
Foto: kknk2026.kknk.co.za
Yolanda du Toit praat met Elvis Blue voor sy KKNK-produksie.
’n Alomteenwoordige tema in jou musiek is dikwels die pad wat elkeen van ons moet loop. Wat het jou die idee gegee van Die lewe en die langpad, jou produksie by vanjaar se KKNK?
........
Dit is iets waaroor ek nogal baie skryf, want dis iets wat ons almal gemeen het. Almal is iewers besig met blydskap of hartseer of uitdagings of swaarkry. Dis als deel van die paadjie wat die lewe met ’n mens loop, en dis waarvan ek hou om te skryf. Ek hoop altyd my songs kan mense help op hul paadjie.
........
Dit is iets waaroor ek nogal baie skryf, want dis iets wat ons almal gemeen het. Almal is iewers besig met blydskap of hartseer of uitdagings of swaarkry. Dis als deel van die paadjie wat die lewe met ’n mens loop, en dis waarvan ek hou om te skryf. Ek hoop altyd my songs kan mense help op hul paadjie.
Wat kan die gehoor verwag van die vertoning?
Iets wat ek vreeslik baie geniet van die KKNK is dat die gehoor altyd so deel is van die vertoning. Natuurlik sal ek wil sê dit gaan die beste show ooit wees en dit is wat ek gaan probeer doen. Maar kom ons kyk wat in die kamer gebeur. Dis altyd moeilik om te voorspel.
Jy is ’n kunstenaar in murg en been, skryf baie gevoelvolle lirieke en die allermooiste melodieë. Is al die musiek van die vertoning bekend aan die publiek of is daar ’n paar nuwe verrassings by?
Daar is beslis ’n paar verrassings, maar min dinge is vir my erger as om te gaan kyk na een van my gunstelingkunstenaars en hy speel nie MY gunsteling-songs nie. Ek wil nie mense so teleurstel nie.
Floors Oosthuizen is saam met jou op kitaar en Thinus Odendaal op tromme. Julle is ou bekendes vir mekaar – maak dit die produksie meer gemaklik, omdat julle mekaar so goed ken?
Vir seker. Ek en Thinus speel al 26 jaar lank saam. En Floors is een in sy soort. My gunstelingding van musiek maak deesdae is die absolute voorreg om saam met sulke tipe musikante te kan speel. As ’n mens jonk is, speel ons almal saam, maar ons is self nog op ’n pad om te word wat ons gaan wees. Daar is nie baie ouens wat al so ver gekom het in musiek soos dié twee nie.
Wat ervaar jy persoonlik as ’n hoogtepunt vir jou in jou vertonings?
Ek dink wanneer ek musiek maak, doen ek dit omdat ek daarvan hou, maar op die ou einde is musiek ’n geskenk vir my wat ek dan baie graag vir ’n gehoor wil gee. ’n Hoogtepunt vir my is wanneer die gehoor dit ontvang en werklik geniet, en ’n mens kan dit vóél wanneer dit gebeur.
Die afgelope 16 jaar vermaak jy al gehore. Waar kry jy jou inspirasie en idees vandaan vir nuwe musiek, albums en produksies?
Dis eintlik al langer as dit. Ek dink inspirasie, nes enige ander mooi ding, is ’n geskenk. Maar om die werk in te sit om die geskenk te kan ontvang is deel daarvan.
Wat is jou ervaring van die KKNK in vergelyking met ander feeste?
Die KKNK is die beste fees, want dis naby aan my huis! Ek kom mos van George af en alles in ons kontrei is die beste!
Lees ook:

