”, en daai allien is my motivation ommie narrative te change. Die res vannie tyd gaan ek maa sieke myself uitvat vi soesji en ’n passionate fruit en lemonade, en miskien vi ’n change niks doen op Women’s Month, want Allah wiet alleen hoeveel wêk het ek ingesit om hierie kalmte in my liewe nou te het. Om ’n moment te vat vi myself om daai te acknowledge is al klaa ’n cherry on top of my Women’s Month. 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top