Hou die ligte aan
’n Lyn hie, ’n beweging daa
vi hierie plek is mens veskriklik dankbaa
’n dak oo ôse kop
’n show voo ôse oë
’n opgewonde gevoel in ôse hart
ja,
hie gattie show nou begin:
hie binne gan klô goed an
bytekant voelit alles is annie brand
dié is soes ’n safe space vi ammel wattie safe voelie
akteurs
tegnies
gehore
maggie ligte altyd brand
die gehore altyd skree
die props altyd op plek wies
en elke akteur hulle cues onthou
lank leef teater
lank leef die gees
lank leef die liefde
lank leef die 5 minutes until the doors open
lank leef die doors open
lank leef lank leef lank leef.
Om die gedig met die regte tipografie op ’n tablet of slimfoon te lees, klik hier.
Hierdie gedig is deel van ’n reeks verse met “teater” as tema, en word aangebied om die dramaturg Athol Fugard se 90ste verjaardag in Junie 2022 te vier.
Die gedigtereeks word moontlik gemaak deur die ondersteuning van die LW Hiemstra Trust.
Lees al die verse in die reeks hier: