Soe rond ommie bos deur Veronique Jephtas: boekbekendstellingsvideo
2021-03-29Veronique Jephtas se debuutdigbundel Soe rond ommie bos is die naweek in die Paarl bekendgestel. Remona Voges, Protea Boekhuis se bemarker, het met Veronique gesels. Gys Loubser was daar om namens LitNet ’n video van die geleentheid te neem.
Veronique Jephtas gesels oor die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2020
2020-09-10Die fokus van dié residensieprogram (aangebied in samewerking met PEN Afrikaans) is veral skrywers wat nuwe stories na die Afrikaanse letterkunde bring en leefwêrelde oopskryf wat nog nie voldoende in die letterkunde gehoor is nie.
Net wit gesiggies oppie poster
2020-08-27"Representation is belangerik. Om te voel asof jy hoort is belangerik. Om te voel jy wôd gehoo en ve’staan is belangerik."
#opdielug met Veronique Jephtas
2020-07-08Die negende gas op die maandelikse Lekker LitNet-insetsel op Radio 786, in samewerking met die Afrikaanse Taalraad, is Veronique Jephtas. Sy is een van die ses skrywers wat gekies is om in Julie in die Paulet-huis in Somerset-Oos te gaan woon vir die Jakes Gerwel-stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2020. Robyn gesels met Veronique oor, onder andere, haar dramaproduksie Hoe change hulle (Toyota US Woordfees 2020), die toekoms van Kaaps en haar aktivisme.
Jeugdag is hie', en et iets ve'anne?
2020-06-15"Met ie onlangse protests wat aan ie gang is, met ie #Blacklivesmatter, staar ôs wee’ ongelykheid en racism innie gesig. Het dinge ooit gechange? Die uprisings was in 1976 – haai is 44 jaar gelede. My ma is 42, haai betieken niks et in haa’ lifetime gechange nie."
Is alles oraait byrie hys?: ’n Onderhoud met die stigter van Vannie Kaap
2020-05-28Met ’n Instagram-following van 181 000 en meer as 380 000 likes op hul Facebook page is Vannie Kaap, in hul woorde, ’n sosiokulturele beweging. As jy al gevra het of alles oraait by die huis is, het jy al Vannie Kaap se memes iewers gewaar/geshare. In Maart 2020 het Bernie Fabing, die stigter van Vannie Kaap, ’n memeboek by Kwela uitgegee getiteld, natuulik, Is alles oraait byrie hys? LitNet het vir Veronique Jephtas gevra om met Bernie Fabing te gesels.