KKNK 2025: In gesprek met Veronique Jephtas oor Sonde met die spoke

  • 0

Erkenning: https://www.kknk.co.za/

Yolanda du Toit praat met Veronique Jephtas oor Sonde met die spoke, vanjaar by die KKNK.

Veronique, jy vertolk die hoofrol in Sonde met die spoke. Wie is jou karakter in die toneelstuk?

My karakter is Angelique, ’n sekuriteitswag wat nie ’n wag voor haar mond het nie. Sy bind ook die storie van al die ander karakters saam. Dan vertolk ek ook die rol van Sarie, die kind van ’n bevryde slavin wat herberg gevind het by Amaliënstein naby Ladismith. Sarie en haar jonger broer Henk word na Vroutjie gestuur om as huishulp te werk.

Hoe moeilik is dit en wat is die uitdaging om ’n rol te vertolk in ’n dramakomedie?

Dis waarvoor ek studeer het, en met ’n span soos hierdie dink ek alles sal smooth sailing gaan. Ek is mal oor ’n dramakomedie. Daar is ’n lekker balans van alles vir almal.

Anders as ’n fiktiewe toneelstuk, is hier feite betrokke. Bemoeilik dit jou rol op enige manier?

Nee, dit maak dit soveel lekkerder. Daar is regte vleis aan die been wat eens op ’n tyd bestaan het. Dit gee ook ’n dieper betekenis aan alles wat Marianne geskryf het.

Jy is self ’n skrywer. Het jy maklik aanklank gevind by die stuk en dialoog?

Ja, ek respekteer enige skrywer en ondersteun hulle visie altyd ten volle. Dis lekker om aan die ander kant van die proses te wees. Dit gee my meer waardering vir akteurs wanneer ek self as skrywer ’n teks oorgee.

Hoe werk jy saam met Marianne Thamm wat die teaterteks geskryf het?

Lekker. Marianne is vars en borrelend en magical. Wat ’n eer!

..........
Lekker. Marianne is vars en borrelend en magical. Wat ’n eer!
..............

Jy deel die verhoog met gesoute aktrises Michele Burgers en Tinarie van Wyk Loots. Hoe is die ervaring/voorbereiding vir jou as relatief nuwe aktrise saam met hulle?

Dis great om net te bask in hulle talent. Ek verkyk my. Dis lekker om te leer en te werk. Two birds with one stone. Ek en Tinarie stap nou al ’n pad saam, vanaf sy my regisseur was vir die TV-reeks Evita in Excelsior, na sy wat die regisseur was van my produksie My kroon se krank. Dis lekker om nou ’n verhoog met haar te deel. En Michele is presies wat ek gehoop het sy sou wees. So vol liefde en waardering vir die kuns.

...............
Dis great om net te bask in hulle talent. Ek verkyk my. Dis lekker om te leer en te werk. Two birds with one stone. Ek en Tinarie stap nou al ’n pad saam, vanaf sy my regisseur was vir die TV-reeks Evita in Excelsior, na sy wat die regisseur was van my produksie My kroon se krank. Dis lekker om nou ’n verhoog met haar te deel. En Michele is presies wat ek gehoop het sy sou wees. So vol liefde en waardering vir die kuns.
................

In jou opinie, dink jy as skrywer, digter, kunstenaar en regisseur het jy ’n ander aanslag vir toneelspel as iemand wat sê maar net ’n aktrise is?

Beslis. Ek verstaan die belang van elke aspek en ek weet hoe om dit te nader, hoe om my plek te ken, hoe om nie my role te overplay nie. Ek verstaan die belangrikheid van collaboration en die nodige respek wat in die proses benodig word. Dit is lekker. So leer ek ook deur uit die water te staan.

Oudtshoorn word betrek as ruimte. Hier is sekerlik baie spoke, letterlik en figuurlik. Hoeveel van dié spoke gaan ons van hoor of selfs ontmoet in Sonde met die spoke?

Drie belangrikes, vier as jy Langenhoven ook tel. En dan natuurlik die spoke wat die gehoor saam hulle bring. LOL!

Die dorp het ryk geword uit volstruisvere en daar was ’n baron en ander skatrykes wat daar gebly het. Is daardie spoke ooit begrawe? In ’n dorp wat nou – soos die res van die land – baie ongelyk is in sy welvaart?

Spoke rus nie. Ek sou nie rus as ek ’n spook was nie.

*

Sonde met die spoke

Met: Veronique Jephtas, Tinarie van Wyk Loots en Michele Burgers

Teks: Marianne Thamm

Regie: Lee-Ann van Rooi

Ontwerp: Carin Bester

Verhoogbestuurder: Savannah Vermaak

Vervaardiger: KKNK

ATKV-Griesselsaal (Langenhovenweg)

1 April 2025, 14:00

2 April 2025, 18:00

3 April 2025, 09:30

4 April 2025, 19:30

5 April 2025, 12:30

Lees ook:

Aardklop 2018: ’n onderhoud met Tinarie van Wyk Loots oor Swerfgoed

Aardklop 2017: Tinarie van Wyk Loots oor Asem

Suidoosterfees 2024: Monsters – ’n onderhoud met Tinarie van Wyk Loots

Interview: Marianne Thamm on Hitler, Verwoerd, Mandela and me

Onderhoud: Soe rond ommie bos deur Veronique Jephtas

In gesprek met Veronique Jephtas oor My kroon se krank by die Suidoosterfees

Hou die ligte aan

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top