Yolanda du Toit

Yolanda du Toit (voorheen: Wessels) is 'n vryskutskrywer.

Suidoosterfees: Eerste vir alles, ’n onderhoud

Yolanda du Toit, Frank Opperman, Margit Meyer-Rödenbeck, Wessel Pretorius Suidoosterfees 2026-04-16

Yolanda du Toit praat met Margit Meyer-Rödenbeck, Frank Opperman en Wessel Pretorius oor die Suidoosterfees-produksie, Eerste vir alles.

Suidoosterfees 2026: Die poskantoor – ’n onderhoud

Yolanda du Toit, Jeanne-Marié Koekemoer Suidoosterfees 2026-04-16

"Ek hoop ook die produksie skep ’n oomblik van stilwees, ’n ruimte vir refleksie, wat anders as die oorweldigende stroom van stemme en beelde op ons fone, die geleentheid bied om werklik stil te staan. Hopelik kan dit lig werp op van ons land se mees dringende kwessies. Daar ís ruimte vir vergifnis en daar is baie plek vir hoop."

KKNK 2026: Sade in Hollandse kombuise – ’n onderhoud met Christine Hees

Yolanda du Toit, Christine van Hees KKNK 2026-03-19

"Afrikaans is ’n taal met soveel kleurvolle uitdrukkings en spraakbeelde dat dit naas onmoontlik is om af te skud. Sommige probeer, maar dit werk nie altyd nie. Dis die bittereinders wat Afrikaners is. Dit sal aan jou kleef soos die knapsekêrels in die bosveld."

KKNK 2026: Elvis Blue oor Die lewe en die langpad – ’n onderhoud

Yolanda du Toit, Elvis Blue KKNK 2026-03-16

"Ek dink wanneer ek musiek maak, doen ek dit omdat ek daarvan hou, maar op die ou einde is musiek ’n geskenk vir my wat ek dan baie graag vir ’n gehoor wil gee. ’n Hoogtepunt vir my is wanneer die gehoor dit ontvang en werklik geniet, en ’n mens kan dit vóél wanneer dit gebeur."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2025: Menopouse: gedeelde ervaring, ligter reis

Yolanda du Toit, Amelia van Zyl, Renscha van den Berg Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-10-09

"Dit is ’n groot passie vir my dat vroue verstaan wat in hulle lyf en kop gebeur. Ek hoop dat vroue met mekaar daaroor sal gesels oor boekklubkuiers en koffietafels en selfs by die werk."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2025: Tussen hier en daar, ’n onderhoud met Lize Beekman

Yolanda du Toit, Lize Beekman Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-10-09

"Die vooruitsig van dié drie begaafde musikante saam met my op die verhoog is ’n groot bederf. Hoe meer musikante saam met jou op die verhoog is, hoe duurder is dit om ’n produksie op die planke te sit."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2025: Mel vertel, Portchie paint!

Yolanda du Toit, Mel die Storieverteller Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-10-09

"Portchie laat my vreeslik op my gemak voel. Sy lag is so lekker hard en uit sy maag en wanneer iemand so lag, dan weet jy dit gaan ’n goeie konsert wees."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2025: Maak boerseep met Canettevallei

Yolanda du Toit Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-10-08

"Ingrid [de Waal] voel baie sterk oor ons kulturele erfenis en hou van boerseep as deel van ons erfenis. Daar is nie gereeld seepmaak-werkswinkels nie, so Maak boerseep met Canettevallei is ’n gulde geleentheid en uniek vir die Toyota Stellenbosch Woordfees."

Momentum Aardklop 2025: ’n onderhoud oor The incredible journey of Tinkerbell van Tonder

Yolanda du Toit, Amanda Strydom Aardklop 2025-09-15

"Die karakters ontlok ’n deernis – ons is almal gelyk en het stories te vertelle wat ander mense nie ken nie." Amanda Strydom gesels oor The incredible journey of Tinkerbell van Tonder – binnekort by Aardklop.

Momentum Aardklop 2025: ’n onderhoud oor Trou

Yolanda du Toit, Corlea Botha, Mel die Storieverteller Aardklop 2025-09-10

"Trou handel oor ’n reeks waarnemings en observasies oor spesifiek Afrikaanse troues en die feesvieringe daarrondom. Gehore kan uitkyk vir interessante staaltjies waarby hulle sal kan aanklank vind en dan natuurlik ook lekker saamsing en dans op DJ Mieliestronk se Top-5 troue tunes."

Ligstrale van hoop deur Veronique Joseph: skrywersonderhoud en persoonlike boekindrukke

Yolanda du Toit, Veronique Joseph Skrywersonderhoude 2025-06-25

"Ervarings of dae waar ons oorweldig en moedeloos voel van die storms wat ons omring. Dit is altyd, maar ook in tye soos hierdie, belangrik om te onthou die lig skyn die helderste in die donker."

Suidoosterfees 2025: Hoek, lyn en sinker – ’n onderhoud met Nelandi Boshoff

Yolanda du Toit, Nelandi Boshoff Suidoosterfees 2025-04-14

"Op die ou einde wil ek hê die gehoor moet huis toe gaan en besef dat ons almal kan bekostig om bietjie meer genadig te wees teenoor ons geliefdes. Nie almal dink soos jy nie. Nie almal het dieselfde vrese as jy nie."

Suidoosterfees 2025: Liewe Heksie en die wals – ’n onderhoud met Margit Meyer-Rödenbeck

Yolanda du Toit, Margit Meyer-Rödenbeck Suidoosterfees 2025-04-09

"Die kinders is baie lief vir haar, want sy is weerloos en feisty, en die underdog raak die hero van die storie. Ek sê dikwels tong in die kies dis waar ek vir Dowwe Dolla eintlik ontwikkel het."

KKNK 2025: ’n onderhoud oor Liefdesbriewe

Yolanda du Toit, Arnold Vosloo, Elzabé Zietsman KKNK 2025-03-03

"Dit sal wonderlik wees om nou weer op die verhoog te wees, veral in ’n Afrikaanse stuk. Die rede hoekom ek ja gesê het vir die stuk is dat dit in Afrikaans is en dat dit Elzabé Zietsman is," vertel Arnold Vosloo.

KKNK 2025: ’n onderhoud oor Internetsensasie

Yolanda du Toit, Mel die Storieverteller KKNK 2025-02-24

"Mense is my grootste inspirasie vir enige komedie of teks – want mense is rêrig mal en anders en baie interessant."

Top