Persverklaring: Draadhond

  • 0

Die groep Draadhond is ’n duo wat bestaan uit Anton Barnard (sang en akoestiese kitaar), en SC Pienaar (dromme, bas- en elektriese kitaar). Dié twee ken mekaar al vanaf 1996 toe hul saam op universiteit was in Port Elizabeth. Oorspronklik was die groep bekend as Plan B. Onder dié naam het hul in 2005 ’n album getiteld, Nalatenskap van die Gras opgeneem maar dit is nooit uitgereik nie. Vanaf 2017 staan hulle bekend as Draadhond. In 2018 is die tweede album, Was Jou Bek Uit Met Seep, opgeneem by Jo Ellis in Ladismith, Wes-Kaap. Dit bevat tien snitte en is uitgereik op platforms soos Spotify, Deezer, Apple Music, Google Play en Amazon. Albums kan ook by die groepslede verkry word. Toast Coetzer het al ’n paar van Draadhond se liedjies op sy radioprogram, The Unhappy Hour, op Bush Radio gespeel. 

Beide lede se oortuiging is om altyd goeie, oorspronklike musiek te maak waarna hulle self sou wou luister. Die liedjies is uiteenlopend, soms persoonlik, soms polities of met sosiale kritiek. Hul invloede was altyd uitdagende musiek uit alle moontlike rigtings, hetsy heavy metal, alternatiewe rock, pop of die Afrikaanse liedjieskrywertradisie. Omdat die twee al so ’n lang pad saamloop, is hulle beïnvloed deur verskeie kunstenaars. Aan die begin was Afrikaanse sangers en liedjieskrywers soos David Kramer, Koos Kombuis en Johannes Kerkorrel hul inspirasie. Deesdae luister hulle na Fokofpolisiekar en internasionale metal-groepe soos Tool, Meshuggah, Rammstein en Rage Against The Machine. Anton het baie bewondering vir die Buckfever Underground.

Anton skryf al die lirieke, en die melodieë in samewerking met SC. Anton skryf die basiese melodie en liedjiestruktuur, terwyl SC die instrumentasie, leads en dromdele behartig. Tans tree die groep maar min op omdat beide voltyds werk. SC het ’n fotografie-onderneming op Oudtshoorn en Anton is ’n argitek in Duitsland. Dit maak dit moeilik om op ’n gereelde basis te kan toer. Vanjaar kom Anton een maal Suid-Afrika toe vir ’n paar weke om optredes te hou. Tussendeur werk hulle altyd aan nuwe liedjies wat hulle oor en weer stuur deur whatsapp, facetime, ens.

Hul eerste enkelsnitvrystelling was "Vark"

Die tweede video was "Wat Is ’n Man?"

Vir meer inligting oor Draadhond volg hulle op:
www.reverbnation.com/draadhond
www.facebook.com/draadhond
Instagram: @draadhond
Twitter: @draadhond

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top