Ôs ammal kan relate aan daai ou film vannie early 2000’s, though Jeremeo Le Cordeur se Dude! Wa’s my bakkie? gie niewe meaning aan daai movie – Ashton Kutcher se gesig issie mee die een wat opkô wanner djy daai show se award-winning titel hoo!

Nourat Dean 21 is, watter wêreld sou hy graag wou ontsluit?

Sal Dean se laaste poging tot verlossing die moeite werd wees?
Dude! Wa’s my bakkie?, aangebied deur Vulture Productions en die National Arts Festival, kô terug Mother City toe narie show amper die hele land getoer’t. Ek is chuffed om te sê ek was daa vi omtrent halfde vannie festival run voo covid die planet oo’gevarrit! Die show is geskryf en performed deur Jeremeo Le Cordeur, directed deur Dean van der Ventel, met bydraes deur ’n paa gaskunstenaars that we know and love. Die show speel van 10 tot 15 July 2023, tickets te koop by Webtickets.
Ja, ôs wiet dat djy sieke mee redes norag het om warm aan te trek en Baxter Masambe in Rondebosch (gebruik die secured parking!) vanaand toe te kô. Hie’s ses redes om jou eie bakkie met familie en vrinne vol te maak ommie show te kô kyk:
1. 21st throwbacks
As djy oo dêtag is, het djy mossie mee vrinne wat 21 issie, soe dit was leqqa om genooi te wôd na een van hierie partytjies innie show, oek om jou eie 21st throwbacks te onthou. Imagine for ’n second die perfekte 21st in Wellington of oppie Cape Flats – Dean se 21st tick ammal daai bokse! ’n Leqqa Kenny G-type playlist, ’n sleutel en ’n big reveal – daa’s niks waa’aan die September-familie nie gedink het nie. Ôs lee deur Dean se dialogue dattie jol omtrent vol gewies’t.
2. Ouma Lilly throwbacks
Ouma Lilly en haar klong se fans en followers sal happy wies ommie oulyke ou tannie wee te hoo innie vorm van Dean September se ouma. Ôs ammal ve’lang na Ouma Lilly en haa gesig op ôse Facebook Newsfeed – sy is oorlede tydens covid. Maa dankie aan die show se technical direction, ôse harte was bietjie sag gemaak wanner ôs wee haa stem hoo. Daai was omtrent ’n leqqa rede om uit die bed te klim en Dean se 21st by te woon!
3. Ommie splinterniewe second-hand bakkie te sien
Ôs moetie show se stelbouer commend, want die design vannie famous bakkie was baie slim en innovative. Die bakkie het mooi in sy eie toneel ’n bietjie oo sy self ge’brag, met ligte en indicators wat die audience baie impress het – die bakkie self deserve ’n award! ’n Mens dink terug na movies soes Herbie: fully loaded en djy imagine vi jouself: As die bakkie kan praat, wat sal sy sê? Waa character en storie development betrokke is, wassie bakkie mooi ingesit. Ôs het ôse eie attachments narie bakkie develop, en unlike sommige anner productions wassie props innie storie nie daa vi spek en boontjies nie – daa was motivation vi elke speelding oppie ve’hoog. En ja, dié rede tel oek vi ’n throwback, want stry – djy het geez terug na jou eie ee’ste kar gedink!
4. She-Earl
Wie sêrat ’n akteur of aktrise oppie ve’hoog is die enigste way hoe djy ’n character virrie audience kan introduce? ’n Noge genius selection deur die show runners! Nowadays met inventions soes voice notes communicate ôs toggie face to face nie, en She-Earl gebruik haa special powers om op Dean in sy bakkie te spy vi haa eie gain. Daa’s mos altyd iemand in ôse everyday environments waa’in ôs confide. Vi sommige mense issit barmans (kroegmanne), vi anners issit Uber drivers. Vi Dean issit She-Earl, en die show se comedy is omtrént uitgebuit deur hierie character.
5. Om Dean se serenading skills te experience
As djy ooit in jou jong dae (of ou dae – ôs issie ageist nie!), ge’serenade was deur iemand wat dom verlief op jou is, hoe het daai eintlik gevoel – flattering of embarrassing? As djy nie soe vê kan onthou nie, kom toe narie show vanaand om vi jouself te sien. Maa laat ôs honest wies, on some level wassit embarrassing. Right? Issie ammal wat leqqa kan sing’ie, plustens as hulle kan leqqa sing wil djy mossie rêrag singled out in ’n crowd wies nie, especially sonner ’n warning! Hoe Dean die guts kry, wanner hy by sy rock-bottom is, om sy love interest te serenade, was beyond funny, ennie toneel was oek mooi geskryf met ’n healthy dose of comedy wat altyd goed virrie siel is.
6. Wie gaan Earnestine Benjamin vanaand speel?
Theatre academics praat baie vannie “fourth wall”, die audience wat usually ’n silent participant innie show is (nie darem op hierie show se opening night nie – baie mense innie audience het terug met Dean en Earnestine gepraat!). Maa Dude! Wa’s my bakkie? gebruik audience participation in ’n cool manier en djy is challenged as ’n audience member om jou hele attention narie show te gie. Die show het oek vroeg vi ôs prepare om ’n sport te wies as ôs ooit narie ve’hoog genooi was en – sjoe! – tot my verligting het Earnestine Benjamin vannie ee’ste ry appear. As djy die show vanaand gaan sien, is djy mos lucky, want djy gaan ’n niewe Earnestine sien, of miskien gaan djy haa wies!
- Foto’s, video’s en posters supplied by Vulture Productions.
Lees en luister ook:
Jeremeo Le Cordeur gesels oor die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2020