Veronique Jephtas

Veronique Jephtas is ’n 23-jarige skrywer, aktivis, digter, spoken word kunstenaar, regisseur en aktrise van die Paarl. Sy het haar honneursgraad in drama en teaterstudies in 2019 by die Universiteit Stellenbosch voltooi, waar sy in kreatiewe skryf spesialiseer het. Veronique se fokus is skryf, en sy was in 2008 by Teksmark met Hoe change hulle olv Lee-Ann van Rooi en in 2010 met My kroon se krank, olv Quanita Adams. Veronique se fokus is om Kaaps te bevorder in die teaterbedryf en om te skryf en skryf sodat wanneer studente en leerders van kleur oor 5–10 jaar ’n monoloog, prosa of gedig soek om op te voer,  hulle nie ver hoef te soek vir stories en taal wat na aan hul hart is nie. 

Sy het haar debuut as dramaturg by Woordfees 2020 gemaak met Hoe change hulle met Marlo Minnaar, olv Lee-Ann van Rooi. Sy was ook onlangs te sien in die Fiësta-bekroonde produksie Jakkals en Wolf Onbeperk, deur Malan Steyn, en regie deur Amelda Brand. Veronique is ook een van die ses skrywers wat gekies is om in Julie 2020 in die Jakes Gerwel huis te gaan woon vir die Afrikaanse skrywersresidensie.

Sy is die een wat die “Dear Mr President”-gedig en ook “The apology we never got” geskryf het, wat veral gegaan het op sosiale-media-platforms. Sy is passievol oor kwessies soos gender-based violence, vroueregte en menseregte, asook regverdigheid.

In haar vrye tyd lees sy, probeer sy allerhande life hacks kry op YouTube, en vat dit dag vir dag. 

Revelations oppie pot

Veronique Jephtas Drama 2021-08-31

In Veronique Jephtas se Revelations oppie pot is Hein Poole in die rol van ’n jongman wat verduidelik waarom sy vriend Kaffe al die bier omgeskop het. Lee-Ann van Rooi het die regie behartig. Hierdie produksie is deel van Stemme, LitNet se monoloogprojek saam met die Suidoosterfees, NATi en KKNK.

Onderhoud: Soe rond ommie bos deur Veronique Jephtas

Cliffordene Norton, Veronique Jephtas Skrywersonderhoude 2021-06-30

"Wat my liefde inspire het vi digkuns is simply die feit dat poetry emotion heighten. Dis eerlik en altyd net genoeg."

Soe rond ommie bos deur Veronique Jephtas: boekbekendstellingsvideo

Veronique Jephtas, Remona Voges Boeke en skrywers 2021-03-29

Veronique Jephtas se debuutdigbundel Soe rond ommie bos is die naweek in die Paarl bekendgestel. Remona Voges, Protea Boekhuis se bemarker, het met Veronique gesels. Gys Loubser was daar om namens LitNet ’n video van die geleentheid te neem.

Veronique Jephtas gesels oor die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2020

Menán van Heerden, Veronique Jephtas Onderhoude 2020-09-10

Die fokus van dié residensieprogram (aangebied in samewerking met PEN Afrikaans) is veral skrywers wat nuwe stories na die Afrikaanse letterkunde bring en leefwêrelde oopskryf wat nog nie voldoende in die letterkunde gehoor is nie. 

Net wit gesiggies oppie poster

Veronique Jephtas Menings 2020-08-27

"Representation is belangerik. Om te voel asof jy hoort is belangerik. Om te voel jy wôd gehoo en ve’staan is belangerik."

#opdielug met Veronique Jephtas

Robyn van de Rhede, Veronique Jephtas Onderhoude 2020-07-08

Die negende gas op die maandelikse Lekker LitNet-insetsel op Radio 786, in samewerking met die Afrikaanse Taalraad, is Veronique Jephtas. Sy is een van die ses skrywers wat gekies is om in Julie in die Paulet-huis in Somerset-Oos te gaan woon vir die Jakes Gerwel-stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2020. Robyn gesels met Veronique oor, onder andere, haar dramaproduksie Hoe change hulle (Toyota US Woordfees 2020), die toekoms van Kaaps en haar aktivisme. 

Jeugdag is hie', en et iets ve'anne?

Veronique Jephtas Menings 2020-06-15

"Met ie onlangse protests wat aan ie gang is, met ie #Blacklivesmatter, staar ôs wee’ ongelykheid en racism innie gesig. Het dinge ooit gechange? Die uprisings was in 1976 – haai is 44 jaar gelede. My ma is 42, haai betieken niks et in haa’ lifetime gechange nie."

Is alles oraait byrie hys?: ’n Onderhoud met die stigter van Vannie Kaap

Veronique Jephtas, Bernie Fabing NB-Uitgewersportaal 2020-05-28

Met ’n Instagram-following van 181 000 en meer as 380 000 likes op hul Facebook page is Vannie Kaap, in hul woorde, ’n sosiokulturele beweging. As jy al gevra het of alles oraait by die huis is, het jy al Vannie Kaap se memes iewers gewaar/geshare. In Maart 2020 het Bernie Fabing, die stigter van Vannie Kaap, ’n memeboek by Kwela uitgegee getiteld, natuulik, Is alles oraait byrie hys? LitNet het vir Veronique Jephtas gevra om met Bernie Fabing te gesels.

Top