Musiek
KlankKas is your gig guide and music fix.
Toyota Stellenbosch Woordfees 2026: Met woord en lied – ’n onderhoud met Frieda van den Heever
2026-10-02"Daar is soveel genres van musiek hier betrokke dat ek dit nie sal probeer vasbind nie. Om koor te sing (of op hierdie stadium van my lewe: ’n koor te hoor!) is een van die plekke waar die lug vir my dun is tussen hemel en aarde. Dis ’n fees om na hulle te sit en luister."
Uitnodiging: Nota van Brel – Moenie weggaan nie!
2026-09-21Kom geniet tydlose musiek met klavier, viool, tjello, perkussie en kitaar, terwyl Petronel met haar fyn humorsin en engelstem tot in jou diepste menswees sing soos net sy kan.
Klankdig, om musiek saam met die tegnologie te skryf: ’n onderhoud met André Nel
2026-09-18"Mens kan vandag vir ’n KI vra om ’n gedig, ’n lied, selfs ’n hele boek of opera te skryf. En dit word gedoen. Die meriete daarvan is natuurlik ’n hele gesprek werd op sy eie. Maar dis nie wat ek gedoen het nie. Om vir KI te vra om een van my gunstelinggedigte te toonset, sou wees om alle beheer aan iets anders oor te gee. Ek het oor baie jare ’n oor ontwikkel. Ek het die emosie en die siel van die gedig verstaan. Hoe sou ek dit sommer net laat gaan en vir ’n masjien vra om dit te doen?"
ATKV-Crescendo: Mark Pekeur vind sy plek in die kollig met Meer as jy
2026-09-11"Daar is ’n verskil tussen ’n sanger wat ’n stel liedjies op ’n verhoog sing en ’n kunstenaar wat voor ’n gehoor begin wys wie hy werklik is. By die bekendstelling van sy debuut-EP Meer as jy het die 22-jarige Mark Pekeur Vrydagaand 28 Augustus by die Daisy Jones Teater op Summerhill-landgoed buite Stellenbosch gewys dat hy besig is om daardie tweede soort kunstenaar te word."
’n Vryrietkonsert op Erfenisdag 2026: ’n onderhoud met Leon Oosthuizen
2026-09-08"Een verhoog. Een reënboognasie. Een Erfenisdag. Dit gaan ’n wonderlike ervaring wees."
Andries Bezuidenhout en sy kitaar
2026-09-07Hierdie video van Andries Bezuidenhout en sy kitaar is op Vrydag 24 Julie 2026 tydens die Etienne van Heerden Veldsoirée voor ’n gehoor opgeneem.
In gesprek met Luna Paige oor haar nuwe album, Die reisigers, en ’n landswye toer
2026-08-27"Dit was vir my hartroerend, en by tye selfs emosioneel. Dit het wel aan my beaam dat my eerlike vertellinge, my rou weergee van my eie ervaring in die musiek, iewers ’n hartsnaar pluk en tot mense spreek. Ek het besef dat die temas wat ek aanraak, werklik universeel is, dat my lewensreis nie uniek is nie."
Persverklaring: ATKV-Crescendo-kunstenaars maak skoonskip by Afri-Indie-toekennings
2026-08-26ATKV-Crescendo het vandeesweek behoorlik rede om fees te vier nadat al vier Crescendo-kunstenaars wat vir die Afri-Indie Onafhanklike Kunstenaartoekennings genomineer is, met toekennings huis toe gegaan het. Die glansryke geleentheid het Dinsdagaand by die Afriforum-teater in Pretoria plaagevind.
Persverklaring: Taalgenoot-Ruk en Rym 2026-semifinaliste is bekend
2026-08-24"In die vierde jaar van die kompetisie het die diversiteit van die inskrywings my weer getref – ons het inskrywings vanuit alle hoeke van die land en in verskeie genres ontvang. Ruk en Rym is regtig ’n platform soos geen ander nie wat plek maak vir hierdie soort authentic expression."
Persverklaring: VKV vier eeu van kuns in die Vrystaat
2026-08-18Die FAK was die trotse borg van dié eeufeesviering. Die geleentheid het ook betekenisvol saamgeval met die viering van Afrikaanse Taaldag op 14 Augustus – ’n gepaste geleentheid om stil te staan by die rol wat taal, kultuur en die kunste speel in die vorming van jong mense en die oordrag van ’n lewende kultuurerfenis aan toekomstige geslagte.
Uitnodiging: Anton Goosen en Chris Torr word vereer
2026-08-17As deel van hierdie unieke geleentheid sal die FAK amptelik die Anton Goosen- en Chris Torr-liedjieborde in die FAK-Liedjietuin by die Voortrekkermonument onthul.
Drakensberg Boys’ Choir: Nearly six decades for Drakies celebrated at Hilton Arts Festival
2026-08-07"Every boy develops at his own pace, so our responsibility is to create an environment where healthy vocal technique and long-term development always take priority."
Persverklaring: Iets vir almal by Klein Karoo Klassique hierdie naweek
2026-08-06Die feesprogram sluit vele hoogtepunte in, waaronder die terugkeer na Oudtshoorn van die Kaapstadse Filharmoniese Orkes, ’n huldigingskonsert aan Mimi Coertse met soliste van Kaapstad Opera, ’n eerste optrede by die fees deur die Universiteitskoor Stellenbosch, ’n wêreldpremière van ’n werk deur Shane Woodborne, Antjie Krog in gesprek oor haar vertaling van Olive Schreiner se From man to man, asook gratis ontbytkonserte.
Press release: The symphonic gala, an evening where music creates opportunity
2026-07-29On Saturday, 1 August 2026, the Endler Hall at Stellenbosch University’s Konservatorium will host The symphonic gala – an evening of music, masquerade & impact, a fundraising gala celebrating the power of music to create opportunities, strengthen communities, and make music education visible.
Klein Karoo Klassique 2026 reik uit na jongmense met spesiale orkesaanbieding: ’n onderhoud met Richard Cock
2026-07-29"Ek werk al met jong mense vandat ek vir die eerste keer by musiek betrokke geraak het. Ek weet dat as jy hulle op ’n jong ouderdom kan inspireer, hulle hul lewe lank entoesiasties oor musiek sal wees. Dit is wat ons nodig het: Mense wat lief is vir musiek en die krag daarvan verstaan."
Routes of Sound: Musiek vind afdraaipaadjies in jou siel
2026-07-17"Dis weer tyd vir die jaarlikse Routes of Sound by Spier-wynlandgoed buite Stellenbosch en vanjaar is daar meer as 30 kunstenaars betrokke."
ATKV-Crescendo Goud – Divas in Afrikaans: waar herinneringe weer begin sing
2026-07-16"Daar is oomblikke wat ’n mens onverwags terugneem na ’n tyd wat jy gedink het lankal verby is. Nie omdat jy doelbewus onthou nie, maar omdat ’n stem, ’n melodie of ’n enkele liriek herinneringe wakker maak wat stilweg onder die oppervlak gelê het. Só ’n ervaring was ATKV-Crescendo Goud – Divas in Afrikaans wat verlede Saterdag by Daisy Jones-teater by Summerhill-landgoed op die planke was." Leon Botes skryf oor hoe hy dit beleef het.
Press release: Roots retrospective, a gig not to miss
2026-07-16Roots retrospective is a deeply expressive live collaboration led by Luna Paige, where she draws together roots influences into a piano-driven, song-focused performance.
Washington DC-jeugorkes bewys weer dat musiek hoop kweek
2026-07-15"Transformerende krag begin dikwels by diegene vir wie die samelewing die minste kanse gun – ’n tema wat universeel weerklink in die werk wat hierdie jeugorkes vandag doen."
Abdullah Ibrahim, net aan ons geleen
2026-07-10"’n Lewende legende op ’n Bloemfonteinse verhoog en die samesnoerende krag van die uitvoering het my stom gelaat."
