Dude, wanneer gaan jy Bakkie kyk?

  • 1

Onthou julle daai meme wat sê: "Imagine jou ma skep jou kos in ’n bakkie en die bakkie ry weg?" Dis waaraan die titel my laat dink. Nou toe, op ’n koue Maandagaand is ek hier deur Kaap toe met my boeta om Dude! Wa’ my bakkie? te loep kyk. Ek het hom gesê “Ek en jy gaan nou ’n lekker show kyk.” Ek het hom gesê ek en hy gaan lekker lag. Toe wassie show toe lekker, en ôs het baie lekker gelag vir Dean September.

Dude! Wa’s my bakkie? is geskryf deur akteur, kunstenaar en fotograaf Jeremeo Le Cordeur. Le Cordeur vind hom oek innie rol van Dean September innie produksie. Dean van der Ventel behartig die regie. Fyn. Timely. Snaaks.

Hierdie is ‘n storie wat soe bietjie-bietjie hier en baie-baie daar gebaseer is op real-life events. Soes afgelei kan wôd vannie titel, wiet ôs dat ’n bakkie weg is. Dean September vat ôs oppie reis van hoe dit weggeraak het en wys presies hoe spesiaal die bakkie was en hoekô die wegraak daavan soe ’n big deal is. September het ’n “splinternuwe, second-hand” Nissan 1400 gekry vir sy 21st. Dis ’n groot ding, want nie net het hy sy 21st key gekry nie, maar hy hettie keys gekry narie ryding wat al jare in sy familie as waardevolle besitting oorgedra wôd van pa na kind.

Hierdie is ‘n coming-of-age story wat jou op ’n comedic roller coaster vat van liefde, vriendskap, road rage, die first taste van independence en, ultimately, die groot verantwoordelikheid wat gepaard gaan met kar kry en kar behou. Die show maak oek grootliks gebruik van audience participation, wat dit ’n lekker, relaxed vibe gie en eintlik vir jou lat voel jy sit en praat terug of luister na jou uncle se broer se neef se klein boeta se tjommie. Ennie playlist is befok. Soe jy is verseker van ’n nostalgic vibe wat gaan opkô.

Die bakkie wattie gehoorlid oppie verhoog sien, is deur Gaerin Hauptfleisch design. Hierdie bakkie feature working headlights ennie manier waarop Kaylin Leigh Khan die tegnies behartig laat jou voel asof die kar se wipers regtig wipe, jong! Die set is hoofsaaklik nettie bakkie, ’n video camera wattie drivethrough represent, en ’n R101 Klapmuts–Paarl sign wat vir jou guide met waar jy is. Die bakkie is soes ’n tweede karakter. Ek geniet dit altyd wanneer die akteur ’n prop ’n tweede karakter maak. Veral in ’n one-man show, because let’s be honest: Watching one person on stage for an hour is ‘n commitment. Maa mettie comedic lines van September, ennie voice-overs en technical techniques wat innie show gebruik wôd, voel jy nooit dat Le Cordeur alleen oppie verhoog issie. Ek is mal oor hoe van der Ventel gebruik gemaak het vannie bakkie oppie verhoog en hoe dit eintlik voel jy is innie parking lot of oppie pad saam mettie karakter. Die teks gie jou ’n oorsig in hoe jy voel wanneer jy jou eerste ryding kry, hoe jy voel wanneer jy jou eerste meisie kry en nou vir haar kan rondry, hoe jou vriende misbruik maak van jou nuwe wiele en hoe dit oppie pad is. Die regie rond hierdie dan mooi af en gie virrie gehoorlid ’n dieper kyk na presies hoe naive and optimisties die September-karakter is in al hierdie situasies.

’n Kwessie wat duidelik centre stage is in hierdie produksie, is dié van identiteit. Die September-karakter leef innie oomblik – dit geniet ek baie. Maar met dit gekoppel is daar people-pleasing. Dis lekker om te kan relate met ’n karakter en hul dwase keuses. Simply because we have all been there. En dis oek iets wat Le Cordeur reggekry het mettie teks. Die vergrootglas op hoe jong mans deal met omstandighede buite hulle beheer. Met liefde vind virrie eerste keer. Met probleme op hulle pad. Mettie rouproses.

Nou toe, die play gannie vir jou laat diep dink en laat voel jy moet jou chakras align nie. Die play gannie vir jou huis toe stuur en laat voel jy moet beginne reg lewe nie. Dit kielie slegs jou maagspiere en gie virrie September-karakter die opportunity om die horrible incident in sy lewe te process. Dis tog hoe ôs as Suid-Afrikaners deal met alles. Met humor, want as ôsie laggie, raak ôs befok, en dan is daar moeilikheid. Leer die karakter sy les? Dit moet jy maar self gaan uitvind.

Dude! Wa’s my bakkie? is nog te sien by Baxter Masambe Theatre tot 15 Julie.

  • Fotografie verskaf.
Lees ook:

Jerry, an unconventional hero and Dude, wa’s my bakkie? at the Suidoosterfees

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top