Dissie regte, vekere generasie
Ôs mag moeg wies, maa ôs is reg
Noudat Jeugdag veby is en jy klaa jou pa gespoil het op Vadersdag, of loep klaa het oorie deadbeat pa’s op social media, kan ek jou aandag terugkry op ietsie wat jy probably al van vegiet het: die onlangse rasaanval op Universeit Stellenbossch.
Nou die feit dat ek noem dat jy probably al vegiet het, het niks te doen met jou lat sleg voelie, maa alles mettie feit dat ek doelbewus gewag het tottie stof gat lê het voo ekke af in die paadjie loep. Voo ek begin gesels oo hoekô ek dink daai isolated incident die beste ding was wat kon gebee het, moet ek sieke recap hoekô ek spesifiek die storie nou wil bespreek. Toe dit net gebee het, het ek observe. Notes gevat en ammel se confrontation met helplessness oorie racial injustice en inequality innie land gelyste. Ek was kwaad, maa kwaad wies virre institution soes Stellenbosch University isse mors van kwaad wat ek kon spend op iets mee worthy. Iets wat my kwaad sou laat voel – nie iets wat soes ’n broken record heeltyd wil vestaan hoekô ek kwaad is tewyl hulle investigate nie.
Maa voo ek carried away raak, kô ôs gesels oo Jeugmaand. By dié tyd issit no secret dat ek commemorative days oorie algemeen skief ankykie. At least hiesô, in ôse land. Cause ek gloe rêrag dattie government die dae sien asse opportunity ommie hele land se reality en lived experience te gaslight. Ôse government isse groep spoiled grown-ups wat herdenkingsdae soe baie geniet, ek begin dink dis ’n fetish, want dissie ienagste tyd wat hulle actively doen wat hulle supposed is om te doen, maa dis alles virre photo-op. 2022 issie 46ste herdenkingsdag van Jeugdag. Die dag wattie peak vannie 1975 student uprisings in Soweto gereach het. Die uprisings was in opposition van Afrikaans as onnerrigtaal. Oppie South African government se official website sê hulle: “Education was viewed as a part of the overall apartheid system including ‘homelands’, urban restriction pass laws and job reservation. This role was one of labourer worker, and servant only. As HF Verwoerd, the architect of the Bantu Education Act (1953), conceived it: “There is no place for [the African] in the European community above the level of certain forms of labour. It is of no avail for him to receive a training which has as its aim, absorption in the European community.” 16 Junie – die dag waa daa gepraat wôd oorie moenie vegiet ennie verdowende asseblief onthou vi altyd – die Hector Pieterson, die seer, die gehuil ennie pyn, apartheid. Onthou asseblief apartheid. Niks klem oppie vordering nie. Niks klem oppie realiteit wattie jeug van vedag ennie jeug van toeka se tyd nou experience nie, niks claim oppie “hiesô het ôs droeg gemaak” en talks van reparations nie, maa daa is talks van reconciliation – altyd talks van reconciliation. Ek het wel die lig gevind dié jaa, spesifiek met Jeudag, soes ek gesê het in my Political Irony article op LitNet. Die dynamic shift nou, want ek issie net ingelig oo wat angaan innie land nie, maa ek is ingelig oorie opinie vannie jeug.
Om te kô byrie Stellenbosch University race incident, dink ek dit wassie finale knak wattie spyker innie justice system, faith in humanity ennie vetroue innie due process of investigation geslat het. As jy nie wiet waavan ek praatie, ek praat vannie incident in Mei toe ’n wit student [vermoedelik] 4-uur die nag [oënskynlik] ’n swart student getarget het en op sy besitings loep pis het, cause [vermoedelik] “That is what we do to black boys.” Ja-nee wat, my ouma het altyd gesê die duiwel kô innie nag, en kyk hie.
Die incident was gemeet met kwaad – of course. Die studente en citizens wat nettie kon vestaan hoe rasaanvalle nou nog plaasvind nie. Hoe dieselle struggles nog gefight wôd innie spirit van democracy nie. Truth is, dis oral. Innie office, by jou kind se crèche en innie restaurant – dis nettie alles soe loud en wôd fyn dopgehou soes in ’n dorp soes Stellenbosch en ’n universiteit soes Universiteit Stellenbosch nie. Dit was gemeet met seer – maa ek dink dis low-key, nettie disappointment wat kô met besef dat jy as mens, met ’n opinie, ’n stemreg, jy as student wat jou studies betaal, jy as inwoner van ’n demokratiese land eintlik hulpeloos is en dattie system – die white, racist, abusive en triumphant system binne die system, altyd sal wen, al change hulle hoeveel geboue se name, leer mense hóé van ubuntu, al proebee hulle hóé in ammel se koppe dril dat ammel equal is, al stuu hulle hoeveel e-mails wat enige aanvalle of gebeure “condemn”, wen die system nog once.
Maa bowenal wassie insident grootliks gemeet mettie reality. Die reality dat dié nie die generation is wat min genoeg wiet om te aanvaar asse ’n e-mail gestuu wôd wat sê: “The University deeply values respect, compassion, equity, accountability, and excellence in all its interactions and conduct. SU strongly condemns any destructive or discriminatory behaviour that infringes the rights of any student or member of the community of the University. Human dignity is non-negotiable and must be respected, upheld and restored when affected” nie. Dis ’n generasie wat aksie soek en wat ’n patroon agtekô. Dis ’n generasie wat pis wat droeg getrek het op ’n comfortable couch ytryk vinniger asse polisiehond op ’n mission. Niemand van ôs koepie investigation bullshit nie, en jy moet oekie, cause ôs is ammel oud genoeg om reg van vekeed af te ken en om kak vanaf ’n myl ver te ryk. Dis ’n generasie wattie fooled issie en veral ’n generasie van kleur wat wiet ôs ouers en voorouers hettie veniet allie abuse, torture en cheap labour endure vi ôs om virre pop gevat te wôd nie. Daa is een TikTok waa een vannie sprekers alles soe mooi gestel het tydens een vannie protests in Mei; ek dis sad irony, alhoewel alles wat sy sê getranslate kan wôd into: “We are tired.” Maa oek “We are ready.”
Die Jeugdag wassie gecelebrate soes die mense altyd hettie. Net soes Freedom Day. Allie dae voel soes ’n klug. Hoe celebrate ôs Freedom Day as ôs nie free voelie? Hoe celebrate ôs Women’s Day as vroue en kinnes soe dodgemaak wôd soes vlieë, etc. Dis soese abusive boyfriend wat heeltyd nice wil wies op julle birthdays en anniversaries maa jou reg deurie jaa blou moer en ampe graf toe slat. Disse klug op die punt. ’n Sirkus waavoo ôs ammel free tickets kry alhoewel ôs net deurie dag wil kô en byrie hys sit onne ’n dik komberse. President Cyril Ramaphosa sal liewer twiet en sê: “We need young people wo will stand up to, and put an end to, gender-based violence and femicide.” As ommie drama tussen hom en Arthur Fraser te address. Cyril Ramaphosa approves 3% raises vi government officials, maa soe kry die mense oppie ground floor swaa, tewyl hulle allie kak opvriet ennie grootbase daa boe lekke liewe ennie hoef te worry oorie dinge hiesô onne nie. Ennie stories gan aan en aan.
Die incident in Stellenbosch hettie skille van die oë van dié wat nog skille op gehad het, lat afval. Die incident isse gift wattie system sou steel by Vader Krismis, cause hy gie nou vi ôs clarity en reality in plaas van confusion en ’n cover-up. Die storie het my pesoonlik van vooraf kwaad gemaak, cause ek dislike die hele konsep van reconciliation, cause ek dink dis cheap, en toe die woord tydens die incident wee opkô toe lag ek, cause vi wit mense innie wrong in sulke situasies is die woord reconciliation soes ’n shield. Dié is oolog, en daai shield gannie helpie.
Die jeug, die student, die kinnes oppie vloer sal self sorg dat dinge innie weksplek, innie hys, innie institution en innie strate nie operate soes dit allie jare hettie.. Hierie generasie is veskriklik moeg en gatvol, maa nie moeg en gatvol genoeg om alles op sy kop te draai nie. Ek remind jou aan #Feesmustfall, ek remind jou aann #Justicefornene, ek remind jou Marikana, ek remind jou an allie kak wattie system jou al angedoenit in jou liewe. Ek remind jou net. Die wiel gat draai, en wanne hy doen, draai dit skêp.
Kommentaar
Wanneer gaan ons as Suid-Afrikaners eendag ophou om te kerm oor die verlede. Of moet ons ook maar elke jaar die Piet Relief moorde deur Dingaan, die Britse konsentrasie kampe, Milner se pogings om ook van Afrikaans ontslae te raak en die Beitbrug-moorde herdenk.
Kan ons nie maar liewer die toekoms in die oë kyk nie?
Ons is ook nou al moeg.
Ons soek ook graag na die reënboog wat vir ons belowe is.
Al die struggledae wat herdenk word, maak net weer nuwe swere oop en bring ons niks verder op die pad vorentoe nie.
Dit wat ons nou na 46 jaar beleef, gekenmerk deur 28 jaar, se agteruitgang is om van siek te word.