........
“Ammel innie land praat va’ George Floyd en Ahmaud Arbery, maa’ nieman praat va’ Collins Khosa, Ntando Sigasa, Sibusiso Amos of Petrus Miggles nie, behalwe dié wat aanhou geraas maak op social media. En it laat my dink aan ie res wie se naam ie Hector Pieterson issie.”
........
Met Jeugdag ommie draai en ie current climate wat ôs face, is it impossible om nie te vra: “Het dinge ooit gechange?”
16 Junie bly ’n bittersoet dag. Dissie dag toe die student uprisings sy peak bereik et. Ôs kennit as ie Soweto uprising. Die rise vannie Black Consciousness Movement (BCM). Die BCM en ie Suid-Afrikaanse Studente-Organisasie, SASO et political consciousness onner ie students wakker gemaak. Issie dag waa’ ôs ie students on’hou wat gemarch et vi’ change en ôs honour hulle liewens.
’n Dag is te min as jy my vra, but orraait. Ôs slaan ôs vuiste op en ôs salute ôs brasse wat brave genoeg was om op te staan en ie powers te challenge. Is ’n celebration va’ krag en eenheid en alles wat ie jonger generasie ka’ bereik. Ek niem aan haai is ommat ôs ie toekoms vannie land is, en as ie toekoms van ’n land, vannie wêreld besluit genoeg is genoeg, nou dala ôs ’n ding, moet jy wiet iets groot is op pad.
Met ie onlangse protests wat aan ie gang is, met ie #Blacklivesmatter, staar ôs wee’ ongelykheid en racism innie gesig. Ek vra wee’, het dinge ooit gechange? Die uprisings was in 1976 – haai is 44 jaar gelede. My ma is 42, haai betieken niks et in haa’ lifetime gechange nie. Dat ie wêreld steeds 44 jaar late’ moet protest en skree om sieke’ te maak ammel hoo’ hoe ôs saak maak en dat ôs at least ie decency va’ respek ve’dien? As ieman’ wat baie vocal is oo’ political issues en vrouekwessies, as ieman wat protest en resistant poetry maak en ie mense in mag direk aanspreek, et ek altyd gevoel niks et ve’anne nie. Maa’, met ie current climate, ek wietie jong, ek voel ie oё va’ my mense oepgaan. Sieke omdat social media so ’n groot invloed et, maa’ dinge gebeur nou. Ammel innie land praat va’ George Floyd en Ahmaud Arbery, maa’ nieman praat va’ Collins Khosa, Ntando Sigasa, Sibusiso Amos of Petrus Miggles nie, behalwe dié wat aanhou geraas maak op social media. En it laat my dink aan ie res wie se naam ie Hector Pieterson issie. Dié wat gevat is va’ ôs af, wat ôs ve’loo’ et aan ie struggle, wat niemand oo’ praat nie. 44 jaar later en ôs protest nou nog oo’ basic rights en ie erkenning dat ôs oek net mens is. Net soes haai students onderrig in hulle moedertaal wou gehad it, soek ôs vidag net ie acknowledgement dat ôs mens is. En ie basiese respek ve’dien.
Met Jeugdag ommie draai et ek gedink aan my jare lange begeerte om deel van iets groter as myself te wies. Va’ kleins af excite ’n riot vi’ my, omdat ek gewiet et hulle protest vi’ iets. Die gesingery en die dansies was vi’ my captivating soes ’n theatre performance. Somehow et ek gewiet daa’ is onreg en ongelukkagyt.
Jeugdag is ommie draai, in fact, is hie’, en hoe amazing is ittie om te sien hoe die wêreld nou nog protest nie. Alhoewel ek my eie views et, en nie aldag saamstem met wat gesê wôd en dinge nie, is ek bly ammel, van alle kante af, voice hulle opinion. Wôd deel vannie gesprek, probee’ vi’staan, vra vrae, probee’ active change maak, probee’ opstaan tien hulle eie wat onreg doen, wat steeds stereotype, be it wit mense wat mense van kleu’ haat of judge, swartes wat coloureds judge, of kleurlinge swartes. Alles is deel vannie probleem en niemand is ’n exception nie; is belangerik om in jou eie huis te begin voo’ jy try ommie wêreld te red.
Jeugdag is hie’, en et iets ve’anne? Awe, for sure. Die gebruik va’ technology en social media. Skielik ka’ iets so norag en belangrik trend op Twitter; skielik ka’ daa’ gepraat wôd oorie systemic racism en code of conduct in skole; skielik ka’ gepraat wôd oorie ervaringe in predominantly white spaces en werksplekke. Skielik ka’ mense opstaan en hulle storie deel, al is it anonymously via Instagram of Twitter of Facebook. Skielik inspire movements in Amerika movements in Suid-Afrika en ammel praat oo’ goed wat ek my hele lewe lank voo’ wag, my hele lewe lank al sê, en altyd geklink et soes ie een wat kerm.
Jeugdag is ommie draai en ek sien change kô, nie net innie wêreld nie, maa’ oek in ôs land. Soes Miss Universe gesê et, “It is time to take up space and cement ourselves.”
Jeugdag is hie’ en ek is trots op my land se moed om te resist. Die vuur ommie powers te fight. Die gemoed om nou te praat oo’ dinge wat jy as kind nie dalk ve’staan et nie. En jy as millennial wat nou sien hoe jy ve’keed behandel was. Net stil was. Net aanvaa’ et. Nie gedink et ie. Ek is bly jy maak nou geraas, ek is bly jy sit en aanvaa’ nie mee net nie. Ek is bly jy dink nou vi’ jouself. Ek is bly, wan’ Jeugdag is ommie draai, ’n opportunity om te reflect en te sien wat et innie laaste 44 jaar ve’anne, en oek ’n geleentheid om te begin dink aan hoe die narrative oo’ 44 jaar van nou af bietere ka’ wies as vidag.


Kommentaar
Why skattie spyte op sy lol! Ma dit.lyk vi my toe met dinge vi anne soe met blyritie sallie. Rykes wort net Tyler en dis armed kry reader. Ma mettie so-called covid word almal jou een. We are all in the same storm but not in the same boat!
Baie swak taalgebruik