Is alles oraait byrie hys?: ’n Onderhoud met die stigter van Vannie Kaap

  • 1

Met ’n Instagram-following van 181 000 en meer as 380 000 likes op hul Facebook page is Vannie Kaap, in hul woorde, ’n sosiokulturele beweging. As jy al gevra het of alles oraait by die huis is, het jy al Vannie Kaap se memes iewers gewaar/geshare.

In Maart 2020 het Bernie Fabing, die stigter van Vannie Kaap, ’n memeboek by Kwela uitgegee getiteld, natuurlik, Is alles oraait byrie hys?

........

Oor hierdie boek:

Die laanie Bernie Fabing by Vannie Kaap wil wiet: Is alles oraait byrie hys? Dis ’n boek van hul mees popular memes en sluit oek nuwe eksklusiewe content in, wat nooit aanlyn sal verskyn nie. Vannie Kaap, gestig in 2015, se doel is om Kaapse kultuur te eer, maar dit het oek ’n movement geword om ander kulture oor die Cape Coloured se herkoms en taal te leer. En as jy nog nie van hulle gehoor het nie . . . issit tyd om wys te raak!
 
........

 

LitNet het vir Veronique Jephtas gevra om met Bernie Fabing te gesels.

Bernie jy issie stigter van Vannie Kaap. Yt watte hoek vannie Kaap kô jy oorspronklik?

Ek het opgegroei innie Tjatjies, soes ôsit ken. Vi dié wat nog moet google wat Tjatjies is, die Tjatjies is ôse naam vi Manenberg, oppie Kaapse Vlakte. Dai’s waa my single taanie VK se laanie groot gemaakit.

Wat wassie ding wat jou gepush et om basies te sê, kô ôs wys hulle hoe lekke is it innie Kaap?

Die mense. Mense vannie Kaap maakie Kaap warrit is. Selfs as djy ’n David Copperfield move kan tjais en Tafelbêg lat vedwyn, die Kaap se kultuur liewe innie Kaap se mense.

Vannie Kaap et onlangs ’n boek gepublish met julle memes en inhoud wat rȇrag vi jou laat voel jy sit en gesels met een van jou vrinne of hoor iets wat hulle sou sê. Wat wassie inspirasie agter’ie idee om te expand van julle Instagram- en Facebook-platform af, en ommie volgende stap te vat?

Ôs wiet ammel issie op social media nie, soe ek het beslyt om te gan waarie anne mense is. Mense koep klere, soe ôs het winkels oepgemaak … soema drie innie Kaap. Mense lies koerant, soe ôs het ’n aanlyn nuusplatform begin. Plustens, mense lies boeke oek, soe ôs het ’n boek gepublish.

Vannie Kaap et ’n manier om baie te sê sonne dattie person self iets sê. Alles wat van Vannie Kaap af is, is ’n statement. Hoe maak jy sieke julle behou daai aspect van authenticity en die feit dat julle sêgoed nie nog doekies omdraai nie?

Ek sêrit soesit is … maa met ’n bietjie masala bygevoeg. Ek skryfie net soedat ieman kan smile of laggie, ek skryf om dai pesoon oek te lat dink. My kultuur kan toor met woorde, maa my kultuur en geskiedenis is oek vol passie en pyn. Soe die authenticity in hoe ek skryf, vloei yt die ink van wie ek is.

Jy, en Vannie Kaap, is natuurlik suksesvol in wat julle doen. En julle et fans van alle races en cultures. Hoe belangerik issit vi jou dattie material wat uitgesit wôd, soe eerlik as moontlik is, sodat Kaaps en ie Kaaps-sprekers voel, awe. Daa is nog iemand wat wiet waa brand it en dat dié wattie Kaaps praat of bekend is daa’mee nie, beginne agte’kô waa ‘it brand?

Is baie belangrik. Dié is een vannie riedes hoekô ek code-switch in my memes. Dit maakie Kaaps makliker vi Engels- of selfs Afrikaanssprekendes om te vestaan. En ek wil hê hulle moet vestaan. Ek gloe rêrag dai’s hoekô Vannie Kaap soe baie mense gereach en geteach et. Lat hulle ees Kaaps proe, dan bietjie vi bietjie … lat hulle drink, anneste sal hulle vesyp in wat hulle nie vestaan ie.

Julle is bekend all over, en julle biekers staan kantore vol. Hoekô dink jy gee Vannie Kaap soveel mense krag om met ’n koppie wat “Tsek” sê in hulle kantoor te sit mettie gedagte dat hulle baas iewers dwaal innie kantoor?

Wan hulle baas het sieke ’n Tsek-sweater byrie hys. Vannie Kaap het gehelp ommie stigma ytie woord te haal. Soe assit ’n woord is wat mense lat anneste voel soedra hulle dai VK tjappie langsie woord sien, dan is alles orraait byrie hys. Even vi kêkmense.

Vannie Kaap se onlangse post aan Uncle Cyril was ’n raw en noragge boodskap wat moes ytkô. Hoe belangrik wassit vi’ julle om te sê alles issie nou orrait byrie huisie, om te sê wat rêrag klap en dattie reality is, ôs willie vrek van korona nie, maarie way dinge nou gan, lykit ôs gat vrek van anne goetes?

Mense het begin bang raak om dinge te question. Selfs joenaliste vra nie mee die vrae wat moet gevra wôd ie. Maa wanne djy met jou eie oë sien hoe mense oppie Kaapse Vlakte en innie townships sukkel, dan kan djy nie mee stilbly nie. En once Vannie Kaap begin stilbly, dan kan ôs maa ammel opgie en Australië toe trek.

Masekin, ôs et ie boek, daa issie shop in Canal Walk, daa is endless content op social media platforms. Is daa nog ’n medium wat julle wil oorvat, en wat ka ôs innie volgende jaa viwag?

Radio en televisie! Om jou eie storie reg te vetel moet djy maa self ie mic hou. Ôs is moeg vannie gewone bendes- en dwelmsstories. Soe ja nee, mic check mic check … hie kom ôs!


Vannie Kaap 

◊ Vannie Kaap se foto’s is met toestemming gebruik.

Lees ook

Vannie Kaap memes: an interview with Samantha Roman

Kaaps in fokus-referaat: Ekonomiese bemagtiging deur Kaaps

LitNet Akademies-resensie-essay: Kaaps in fokus

Kaaps in fokus-referaat: Die historiese dinamika van Kaaps – toe en nou

Kettinggesprek: Wannie Carstens gesels met Frank Hendricks oor Kaaps in fokus

Kettinggesprek: Michael le Cordeur gesels met Charlyn Dyers oor Kaaps in fokus

''Ons skryf soos ons praat'': Informalisering van geskrewe Afrikaans onder Afrikaanse tieners

Verandering en toekoms: om 'n kreoolse Afrikaans te bedink

Afrikaans: the language of dissent

  • 1

Kommentaar

  • Mauritz Moolman

    Die doel van taal is om sinvol en vloeiend te kommunikeer en daarvoor benodig ons taal- en spelreëls. Dit help, onder andere, met die snelheid waarmee ek vorder wanneer ek lees.
    As ons skryf soos ons praat, maak ons elkeen ons eie reëls soos ons voortbeur. Ons pak 'n woordeskat uit wat uniek aan Kaaps as streektaal is en dit is nogal interessant, maar uitputtend en tot 'n mate 'n uitdaging om langer as 'n sekere tydsduur daarmee vol te hou. Ongeradbraakte of onverbasterde Engels is makliker om te lees.
    As mens met Kaaps grootword, selfs hier in die Transvaal, sal dit dalk makliker gaan.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top