Political irony

  • 0

Die youth is up to date, don’t worry.

Hie is ôs alwee. Biesag om te gesels oo Jeugdag, want die ienagste tyd wannee die jeug ooit hulself innie spotlight vind, is rondom Jeugdag.

Ek wiet jy wiet presies wat Jeugdag is, maa kô ek vedydlik vi jou hoe ek, ’n 25-jarige very worried en conflicted citizen van Suid-Afrika, dit vestaan.

Jeugdag commemorate die student uprisings wat daai dag, 16 Junie 1976, die all-time high bereik het. Ekke kan vi jou vetel vannie Black Consciousness Movement (BCM) ennie Suid-Afrikaanse Studente-Organisasie (SASO), maa daai wôd reeds in almal se koppe gedril in geskiedenis op skool. Ekke kan vi jou die foto van Hector Pieterson wat gedra wôd reference, ennie pyn en frustration probee describe wat nie net die students nie, maa alle persons of colour dee gegan het, maa vi daai reminder issie government daarso, want soes ôs wiet, hulle like sout innie wonde vryf in plaas vannie wonde genees. Ek sien en vestaan Jeugdag as ’n opportunity virrie government ommie land te lat time travel en te lat skuldig voel oo ôse disgrace van ’n current socio-political reality innie land, en ammel te encourage om vi 16 days hulle ding te doen en terug te gie annie gemeenskap, tewyl elke president sy termyn het om terug te gie annie mense vannie land en wie hulle vetroue in hom geplaas het, maa oek soes nou met Jeugdag, net daai onthou rondom election time. Ôse government is soes ’n groep special agents wat heeltyd op vekere missions gan.

I digress. Wat ek eintlik met jou oo wou gesels het, issie nou ennie hie. Dissie dat ekke voel die geskiedenis issie belangerik nie, maa ekke wiet die events van 16 June 1976 gan all over wies, soe ekke wil die paa minutes gebruik om jou net te lat dink oo iets. Ekke is nou amper ses maande van Facebook en Instagram af en is net op TikTok, soe my relationship mettie app is op ’n baie healthier plek en ôs is nou okay met mekaa. Nog nooit was ek soe informed via social media platform oo wat angan innie land nie. Maa more importantly, ekke is informed oorie opinie, meestal vannie jeug, en oek dié wat genuinely belangstel en note vat. Social media speel without ’n doubt ’n baie groot rol in ôs ammel se liewe op dié punt, be it WhatsApp, Facebook, Instagram, Twitter of TikTok. Daa is natuulik vele anner, maa dié vyf vattie koek wannee dit kô by meeste dinge. Dit wôd hoofsaaklik gebruik om met anne mense te connect, om informasie of jou opinie te deel of om jou daily dose of entertainment in te kry. Die influencers gebruik TikTok en Instagram om hulle content yt te kry en baie meer mettie followers te engage, en dis ’n groter norm wat ôs nou sien mettie paid promotions wattie brands doen om hulle products en services daa byte te sit. Maa soes ek sê, ek is nou baie mee informed oorie opinie vannie everyday citizen, veral die jeug. TikTok, unlike Facebook en Instagram, het ’n stitch opsie. Stitch, soes ôs hom ken, betieken om dinge te join of te maak of te mend met stitches. Jong, is soes stukkies man. Soe op TikTok, as jy iemand se video wil stitch, is ’n paa sekondes van daai video annie begin van jou video en dan wôd jou video daaraan gestitch en dis nou ’n hele video. Dit, annes as Facebook en Instragram waa video net geshare kan wod, gee die geleentheid om dadelik jou vyf sent innie boksie te gooi. Of ôs jou vyf sent soek isse anne storie, maa nevertheless, dit begin die conversation. TikTok het oek ’n duet-opsie, maa jy kan doen presies wat dit sê: duet. Dis ’n great way of integrating opinions, starting conversation, of plain en simple net die boodskap ytkry.  

Om by my punt te kô van hoekô ek soe informed is en informed is oorie opinie vannie jeug, staan die accounts van Kaitlyn Rawson en Zethu Gqola vi my yt. Hierie twie is undoubtedly hard biesag om TikTokkers innie loop te hou oo dinge. Ek sien baie vannie stories wat hulle oo praat nie ees innie mainstream media nie. Nie net deel hulle tussenin hulle opinie nie, maa hulle focus oppie storie at hand, en soes ek sê, gannie storie dan verder innie comment section. Zethu het ’n video gedoen mettie caption Cyril Ramaphosa vs Arthur Fraser explained, en ’n user het gecomment: “This lady is the only reason I understand what’s going on in South African politics and South Africa as a whole.” En daai comment het 3 579 likes gekry. En ek moet sê, ek stem saam mettie comment, alhoewel ek dittie gelike hettie onner die video nie. Kaitlin Rawson het ’n video gepost om ôs in te lig oorie Ryanair Afrikaans Questionaire, en ’n comment wat daa ytstaan vi my is: “It’s all about segregation. I have a feeling they only want a specific type of South African to use their airlines.” Also, Ryanair, what the fuck!

Dis presies wat ek jou wil sê. Innie media en volgens die government wat way te biesag is om een corruption scandal na die anne weg te stiek, is ôs heeltyd stuck innie past en move nooit vorentoe nie, especially in terms of the youth. Maa ek raai jou aan om die videos te loep kyk en deurie comments te gan. Ek raai jou aan om dee hulle profiles te gan en te kyk en dalk sien jy iets wat jy gemis het innie nuus. Die youth is up to date. Die youth is wys. Die youth, more than ever, is armed met knowledge at their fingertips. Die government dink net ôs wietie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top