Revelations oppie pot

  • 0

LitNet se Stemme is ’n reeks van 10 kort, kragtige monoloë, geskryf deur gevestigde en opkomende dramaturge, aangebied in samewerking met die Suidoosterfees, KKNK en NATi.

In Veronique Jephtas se monoloog is Hein Poole in die rol van ’n jongman wat verduidelik waarom sy vriend Kaffe al die bier omgeskop het. Lee-Ann van Rooi het die regie behartig.

Hein Poole vertel hoe hy sy rol in Revelations oppie pot benader het.

Revelations oppie pot

-vi Kaffe

Daa skop die broe somme al ôs biere om. Ses koue biere. Die druppels het nog soe afgetap en allie borrels was vaal vannie koue. Ek het nog nooit gesien ieman wattie geld hettie, skop wyn ommie. Maa nee. Kaffe skop nou vidag biere om soes ’n sokka speler wat moet punte score innie world cup final. Ek kyk na die gebriekte stukkies glas wat net daa rondlê en die bier wat loep. Skuim lyk soes iets skoon, en die bier of course lyk soes pis. Die pis wat ôs moes gepissit vannie biere, want castle lat jou mos baie pis. Maa selfs ôs pis se moer volgens Kaffe. Meeste tye het ekkie vi Kaffe vestaan nie. Ôs hele vrinnekring wêkie, en ôs maak maa staat op skarreldoppe en los toppetjies wat rondlê. Maa jirre, hoekô het Kaffe allie biere omgeskop?

Ekke kon sien in Kaffe se gesig hy is nou bedornit. Nou vra ek jou, het jy al gesien so ’n swart jong is bloedrooi van jasgyt? Laas toe ek ieman soe bloedrooi gesien het, was toe ôs koejawels gaa steel het by Baas Willem en hy ôs weggejaa het met sy golf clubs. Soes blits haloep ôs deurie wingerd, en ôs plastieksakkies hou ôs soes kites innie lug. Toe fluit Carlo en ôs stop en gooi ôs koejawels innie sakkie. Toe kommie baas mos. Die Koejawels was skaars ryp. Hy kon maa sy kak Koejawels gehou het. Kaffe het vi hom geskrie: “Ja baas, nee baas, jou koejawels kôt nog tyd, baas.” Daai selle dag oppad terug hys toe, wat was it? Daai was Youth day, ja. Die is nou alles voorie biere so vloei soes ’n rivier. Right, dit rient, en jy ryk somme dit het nou net begin val. Oem Davey het sy seil oor sy stalletjie gegooi, en allie mense kap hulle umbrêllas oep en maak hulle way pp hys toe of af drankwinkel toe. Die pad was bedrywag en oem Cupido het oek verby gery. Hy het nog geskree ek moet vi my ma groete stuu. Mense mors tog hulle groete met my, want ek vegiet altyd om actually die groete aan te stuur.

Ennykys, ek en Kaffe is dieselle dag hie in by Shoprite. Carlo het somme straight hys toe gegaa. Hy was baie bedornit oo daai harre koejawels. Nou in Shoprite, agtevolg die security heeltyd vi ôs. Om een of anne rede, lyk ôs “suspicious”, veral Kaffe, cause die jong gie nie ’n fok om oor wie, wat, waa en hoe nie. Kaffe wou noggie ou R30 yt sy stukkene agtergat sak yt haal, toe trek die security hom voo en vra hy moet ytgaan. Ek het my bek gehou, want ek soekie kakkie , ek soek ’n brood en R15 se French polony. Daais al. Ôs staan innie aisle mennie skoonmaak goedte. Nou vra ek jou, was jy al ytgesit yt die skoonmaak goedte aisle en nog ytgesit yti shoprite ommat jy in die gatsak van jou stukkene jean krap? Jy wiet hoe die storie gaa. Kaffe is ytgesit, en ek en hy gat sit toe onne Oem Davey se stalletjie, want ôs gloe ôs moet soutvis met ôsse French polony iet. Kaffe vra somme vi oem Davey of hy ka wêk onnerie seil, innie stalletjie. Ek lag. Oem Davey sê ja, en Kaffe vra hoekô ek lag. Ek sê: “My broe, wat wiet jy va vekoep en customers inkry?”

Kaffe het my net so gekyk en gesê: “Jong, bly stil, as jy wiet wie jy is, ka jy ienage iets doen, al issit kak anvang. Nou toe, iet klaa lat ôs ka maats, die rient het lekke opgehou, so ôs ka nou paa biertjies geniet.”

Ek iet toe vinnag, want ek hou va veniet wyn. Ôs is toe weg by Oem Davey. Net voo ôs gooi gie Kaffe vi oem Davey ses harre koejawels en sê hy moetit in koerantpapie toedraai en wag tot dit sag raak. Ek dink, kyk vi Kaffe. Oek windgat om sy nuwe baas te impress, maa soes hy sê: ‘an act of kindness goes a long way’.

Om terug te kô byrie biere, ek en Kaffe is toe weg na Toetas sy hys toe en Kaffe sê: “Ek hoepie haai man koep wee blacks nie. Hy vat my ameka vir ’n gat.”

En daai was sieke die weirdste moment. En soes ek nou hieso oppie kakpot sit en dink, oo hoekô Kaffe allie free biere omgeskoppit, vestaan ek.

Vi lank chill ôs byte by Toetas se join. Sy mense is orait.

Pa koep nou en dan vi ȏs 6 blacks, en soes julle nou wiet, Kaffe moet saam syp, al vekies hy castle.

Ek moes toe lank vi Kaffe vedytlik dat hy nie geld hettie.

Hy het fokkol bygesit nie. In fact, nie een van ôs hettie, soe hy moen syp wat hy kry. Kaffe het fokkol. Behalwe die goedtes wat hy in gloe.

En maak nie saak wie vi hom wat koep en sȇ nie.

Haai man, change nie sy nomme vi ienage ietsie.

Nie ’n baas nie.

Nie ’n security guard nie.

Maybe vi oem Davey.

Maa nie ’n black labeli.

Nie sy brasse nie.

En for sure nie ienage ieman wat vi hom kak wil vetel van hy het fokkolie.

Nou issie toiletpaper is op.

“Mammie!”

 

***

Stemme is ’n Nuwe Skryfwerk-projek van LitNet en word ondersteun deur die LW Hiemstra Trust.

Al die Stemme-monoloë word in die volgende weke op hierdie blad vrygestel:

Stemme

Lees hier meer oor die Stemme-projek:

Stemme: LitNet se monoloogprojek met Suidoosterfees, KKNK en NATi

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top