’n Reflection op Youth Day 2020

  • 3
Is ôse jong coloured stemme genoeg om structural racism te stop?

Die afgelope naweek het Marc Lottering, ’n comedian in Kaapstad, sy ee’ste online show gedoen titled My fellow South Africans. Ek was soe opgewonde virrie show, en ek’t ’n ticket virrie show gekoep as ’n extended birthday present vir myself hierie maand. Die hele show was brilliant soes gewoonlik, especially sy nuwe take op ou karakters soes Aunty Merle en Colleen the Cashier wat as “Corona Colleen” ve’skyn’t. Maa innie ees’te paa minute vannie show was ek in trane, en in daai oomblik wassie show ’n comfort vi my. Net voorie show het ek ’n video gekyk op The New York Times website van George Floyd en hoe hy binne agt minute deur die polisie ve’moor was. Dit was ’n groot shock to the soul om iemand se murder basically te witness. Die most shocking moment vi my was wanner George vi sy Mamma (ek noem my ma oek Mamma) uitroep – ek’t immediately ’n breakdown gehad.

Kan djy nou imagine hoe shocking was die moo’d van Tshegofatso Pule, ’n 28-jaa-oud vrou van Soweto – ’n vrou wat oppie punt was om ’n mamma te wôd. Hierie moo’d maak my so kwaad to the core – obviously hettie femicide protests van September 2019 in Suid-Afrika op dowe ore geval! Ek onthou in watte toestand ek was tydens die femicide protests laas jaa – ek konnie innie aan’e geslaap’tie. Recently was daa ’n social media post wat my toestand baie accurately describe: “Everyday I am reminded that my chances of dying a natural death are slim, because I am a woman and I live in South Africa.” Ammal die vroumense in my liewe praat van “die burden of womanhood”, en die moo’d van Tshegofatso het net ammal hierie fears en wounds wee vir my oepgemaak.

..........

“Kan djy nou imagine hoe shocking was die moo’d van Tshegofatso Pule, ’n 28-jaa-oud vrou van Soweto – ’n vrou wat oppie punt was om ’n mamma te wôd. Hierie moo’d maak my so kwaad to the core – obviously hettie femicide protests van September 2019 in Suid-Afrika op dowe ore geval!”

..........

Since my birthday in lockdown sou plaasvind, en ek kry al klaa lockdown anxiety, het ek besluit om ’n fundraising appeal te begin vi abused women and children byrie Saartjie Baartman Centre in Athlone. Aanie begin van hierie appeal was ek soe hopeful en optimistic. Ek hou myself altyd accountable om te onthou dat ek die power en ability het om aan ’n situation te respond, maakie saakie hoe negative of stressful die situation is nie. Maa nou voel ek: Is daa nog ’n punt? Sal hierie donations evens ’n ve’skil maak? Of gaan ek wee môre ’n nuwe murder storie oppie nuus sien?

Of course is hierie twie victims nie die enigstes nie. Racism het ’n lang, lang geskiedenis in Suid-Afrika, en dit het net worse gewôd tydens die lockdown. Die saak van Collins Khosa is nog ’n ha’tseer en painful reminder hie’oo. Baie anner coloured mense innie arts en activism het oek doodgegaan, soms dee moo’d en soms dee natural (of anner) causes – arts activists Kirvan Fortuin en Lyndsay Hill, die sanger Baarik Losper en Shahied Ajam vannie District Six Museum. Die lys gaan aan en aan, ennie trane loep af elke kee ’n nuwe death innie media ve’skyn.  

..........

“As ’n coloured vrou in Suid Afrika dra ek baie pyn en fear oo wat my toekoms sal wies in ’n wêreld waa my vroulike liggaam en die kleur van my vel die einde van my existence kan beteken.”

..........

Ja, make no mistake, ek voel baie powerless op hierie oomblik. Maa dit is Youth Day, en ek is nog jonk en gesond. Ek’t my hele liewe wat voo my lê, en ek is ’n skrywer wat woorde tot liewe kan bring. Nou mis ek die theatre mee as ooit, en ek wens ek kan saam’t my theatre families nou kan wies. Ek wiet dat hulle vi my kan troos, en vi my laat voel soes ek, despite my powerlessness, saam’t ’n stêk gemeenskap is. In ’n poetry performance video deur Veronique Jepthas quote sy: “Why does suffering have a black skin?” As ek aanie history van Youth Day ennie 1976 Soweto Uprising reflect, dink ek aan Veronique se woorde: “Hoe lank nog? Ek hoekô ran nou nog?” Hoeveel jare moet daa ve’bygaan en hoeveel black rights movements moet ôs begin voo’dat die moo’d van ôse mense at the hands of the state tot ’n einde kom?     

Yazeed Kamaldien, ’n joernalis innie Kaap, het ’n #blacklivesmatter discussion op Voice of the Cape radio station gehad, waa hy vra assit tyd is virrie Muslim community in Suid-Afrika om anti-black racism te confront. Of course issie antwoo’d aan daai vraag obvious – the time is long overdue! Ek’t baie geresonate mettie discussions oo structural en systemic racism wat vi ôs force om oo ôs eie inne’like racism te confront – die idee dat djy nog altyd racist practices het alhoewel djy nie (of djy dink dat djy nie) racist woorde gebruikie. Sommige mense innie Kaap wietie eens nie dat daa ’n baie groot black Muslim community hie innie Kaap is van Suid Afrika, including Muslim refugees van anner lande soes Somalië en Ethiopië, en hoe marginalised hulle is innie groter Muslim community. Hoeveel masjieds in Philippi en Mfuleni is widely recognised deurie rest vannie Kaap?

..........

“As people of colour kan ôs nie guarantee dat ôsie power het ommie hele structure of racism te dismantle nie, maa ôs kan beslis ’n step voroentoe niem om ôse innerlike racism en classism te dismantle.”

..........

Aan die einde vannie show het Yazeed sy guests gevra oo hoe ôs meer social cohesion kan create en ’n attempt maak om systemic racism te stop. Sheikh Fakhruddin Owaisi, ’n guest oppie show, het gesê dat ôs moet saam’t black Muslim communities integrate. Black Muslim communities moet nie net ôse Zakaah recipients wiesie, en ôs moetie net vi hulle onthou wanner ôs soup kitchens as charity vi hulle wil gie nie. Daa is geen plek vir racism in Islam nie, sêrie Sheikh, maa baie Muslim mense globally is nog altyd racist en prejudiced teen black Muslims – en daai behaviour is baie un-Islamic!       

As ’n coloured vrou in Suid Afrika dra ek baie pyn en fear oo wat my toekoms sal wies in ’n wêreld waa my vroulike liggaam en die kleur van my vel die einde van my existence kan beteken. Maa as ’n Muslim coloured vrou voel ek dat’t my responsibility is om mee te lee en mee te luister aan my fellow Muslim siste’s en broe’s van black communities saam’t wie ek nie altyd engage’ie, en wie mee aanie receiving end van racism is as ek. As people of colour kan ôs nie guarantee dat ôsie power het ommie hele structure of racism te dismantle nie, maa ôs kan beslis ’n step voroentoe niem om ôse innerlike racism en classism te dismantle.

Woordeskat:

Masjied – ’n plek van aanbidding vir Muslims

Sheikh – ’n Islamitiese godsdienstige leier

Zakaah – een vannie vyf pilare van Islam waar Muslims ’n persentasie van hul welvaart aan ’n arme betaal as ’n godsdienstige verpligting of belasting

Lees, kyk en luister verder:

Lees ook

Jeugdag is hie', en et iets ve'anne?

  • 3

Kommentaar

  • Berdéhan Brand

    Nee, "ôse" is nie genoeg nie. Twee stappe vorentoe indien "ôse" met kollektief vervang word.

  • Arthur Oliver

    The truth of the matter is in the power of your expression. Stop living a lie and proudly call yourself what you are. Are you not a member of the Koisan people? Proudly identify yourself and your will meet up with pride.

  • Dewald Alberts

    Dis net die politici wat rassisme aanwakker, en dit is gierigheidsgedrewe, die probleem is dat almal daarvoor val, ek is ’n whitey wat heel liberaal en rebels grootgeword het en in die vroeg 70’s ’n garage band saam my Coloured vriende in Upington gehad het, die meeste van my mede whities het al in die 80’s hulle tune verander en daar was hoop tot die korruptes die 2010 wêreldbeker gekoop het, dit was die begin van wat ons almal nou mee opgeskeep sit, maar in stede van die probleem uitsorteer fight ons steeds mekaar se kulture, kerk, kleure en dis die sadness van ons lewe.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top