Teater

Teater-rubrieke, -resensies en -onderhoude
Theatre columns, reviews and interviews

Toyota Stellenbosch Woordfees 2026: A woman alone – an interview with Kim Engelbrecht

Maryke Roberts, Kim Engelbrecht Lifestyle and entertainment 2026-10-02

After becoming the fastest selling and the first sold-out production at Suidoosterfees 2026, the darkly funny A woman alone, starring International Emmy-nominated actress Kim Engelbrecht, heads to the Toyota Stellenbosch Woordfees this weekend.

Persverklaring: Reinet Nagtegaal-teksprys 2027, die inskrywings is oop

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2026-10-01

Die wenner ontvang R120 000, mentorskap en ondersteuning met die afronding van hulle teks, en ’n moontlike speelvak op die 2027 Toyota Stellenbosch Woordfees se Spier Toneel-program. Die tweede- en derdeplekwenners ontvang onderskeidelik R60 000 en R30 000.

Persverklaring: ATKV eer Kunstekaap by Tienertoneelfinaal

LitNet ATKV-Portaal 2026-09-30

Die ATKV het ’n besonderse verhouding met die Kunstekaap en die organisasie is al jare lank ’n rolspeler in die Kunstekaap se visie vir jeugontwikkeling, ontwikkeling van gehore en die skep van toegang tot die kunste.

Toyota Stellenbosch Woordfees 2026: Moffie – an interview with David Viviers

Yolanda du Toit, David Ralph Viviers Toyota Stellenbosch Woordfees 2026-09-25

"Moffie is a one-person show based on the book by André Carl van der Merwe. I play Nicholas van der Swart, who reflects on his time as a conscript in the SADF during the late ’70s."

Kwesbaarheid, verslawing en die skaakspel van herstel: The fifth step ruk diep

Maryke Roberts Teater 2026-09-17

"In The fifth step ondersoek Ireland die uitmergelende en diep menslike proses van herstel teen die agtergrond van Alkoholiste Anoniem (AA)."

Persverklaring: Nuwe teksidees by 11de Teksmark in die Baxter te sien

LitNet Teater 2026-09-07

Veertien nuwe Suid-Afrikaanse stories met ’n fokus op kabaret, satire en komedie, is vanjaar as deel van Teksmark by die Baxter-teater in Kaapstad te sien.

Rooilug by die Barney Simon Markteater in Johannesburg: ’n onderhoud met Jefferson J Dirks-Korkee

Naomi Meyer, Jefferson J Dirks-Korkee Teater 2026-09-03

"[W]anneer jy die storie vertel, and you feel and see how the audience goes with you on that journey, dan voel alles die moeite werd. Soos in Nigerië waar die mense gesê het they have never been to South Africa, but when they watched the show, they could smell the soil of Willowmore. En soos in Bloem toe ’n man vir my kom sê dat when he watched the show he forgave his dad, and his dad already died a couple of years ago. Nou: dit maak dat ek altyd stories wil vertel, altyd teater wil doen, teater wat saak maak."

Swan Lake, ’n resensie: tydlose Swanemeer betower

Dianne Du Toit Albertze Teater 2026-08-18

"Dit was egter die pas de quatre (stap van vier), uitgevoer deur die jong swane, wat verstom het. Die eenstemmigheid wat behou is sonder om karakter of grasie te verloor."

Press release: Family meeting, Mike van Graan’s sequel to My fellow South Africans, to premiere at Artscape

LitNet Lifestyle and entertainment 2026-08-12

As with Van Graan’s previous works in this vein, Family meeting combines drama, comedy, song and poetry.

Press release: Superfan at the new Antique Theatre

LitNet Lifestyle and entertainment 2026-08-12

Mike van Graan’s Superfan, a solo comedy drama featuring Cape Talk’s John Maytham and inspired by the role that Springbok rugby plays in the country, will run in the new, intimate Antique Theatre and Bar from 19 August to 12 September 2026. 

Vlooi en die verlore fossiel in die Kunstekaap: ’n onderhoud met Margit Meyer-Rödenbeck

Naomi Meyer, Margit Meyer-Rödenbeck Skole 2026-08-03

"Die grondslagfase-leerder reageer meestal nog op instink en nie vooropgestelde idees nie en dit maak hulle die heel lekkerste gehore om voor op te tree. Dis onbevange lekkerte. Lekkerste, maar nie maklikste. Kinders wil oortuig word, so die akteurs en teaterspan moet uithaal en wys." Hierdie produksie is gebaseer op karakters in die Oxford University Press se Storieboomreeks; dis die boeke waarmee baie skoolkinders leer lees.

Persverklaring: Brasse, tot laat toe kom hierdie Augustus na die Baxter-teater toe!

LitNet Teater 2026-07-29

Ná sy krities bekroonde en kommersieel suksesvolle debuut by die 2026-Suidoosterfees begin Brasse, tot laat toe hierdie Augustus sy amptelike speelvak by die Baxter-teater.

The murder of Roger Ackroyd: Christie se meesterstuk laat jou naels byt

Maryke Roberts Teater 2026-07-29

"Wanneer die skatryk Roger Ackroyd (gespeel deur Mike Huff) in sy studeerkamer gevind word met ’n dolk in die nek – boonop kort ná sy verloofde se geheimsinnige dood wat as selfdood vermom is – is elkeen in die huishouding, én selfs ’n kringetjie om die statige huis, ’n moontlike verdagte."

Meer as net ’n spieël: ’n refleksie oor drie dramas

Dianne Du Toit Albertze Teater 2026-07-12

"Die gebed van ’n halfmens, Joshlin: meer as ’n naam en Laaitie mettie biscuits is elkeen ’n aanklag op ons gesamentlike gewete as ’n nasie. Want teater bestaan nie alleenlik vir ontvlugting en plesier nie, en glo my dit lê ook in die kepe en plooie van hierdie stories. Teater is meer as net ’n spieël. Dit is ’n reminder daaraan om te voel, die absolute noodsaak aan meegevoel, meelewing en medemenslikheid."

Sue Diepeveen balanseer rol van aktrise, vervaardiger en teatereienaar

Maryke Roberts, Sue Diepeveen Feeste 2026-07-07

"Hoewel Sue dikwels agter die skerms staan om ander te laat skitter, loop haar eie akteursbloed steeds dik. Met haar splinternuwe solovertoning, Ms B-haved, stap sy vanjaar self weer in die kollig by die Vrystaat Kunstefees."

Wolf at the National Arts Festival: a review

Izak de Vries Lifestyle and entertainment 2026-07-07

"Those acrobats would tumble from the top of a human pyramid into the arms of waiting compatriots, only to be flung across the stage into the hands of another pair that had miraculously appeared at the right moment."

Vrystaat Kunstefees 2026: Veelsydige Nico Scheepers bring twee stukke Vrystaat Kunstefees toe

Maryke Roberts, Nico Scheepers Feeste 2026-07-07

"Ek dink wat my die meeste interesseer – en dit is waarskynlik hoekom film- en TV-tekste langer neem om te skryf – is dat dit ’n samewerkende (collaborative) medium is. Die feit dat jy met mense werk, en die hele tyd met interessante nuwe mense te doen kry, is ongelooflik lekker. Dit is wat teater so maklik maak om so baie mee te doen."

Press release: Winners announced for the 61st Cape Town Theatre Awards

LitNet Lifestyle and entertainment 2026-07-06

The winners of the 61st Cape Town Theatre Awards were announced at an intimate, elegant ceremony at The Baxter on Sunday (5 July), powered by CapeTalk.

Heine tref ’n aar met haar tuinvurk in Die potplant

Dianne Du Toit Albertze Teater 2026-06-30

"Die teks is pittig met sterk oomblikke van ironie, parodie, absurditeit en hekelry. By tye is ek herinner aan die werk van Hennie Aucamp, veral dié met ’n lighter touch, soos ’n Bruidsbed vir tant Nonnie, of die donkerkomiese lied van Amanda Strydom, 'Fanie en Bettie'."

How Louw can you go? by Toyota Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees 2026: ’n onderhoud met Magda en Erhard Louw

Yolanda du Toit, Magda Louw, Erhard Louw Feeste 2026-06-30

"Nee, ek dink nie daar is ’n ideale ouderdom vir die publiek om dit te sien en te waardeer nie. Maar ek het agtergekom aan die begin was dit meer middeljarige mense, omdat hulle meer met die karakters vereenselwig het. By die laaste Woordfees het tieners kom kyk ... Daar het ek besef hoe jonk of oud, ons almal vereenselwig met liefde en vrees. Dis ’n menslike tema en uitdaging."

Top