Die SAFTA winning actress, Crystal-Donna Roberts, ken jy vanaf haa verskeie TV- en filmrolle in onner andere Krotoa, Arendsvlei, Fynskrif en soveel meer, maa hieso is ’n kykie in Crystal se brein as skrywer. Crystal-Donna het deel gevorm vannie vier opkomende skrywers wat ’n skrywersresidensie bygewoon het, wat in Somerset-Oos angebied is deurie Jakes Gerwel Foundation en NB-Uitgewers. Crystal-Donna Roberts gesels met Veronique Jephtas oo haa debuutroman, Speurder Sammi: die blou steen, ytgegie deu NB-Uitgewers.
VERONIQUE: Crystal, jou roman, Speurder Sammi: die blou steen, is boeiend en treffend. Hoe wassie skryfproses vi jou, veral mettie omgaan van taal en hoe dittie wêreld vannie karakters in colour?
CRYSTAL: Die proses was humbling. En wanneer ek sê humbling, mean ek dit was een wat my geforce het om dinge van myself te acknowledge en te admit. Van ’n technical perspective moes ek admit dat ek nie gewoont is aan deadlines nie en dat ek ’n ander tipe discipline moet het om te kan skryf.
............
Die proses was humbling. En wanneer ek sê humbling, mean ek dit was een wat my geforce het om dinge van myself te acknowledge en te admit. Van ’n technical perspective moes ek admit dat ek nie gewoont is aan deadlines nie en dat ek ’n ander tipe discipline moet het om te kan skryf.
................
It’s all on me now and if I don’t sit down and do my bit for that day then it affects the progress. Ek het ook geleer dat ek dit baie geniet om die wêrelde en die stories wat in my kop aangaan, te entertain. Dis soos wanneer jou onderwyser vir jou gesê het om op te hou daydream. Nou kan ek maar daydream and elaborate op daai dream en ek kan dit op papier sit en vir die eerste draft kan ek net indulge. Dit was ook obviously cathartic. Sometimes things came up that gently nudged me to confront certain parts of myself and of life in general that I would ordinarily just deal with later. Maar… All in all, vir nou is ek addicted aan die proses van skryf en al die mooi en minder mooi wat daarmee gepaard kom.
VERONIQUE: Jou protagonist is ’n 13-jarige. Jy het onskuld en dapperheid en curiosity soe mooi gecapture innie storie. Wat het jou gedraw spesifiek na tieners? Issit ’n geval van iets beskikbaa maak virrie youth van vedag wattie daa was vi jou nie?
CRYSTAL: My rede vir ’n 13-jarige protagonis is seker omdat ek in ’n manier nog steeds voel soos daai jong mens wat bietjie bewildered kan wees in die wêreld. So veel soos wat ons almal maar grootword en groei en wyser raak, is daar nog steeds hierdie gedeelte van ons wat net nog nie die antwoorde het nie and we’re still searching and asking and discovering. Nog ’n rede is omdat ek so baie jong mense sien wat dinge ervaar het of bewus geword het van dinge op ’n baie jong ouderdom. In die boeke wat ek gelees het op skool, was baie van die protagoniste se lewens nogal “vanilla” in vergelyking met wat ek gesien het in my gemeenskap. Some kids have to grow up really quickly en ek wou daai ook explore. Nie net grootword in terme van werk en inkomste in die huis bring nie, maar ook emosioneel en hoe jou forced emotional maturity vir ’n mens kan impak en dan hoe ’n mens dit kan gebruik.
VERONIQUE: Sammi ervaar groot trauma baie vroeg innie roman. Jou manier van gemaklik skryf oo mental health en anxiety en panic attacks wôd mettie coping mechanisms van Sammi, en oek die reaksies en liefde wat ammel teenoor Sammi toon, genormalize en glad nie ge-other nie. Watte gesprek hoep jy wek dit op onner tieners en soema oek saans langsie ietenstafel?
CRYSTAL: Meeste van ons vandag ervaar ’n tipe van angs. In my ervaring voel daardie angs effe ligter wanneer die mense na aan jou bewus is daarvan. Mens hoef nie meer aan te sit nie. Die aansittery maak moeg. Dit vat baie om te pretend dat jy okay is wanneer jy rerig nie is nie. Ek hoop dit hits mense aan om meer respek te het vir wat ander deurgaan en om meer space te hold. We’re always a little more brave to talk about something when we feel it won’t be met with judgement but rather with respect and an attempt at understanding.
..............
Ek hoop dit hits mense aan om meer respek te het vir wat ander deurgaan en om meer space te hold. We’re always a little more brave to talk about something when we feel it won’t be met with judgement but rather with respect and an attempt at understanding.
.................
VERONIQUE: Die tema van verlies is groot van begin tot einde. Met Sammi en haa familie en oek die nuwe vriende wat sy maak. Dit kô oek in veskillende vorme voo. Wou jy doelbewus die resilience van jou karakters beklemtoon of staan dit meer yt as gevolg van hulle omstandighede wat natuurlik ontstaan het?
CRYSTAL: Verlies is iets wat baie van ons in gemeen het, in one way or the other, maar omdat ons almal uniek is, is ons manier van grieving ook uniek en eie aan ons persoonlike ervarings in die lewe en hoe die lewe ons geshape het.
VERONIQUE: Speurder Sammi los vele riddles op en solve crimes. This is putting it mildly, want ek wil niks weggie nie. Wat hettie blou steen lat wen oorie tipiese vorme van tegnologie of gadgets wat help met detective work?
CRYSTAL: Ek hou van die idee van die blou steen juis omdat dit nie tegnologies is nie. Ja, daar is die internet wat Sammi gebruik vir navorsing, maar dit kom nadat die blou steen iets geprompt het. Die blou steen kom uit die grond uit. Dit kom uit die aarde uit en dis primal. En sy ontdek dit in die land van haar Ouma en Oupa, die land van haar mense. Ek hou van die idee dat dit maak nie saak hoe ver ons vorder in tegnologie nie, dit sal altyd die oer in ons wees wat ons instincts skerper en sterker maak. Dis nou as ons na dit sal luister.
.............
Die blou steen kom uit die grond uit. Dit kom uit die aarde uit en dis primal. En sy ontdek dit in die land van haar Ouma en Oupa, die land van haar mense. Ek hou van die idee dat dit maak nie saak hoe ver ons vorder in tegnologie nie, dit sal altyd die oer in ons wees wat ons instincts skerper en sterker maak. Dis nou as ons na dit sal luister.
.................
VERONIQUE: Die vriendskap tussen Sammi, Lerato en April is een wattie leser nostalgies maak, en lat mens oek opnuut besef dat vedag se 13-jariges steeds dee alles gan: die cattiness op skool, by tye geboelie, die daa-wies innie moeilike tye vi jou vrinne, jou eeste crush, people pleasing en dealing mettie Stacey’s innie liewe. Issie doel dattie Sammi’s, Lerato’s en Aprils innie wêreld sien dat ammel gan dee hierdie growing pains en bietjie mee grace het met waa hulle nou is?
CRYSTAL: Ek dink partykeer is mens so diep in ’n situasie in dat jy vergeet of jy sien nie altyd raak dat daar ander is wat deur iets soortgelyks gaan nie. Die gevoel van alleen deur iets gaan, kan ons hartseer maak; kan ons laat voel dat ons nêrens hoort nie. En ons wil almal belong. My persoonlike ervaring het my geleer dat as ons net praat of net luister, sal ons besef ons is nie alleen nie. Dit gee my gewoonlik bietjie krag. I also get by with a little help from my friends.
VERONIQUE: Sammi het steeds hierdie hoop vi bieter dinge, en nie net dittie, maa dat dinge gan vebieter. Met dit sit jy die volwassenheid wat kinnes en tieners besit, soe mooi en kragtig voo. Hoep jy kinnes wôd baie mee na gelyste ná iemand die boek gelies het?
CRYSTAL: Ek hoop absoluut kinders word meer na geluister. Nie net vir hulle onthalwe nie en nie net sodat hulle veilig genoeg voel om hulle drome en vrese en ervarings te deel nie, maar sodat ons (met ons bedoel ek ouer generasies) ook van hulle kan leer. Hulle ervaar die wêreld in die huidige toestand wat dit is, en die huidige toestand van die wêreld is anders as toe ek ’n tiener was en dieselfde geld vir ons ouers toe ons tieners was. Ja, die growing pains en die existential crisis sal altyd daar wees as deel van die groeiproses, maar dit is ook spesifiek to the times en ons moet daardie gesprekke het met mekaar en listen to learn and not to judge or discipline.
VERONIQUE: Familie is ’n groot tema in jou roman. Sou jy sê dattie onnersteuning ennie gedra wat familie bring, bydra tottie rypwording en groeiproses in en op ’n tiener se ondekkingsreis?
CRYSTAL: Ja en nee. Nie almal het die privilege van ’n familie wat jou ondersteun en dra nie. Ek sien baie kinders/tieners wat uit families kom wat hulle ondersteun en entertain in alles wat hulle wil doen, en obviously flourish hulle. Ek het ook al gesien hoe ander wat uit dieselfde tipe huise kom, ook nie noodwendig flourish soos wat van hulle verwag word nie. Dan het ek ook tieners gesien wat uit omstandighede kom waar dit lyk asof alles teen hulle is en hulle presteer bo die verwagtinge van die samelewing. So ek dink dit hang af van die mens.
............
Nie almal het die privilege van ’n familie wat jou ondersteun en dra nie. Ek sien baie kinders/tieners wat uit families kom wat hulle ondersteun en entertain in alles wat hulle wil doen, en obviously flourish hulle. Ek het ook al gesien hoe ander wat uit dieselfde tipe huise kom, ook nie noodwendig flourish soos wat van hulle verwag word nie. Dan het ek ook tieners gesien wat uit omstandighede kom waar dit lyk asof alles teen hulle is en hulle presteer bo die verwagtinge van die samelewing. So ek dink dit hang af van die mens.
...............
VERONIQUE: Wat wassie inspirasie agterie omslag?
CRYSTAL: Ek het die publisher ’n paar voorbeelde gestuur van wat ek in gedagte gehad het en dit was meestal lofi tipe images; meisies wat net chill in hulle kamers of skryf of lees of na musiek luister. Ek het baie lofi geluister toe ek geskryf het. So die idee was om ’n meisie te sien wat net vibe in haar natuurlike, every day surroundings. Ek is mal oor wat William Bishop (die illustrator) gedoen het, want nie net het hy my gunstelingkleur incorporate sonder dat hy weet dat pers my gunstelingkleur is nie, maar die posisie waarin Sammi lê en die bietjie klere wat daar rondlê en die boek en headphones vertel ook hulle eie storie.
VERONIQUE: Wat het jy gelies toe jy ’n tiener was?
CRYSTAL: Ek kan nie die name onthou van die boeke wat ek gelees het nie maar ja, ek het teen romance novels gelees. Selfs al snot en trane gehuil oor ’n boek. Ek het ’n paar van die Sweet Valley High-boeke gelees. Anne Rice het ook baie op my lessenaar gelê. Ek was mal oor Interview with the vampire. En, bietjie later in my lewe, toe ek op universiteit was, I have to admit it; I read ALL the Twilight books. Cover to cover. My gunstelingboek op hierdie oomblik is een wat ek hierdie jaar gelees het. Dis The gargoyle deur Andrew Davidson. I love every word in that book.
VERONIQUE: Wat hoop jy vattie leser weg van jou roman?
CRYSTAL: Dat dinge tyd vat. Dinge sal gesond word; gesond word in alle aspekte en dat as mens net sal luister, sal jou natuurlike instincts vir jou sê wat om te doen.
VERONIQUE: Ek gannie vra wat jy volgenne wil skryfie, maa liewer watter genre wil jy volgenne anpak?
CRYSTAL: Ek wil baie graag ’n goeie thriller kan skryf. Ek is ook nie rerig ’n snaakse persoon nie, so ek sal wil sien wat ek met komedie kan doen. Ek wil graag albei explore vir film en TV.