Resensie: Vloek deur Rudie van Rensburg
2019-12-13"Vloek is beslis ’n boek wat jou vasgenael hou, byna soos ’n speurderverhaal wat op die kassie afspeel. Skielik lees jy nie net meer'n boek nie, jy is deel van die gebeure ..."
Resensie: Shadow flicker deur Melissa A Volker
2019-11-14"Melissa slaag ongetwyfeld daarin om die leser vasgenael te hou, van begin tot einde."
Aardklop 2019: Die drie groot K’s
2019-09-20"Die drie moet-sien K’s vanjaar by Aardklop is Katvoet, Kamphoer en Koningin Lear. Uit hierdie drie toneelstukke uit die boonste rakke en soveel ander topproduksies, is daar gewis iets wat ’n ieder en ’n elk se smaak sal geval. Behalwe dat gesoute spelers die toon aangee in al drie produksies en wys waarom hulle deel uitmaak van Suid-Afrika se beste akteurs en aktrises, word die produksies aangevoer deur van ons beste skrywers en regisseurs. Die produksies is gelaai met tonne emosie, soms seer, soms bitter komedie, maar deurspek met waarheid waarmee elke mens kan identifiseer."
Aardklop 2019: Die dinge van ’n kind deur Marita van der Vyver op die planke
2019-09-20"Die temas wat Marita van der Vyver aanraak, bly universeel en relevant in die huidige klimaat, hoewel die boek, die nuwe Suid-Afrika, die leser (van toe) en ook die karakters, reeds lankal mondig is. Daar is nie ’n beter titel vir die verloop in dié storie nie. Die boek en ook die verhoogstuk handel oor 'loss of innocence'. Nie net op seksuele gebied nie, maar op verskeie vlakke. Die oomblik wanneer jy bewus word dat daar vir jou gelieg is deur die staat, die kerk, jou ouers, jou vriende, jouself ..."
Queenie-hulle by Aardklop 2019
2019-09-19"Queenie-hulle is ’n tragiese komedie. Die humor is skreeusnaaks en mense sal dit waardeer en geniet. Nietemin ontwikkel die kyker empatie en simpatie met die karakters."
Die oorkantste oewer deur Abel Pienaar en Flip Schutte: ’n resensie
2019-08-14"Beide skrywers is dit eens dat ons in ons denke oor God en lewe die blik op die kosmos moet integreer. Ons moet besef dat ons binne ’n verweefdheid met alles om ons leef; dit sal meebring dat ons die lewe hier en nou sal sien as heilig en daarvolgens wíl leef."
An interview with Mike Rosenberg from Passenger
2019-08-14"Mike Rosenberg, aka Passenger, supported Ed Sheeran on his recent South African tour. The response was so fantastic that Passenger will be returning to South Africa to perform his own solo shows in Johannesburg and Cape Town in November."
Die jaar toe Pa ... deur Hannes Visser: ’n resensie
2019-08-04"Tog is dit wat jou bybly ná die laaste bladsy, die horlosie wat nooit weer teruggedraai kan word nie. Dit wat gesien en ervaar is, kan nie verander word nie. Die seer waaraan die seun blootgestel is, veral in sy vormingsjare, is 'n bitter werklikheid."
Kanker Schmanker deur Madelein Rust: ’n resensie
2019-05-21"Madelein span haar kennis van die sielkunde in om spanningsromans te skep, maar Kanker Schmanker, ’n outobiografie, is haar eie spanningsverhaal. Hierin laat sy die leser in haar binnekamer toe waar sy ’n intens persoonlike verhaal van lief en leed deel."
Yolanda Wessels vertel meer oor haar boek Smag
2019-05-07"Smag gaan oor wie ’n mens is, wat jy wil hê, en bowenal wat jy verdien. Elke mens smag om iewers te hoort en behoort; elke mens smag na liefde en aanvaarding."
Die Heimat Projek deur André de Villié: ’n resensie
2019-05-02"As jy as Afrikaan ’n wyle oorsee was, is dit die ideale boek om mee by te kom oor die stand van sake in die huidige Suid-Afrika."
Persverklaring: Draadhond
2019-04-09"Albei lede se oortuiging is om altyd goeie, oorspronklike musiek te maak waarna hulle self sou wou luister. Die liedjies is uiteenlopend, soms persoonlik, soms polities of met sosiale kritiek."
Johnnie Takbok draai boererock op sy kop met debuutalbum
2019-03-06"Die naam Johnnie Takbok is glad nie alledaags nie, daarom word mens aangenaam verras wanneer jy vir die eerste keer self deel uitmaak van die gehoor."
US Woordfees 2019: ’n onderhoud met Elmari Rautenbach
2019-03-05"Boeke maak ’n venster op die onbekende oop."
US Woordfees 2019: ’n onderhoud met De Klerk Oelofse
2019-02-19"Ek dink Babbelagtig gaan feesgangers verras. Daar is nog nooit so ’n produksie op feesverhoë aangebied nie en ek het by KKNK gevind dat mense instap met die idee dat dit ’n kinderproduksie is en uitstap met die besef dat ons almal maar klein mensies is."
