- Gaan kyk Maanskyn en dorings. Hulle is nog vanaand, 13 Oktober, 20h00 by Artscape te sien en oek Saterdag 15 Oktober 14h00, met ’n Q&A oo mental health illness narie tyd mettie radio personality Sherlin Barends.
Maanskyn en dorings dee Heloïne Armstrong isse teks oorie bittersoet verkenning van liefde en verlies ennie kompleksiteit van deal met ’n ma wat schizophrenia-bipolarity. Die teks wat lyrically, poetically en truthfully annie gehoo oovetel wôd, isse teks wat kô ytie beenmurg van Armstrong, en judging by the “hmms” en “sjoes” ytie gehoo, ytie beenmurg van ’n bietjie te naby annie hys oek. Die teks vat jou op ’n emotional journey van ’n ma en kind wat deal mettie realities, evils en tolls van mental health, die effek daavan oppie persoon self ennie effek op ’n kind in daai omstandinghede. Wat maak jy as dit jou ma is wie jy party dae nie kennie as gevolg van haa episodes, en wat sê jy vi jouself wannee jy te gewoont is an dit en haa na ’n siekere tyd amper te goed ken in die spesifieke state en dit jou reality is compared to die kinnes wat joyfully unaware vannie “evils” van mental health ennie absence van soe ’n disability in hulle eie liewe as ’n privilege experience?
Die teks vra en moedig die gehoor an ommie menslikheid in die omstandighede te sien in mental health en isse great first step innie recognising vannie urgency daavan. Die teks onnersoek healing en reconciliation innie konteks van gevoelens deel. Dit was vi my striking dattie ma, gespeel dee Jill Levenberg, ennie kind, gespeel dee Iman Isaacs, in direkte en indirekte gesprek is met mekaa, en innie tye wat hulle nie issie, sien jy hoe die een geaffektee is deerie absence vannie anne een. Die teks is relatable, oep virrie gehoo en geskryf mettie nodige bringing-it-down-to-your-level-of-understanding geskryf, wat weer eens vi my bydra tottie nood ommie gesprek oo mental health te normalise.
Die akteurs is brilliant oppie vehoog. Iman Isaacs streel die gehoor elegantly, en innie performance kry jy die idee van ’n kind wat te lank stêk was, maa oek stêk genoeg is ommie liewe narie show en oovetel an te pak. Jill Levenberg is elegant in haa menslike en realistiese vertolking vannie ma met ’n disorder, ennie ytbeelding vannie eposides wattie karakter experience deerie performance van Levenberg maak dat jy vi Mammie baie bieter vestaaan, en al was al Mammie se decisions nie altyd ’n hanneklappie werd nie, het sy die beste gedoen wat sy kon innie oomblik wat sy was. Isaacs se karakter praat van 30 winters agterie rug en Levenberg se karakter praat van oorie 50 winters agterie rug, met wie wiet hoeveel nog wat kô, en dit lê die klem oppie lang stryd wat deerie present en actual victims deegemaak is, en oekie lang stryd wat ôs as ’n gemeenskap moet anpak innie normalising, accepting, embracing en healing process vannie hele journey. Die danser Lynette du Plessis, wat choreographed is dee Byron Klaasen, dien vi my as ’n softening of the tension en ’n representation of the love and hate tussen ma en dogter. Ek kan onthou toe ek die rol vannie kind gespeel het by Teksmark 2021, hoe ek innie rehearsal process ees begin veilig voel het oppie vehoog toe Du Plessis saam my beweeg as skaduwee. Tydensie vetoning het ek wee ’n unsafe feeling as gehoorlid experience toe Du Plessis die vehoog velaat en net vi Isaacs en Levenberg oppie vehoog los. Dis asof die figuur as ’n trigger warning en safety net gedien het, en dit los my mettie vraag, wat doen ôs as ’n gemeenskap wannee die training wheels vannie mental health bike afgehaal wôd? Voel ôs veilig genoeg om alien te ry saam mettie mense wat geaffekteer is, saam met ôsself wat daa dee gan, of gan ôsie bike neegooi en sê dis te moeilik? Daai vraag los ek vi jou.
Dis ’n storie wat by jou sit en baie ruimte laat vi introspeksie. Dis ’n nodige teks wat die begin is van vele anner wat dapper, seer en deemekaa genoeg is ommie journey an te pak. Disse teks wat vele alternatives tot healing en expression oorie gevolge en nagevolge van ’n mental health illness aanpak, en brilliantly so.
Kommentaar
Ek wens ek was in die Kaap nou om die play te gaan kyk, hoop dit kan PE toe kom. Ek het nog nooit 'n theater show live gesien nie behalwe soos Kinders van die Ses en Joe Barber op film, uitstekende werk.