Net wit gesiggies oppie poster

  • 2

Laaswiek et ek my ontevriedenheid ytgespreek oorie feit dat daasa net wit gesiggies was oppie poster virrie ATKV Tienertoneel-webinaarreeks. Ek wou eers’ie post daa’oorie. Maa’, ek mean ma, dit sou irresponsible wies om nie te praat oo’ iets soes  daai wat ’n warme klap innie gesig issie. As ieman’ wat gereeld praat oo’ dinge wattie lekke’ issie,  oo’ dinge wat ongemaklik is vi’ bety, wiet ek soms val mens se woorde op doewe ore.

Toe ekke nog gestudy et, was ek baie bang. Ek was in Stellies, surrounded mettie white folk  en ekke et gesien hoe baie mense se proximity aan whiteness baie kleiner raak. Daai et my nervous gemaak. Ek et myself gevra, is daai wat ’n mens moet doen om te succeed in die industry? Moet ekke heeltyd gefocus bly oppie white gaze en alles explain, moet ek aan myself tweak en die narrative van my passionate stories change om hie’ te survive? Ek et toe beslyt dat ittie die moeite werd is om my gies  en ware wô’tels te ve’loo om te succeed in die industry nie, en ekke staan toe my man.

My post was baie simple. En ekke wou wiet of nie een van daai wit mense gedink et daa’ isse problem met die poster nie. Het hulle white privilege hulle so blind gemaak dat hulle nou net dinge aanvaar soes dinge kô? Ek et gesê hulle white privilege affect hulle nie, cause hulle liewe in ’n white world. Iemand et gecomment, ’n wit vrou, wat gesêrit net omdat sy wit is betieken nie sy et alles die easy way nie, en dat “white privilege" haa nie benefit nie, cause êrens in haa liewe was vi’ haa gesê hulle kannie vi haa die job gie nie, cause sy issie ’n person of colour nie. So ekke moet mooi dink voo’ ekke sê alle witmense et dit maklik. Haa comment et somehow imply dat ekkie wiet iets soes reverse racism bestaan nie. Ek sê vi haa die volgene.

  1. Konteks is baie belangerik
  2. Ekke kan vi haa my presentation op reverse racism email wat ekke laasjaa gedoen et virrie klas
  3. Om te compare en te dink ’n wit mens en ’n mens va kleur is equal in struggles is impossible.
  4. Ommie gesprek terug te draai na jouself toe as ienage ieman’ praat oo hulle oppression, is sieke die onmenslikste ding om te doen.
  5. Ekke et gelee’, dat jy ka jou blou vedytlik, maa as ieman’ nie comprehend wat jy sê nie, issie gesprek useless.
  6. Wit mense kan oepenlik oo hulle issues en tekortkominge gesels, cause ôs sal lyste, ôs het goeie harte, maa om dit al iewag op te bring as mense va kleur ’n storie ve’tel, issie reg nie.
  7. Sonne ’n job kan ’n wit mens nog altyd meer koep as ’n persoon va kleur met ’n wêk.
  8. Rassisme is inherent. En met ’n poster soes daai vannie ATKV wys dit wee die witheid iets om na toe te strewe, en dat ienage iets en persoon van kleur een of anne vorm van contamination is
  9. Ek hoep sy et nou wêk.
  10. Sy moet haa dag geniet.

Dit was vi my belangerik dat sy ve’staan dat ek hie’ praat oo representation. Erkenning en respek.

Sy het terug reply en gesê dat sy ’n vriendin va kleur het wat oek sukkel om wêk te kry in die industry en somehow imply sy dat sy struggle ken. Maa sy sê sy stem’ie saam mettie stelling dat ’n wit mens sonne’ ’n wêk meer kan koep as ’n persoon van kleur sonne ’n werk’ie.

Ek sê haa toe wee, konteks is baie belangerik. En ek praat vannie basic respect en erkenning dat ôs mens is en dat ôs vel, tong en stories saak maak.

Want kyk, issie haa burden alleen om te dra nie. Issie ’n attack op haa nie. Nie eers dié oppie poster nie, maa oppie system. Wan’ daai is hoe dit designed was. En vi dinge om decolonised en gedecontruct te wôd, moet ôs die nodige gesprek met mekaa’ het, in ’n respectful way, al issit oo’ Facebook.

En issie jammerte ATKV het dié laat slip. Representation is belangerik. Om te voel asof jy hoort is belangerik. Om te voel jy wôd gehoo en ve’staan is belangerik. Daai mense se gesigte oppie poster sê blatant dat daa’ al klaa siekere criteria is waa’ volgens die kinnes moet voldoen. Afrikaans is ôs ammel s’n. In al sy vorme. Ek is moeg van ve’klarings wat na die tyd gemaak wôd en hoe daa’ belowe wôd om meer diverse te wies innie volgene ronde.

Is tyd dat ôs konteks beginne ve’staan en so oek die gevolge van nie buite die realiteit va jou eie liewe kyk’ie. Daa is baie gesprekke wat ôs nog moet het. ’n Lank pad na ware, innerlike en treffende transformasie wat ôs nog moet stap en baie ideas en persepsies dat ôs ammel equal is innie oë vannie system wat ôs nog moet afgeskud wôd. Met tyd sal dit kô. Met tyd sal ôs na mekaa lyste om te ve’staan en nie net lyste om te respond nie. Dié is groter as ôs ammel. En ekke hoep dat daai kind van kleur oo ’n paa’ jaar nie nie sy tong hoef te compromise virre sertifikaat met ’n goue sticker oppie. Dat hy met gemak deur’ie wêreld ka’ beweeg en homself om elke hoek en draai sal sien, sal hoor, sal leef, sal voel en sal aanvaar, in al die wonne’like vorme wat hy bestaan.

  • 2

Kommentaar

  • Re: "Ekke et gelee’, dat jy ka jou blou vedytlik, maa as ieman’ nie comprehend wat jy sê nie, issie gesprek useless."

    Net dit - niemand is so doof soos die een wat nie wil hoor nie.

  • Haai, probeer jy snaaks wees? Met Engelse woorde hou jy by die spelreëls, maar die Afrikaanse woorde fok jy sommer op. Kry vir jou 'n "Afrikaanse woordelys en spelreëls".

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top